Olimpiese Somerspele 1956

Spele van die XVIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1956

Gehou inMelbourne, Australië
Deelnemende lande72 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete3 155 (2 791 mans, 364 vroue)[1]
Items151 in 17 sporte[2]
Openingseremonie22 November 1956
Sluitingseremonie8 Desember 1956
Amptelik geopen deurPrins Philip[3]
Atlete-eedJohn Landy (atletiek)
Beampte-eed(sedert 1972)
Olimpiese vlamRon Clarke (atletiek)
Vorige Spele1952: Helsinki (Finland)
Volgende Spele1960: Rome (Italië)

Die Olimpiese Somerspele 1956 (Engels: 1956 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XVIde Olimpiade, is tussen 22 November en 8 Desember 1956 in Melbourne, Australië, aangebied. Melbourne is verkies bo Buenos Aires, Meksikostad en ses Amerikaanse stede op 28 April 1949 op die 43ste IOK-kongres. Vanweë die Australiese kwarantynreëls kon die ruitersport-wedstryde nie daar plaasvind nie. Hierdie is daarom in Stockholm, Swede, gehou. Daarmee is dit die eerste en tot dusver enigste Spele waarby wedstryde in verskillende lande plaasgevind het. Dit is die eerste Olimpiese Somerspele wat in die Suidelike Halfrond, Oseanië asook buite Europa en Noord-Amerika gehou is. Daarbenewens is Melbourne die mees suidelike stad waar Olimpiese Spele gehou is. Die Olimpiese Winterspele 1956 is in Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied.

Die Olimpiese Somerspele 1956 is deur ag lande geboikot. Egipte, Irak en Libanon het hierdie spele weens die Suezkrisis geboikot, as gevolg van die inval van Israel, Frankryk en die Verenigde Koninkryk in Egipte, nadat dié land die Suezkanaal genasionaliseer het. Terselfdertyd het die Sowjetunie die Hongaarse Rewolusie neergeslaan en die Sowjetunie se deelname het tot die boikot deur Nederland, Kambodja, Spanje en Switserland gelei. Die Volksrepubliek China het net twee weke voor die spele se begin hul boikot aangekondig weens die toelating van die Republiek China op Taiwan.[4]

Other Languages
Аҧсшәа: Мельбурн 1956
беларуская (тарашкевіца)‎: Летнія Алімпійскія гульні 1956 году
Bahasa Indonesia: Olimpiade Musim Panas 1956
Кыргызча: Мельбурн 1956
Nāhuatl: Melbourne 1956
norsk nynorsk: Sommar-OL 1956
srpskohrvatski / српскохрватски: Olimpijada 1956
Simple English: 1956 Summer Olympics