Olimpiese Winterspele 2018

XXIIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2018

Gehou inPyeongchang, Suid-Korea
Deelnemende lande92 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete2 952
Items102 in 7 sporte
Openingseremonie9 Februarie 2018
Sluitingseremonie25 Februarie 2018
Amptelik geopen deurPresident Moon Jae-in
Atlete-eedMo Tae-bum
Beampte-eedKim Woo-Sik
Olimpiese vlamYuna Kim
Vorige Spele2014: Sotsji (Rusland)
Volgende Spele2022: Beijing (China)

Die Olimpiese Winterspele 2018 (Koreaans: hangoel: 평창 동계 올림픽; hanja: 平昌 冬季 올림픽; Jeisipsamhoe Donggye Ollimpik), amptelik bekend as die XXIIIste Olimpiese Winterspele, is tussen 9 en 25 Februarie 2018 in Pyeongchang, Suid-Korea, aangebied.[1] Die spanne van Ecuador, Eritrea, Kosovo, Maleisië, Nigerië en Singapoer het vir die eerste keer aan Olimpiese Winterspele deelgeneem.[2] Die Russiese span is weens grootskaalse, van die regering ondersteunde, doping van die Olimpiese Winterspele uitgesluit, hoewel atlete wat nie aan die staatsondersteunde doping deelgeneem het nie, onder neutrale vlag deelgeneem het.[3]

Dragon Valley Ski Resort

Dit is ná die Olimpiese Somerspele 1988 in Seoel die tweede Olimpiese Spele wat in Suid-Korea aangebied is. Verder is Pyeongchang ná Sapporo (1972) en Nagano (1998) die derde Asiatiese stad, waar Olimpiese Winterspele gehou is. Daarbenewens sal die volgende twee Olimpiese Spele ook in Oos-Asiatiese stede gehou word: Die Olimpiese Somerspele 2020 in Tokio en die Olimpiese Winterspele 2022 in Beijing.

Tydens die Spele is daar in 102 items oor 7 Olimpiese sportsoorte in 15 dissiplines meegeding. Dit het van die Spele die grootstes in die geskiedenis gemaak.[4] Suid-Afrika het met een atleet aan hierdie Olimpiese Winterspele deelgeneem, Connor Wilson het dus ook die Suid-Afrikaanse vlag tydens die opening- en sluitingseremonies in die Olimpiese Stadion van Pyeongchang ingedra.[5]

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Pyeongchang plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Suid-Korea die laaste. Ná voorafgaande onderhandelings tussen Noord- en Suid-Korea het beide Koreaanse lande tydens die seremonies gemeenskaplik die stadion binnegestap.[6][7]

Die Paralimpiese Winterspele 2018 is tussen 9 en 18 Maart in Pyeongchang gehou.

Other Languages
Аҧсшәа: Пхёнчхан 2018
беларуская (тарашкевіца)‎: Зімовыя Алімпійскія гульні 2018 году
Bahasa Indonesia: Olimpiade Musim Dingin 2018
norsk nynorsk: Vinter-OL 2018
srpskohrvatski / српскохрватски: Zimska Olimpijada 2018
Simple English: 2018 Winter Olympics