Olimpiese Somerspele 1944

Spele van die XIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1944

Gehou in Londen, Verenigde Koninkryk
Deelnemende lande 0
Deelnemende atlete 0
Items 0
Openingseremonie Nie gehou nie
Sluitingseremonie Nie gehou nie
Amptelik geopen deur N.v.t.
Atlete-eed N.v.t.
Beampte-eed N.v.t.
Olimpiese vlam N.v.t.
Vorige Spele 1940: Helsinki (Finland)
Volgende Spele 1948: Londen (VK)

Die Olimpiese Somerspele 1944 ( Engels: 1944 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XIIIde Olimpiade, sou in 1944 gehou word, maar is na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas. Die Spele is in Junie 1939 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aan Londen, Verenigde Koninkryk, toegewys. Ander kandidaatstede was Rome, Detroit, Lausanne, Athene, Boedapest, Helsinki en Montreal. [1] Maar net drie maande later het met die Duitse Inval van Pole op 1 September 1939 die Tweede Wêreldoorlog begin, wat tot 1945 sou duur.

Na die oorlog is die volgende Spele, die Spele van 1948, sonder stemming aan die Verenigde Koninkryk toegeken.

Ten spyte van die oorlog het die IOK baie geleenthede in hul hoofkantoor in Lausanne, Switserland, georganiseer om die vyftigste herdenking van hul stigting te vier. Hierdie "Jubileevieringe van die IOK", so genoem deur Carl Diem, die skepper van die Olimpiese fakkelloop se moderne tradisie, is tussen 17 en 19 Junie 1944 gehou. [2]

Poolse krygsgevangenes in die Woldenberg (Dobiegniew) Oflag II-C krygsgevangenekamp is deur hul Duitse ontvoerders toestemming verleen om 'n nie-amptelike krygsgevangenes Olimpiade tussen 23 Julie en 13 Augustus 1944 aan te bied en 'n Olimpiese vlag, gemaak met 'n laken en stukkies gekleurde serpe, is gehys. Die geleentheid is beskou as 'n demonstrasie dat die Olimpiese gees oorloë transendeer. [3]

Toewysing

Londen is in Junie 1939 deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1944. Ander kandidate was: Rome, Detroit, Lausanne, Athene, Boedapest, Helsinki en Montreal.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1944 [4]
Stad Land Rondte 1
Londen Vlag van Verenigde Koninkryk  Verenigde Koninkryk 20
Rome Vlag van Italië  Italië 11
Detroit Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State 2
Lausanne Vlag van Switserland  Switserland 1
Athene Vlag van Griekeland  Griekeland
Boedapest Vlag van Hongarye  Hongarye
Helsinki Vlag van Finland  Finland
Montreal Vlag van Kanada  Kanada
Other Languages
norsk nynorsk: Sommar-OL 1944
srpskohrvatski / српскохрватски: Olimpijada 1944
Simple English: 1944 Summer Olympics