Olimpiese Winterspele 1988

XVe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1988

Gehou inCalgary, Kanada
Deelnemende lande57
Deelnemende atlete1 423 (1 122 mans, 301 vroue)[1]
Items46 in 6 sporte
Openingseremonie13 Februarie 1988
Sluitingseremonie28 Februarie 1988
Amptelik geopen deurGoewerneur-generaal Jeanne Sauvé
Atlete-eedPierre Harvey (Noorse ski)
Beampte-eedSuzanne Morrow (kunsskaats)
Olimpiese vlamRobyn Perry
Vorige Spele1984: Sarajevo (Joego-Slawië)
Volgende Spele1992: Albertville (Frankryk)

Die Olimpiese Winterspele 1988 (Engels: 1988 Winter Olympics, Frans: Les XVes Jeux olympiques d'hiver), amptelik bekend as die XVde Olimpiese Winterspele, is tussen 13 en 28 Februarie 1988 in Calgary, Kanada, aangebied. Die ander kandidaatstede was Falun in Swede en Cortina d'Ampezzo in Italië.

Dit was die eerste Olimpiese Winterspele wat in Kanada beslis is en die tweede spele naas die Olimpiese Somerspele van 1976. Dié land sal later nog die Olimpiese Winterspele van 2010 aanbied.

Die Olimpiese Somerspele 1988 is in Seoel, Suid-Korea, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1988 is tussen 17 en 24 Januarie in Innsbruck, Oostenryk, gehou.

Toewysing

Kaart van die fakkelloop van die Olimpiese Winterspele 1988

Calgary is op 30 September 1981 in Baden-Baden deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1988. Ander kandidate was: Falun en Cortina d'Ampezzo.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1988[2]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2
Calgary Vlag van Kanada Kanada 35 48
Falun Vlag van Swede Swede 25 31
Cortina d'Ampezzo Vlag van Italië Italië 18
Other Languages
Аҧсшәа: Калгари 1988
беларуская (тарашкевіца)‎: Зімовыя Алімпійскія гульні 1988 году
Bahasa Indonesia: Olimpiade Musim Dingin 1988
Кыргызча: Калгари 1988
norsk nynorsk: Vinter-OL 1988
srpskohrvatski / српскохрватски: Zimska Olimpijada 1988
Simple English: 1988 Winter Olympics