Nobelprys vir Chemie

 Nobel prize medal.svg Nobelprys vir Chemie 

Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
Toegeken virUitstaande bydraes vir die mensdom in chemie
BorgKoninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe
LandVlag van Swede Swede
Datum10 Desember
Eerste toekenning10 Desember 1901 (1901-12-10) (118 jaar oud)
Webtuistenobelprize.org

Die Nobelprys vir Chemie (Sweeds: Nobelpriset i kemi) is ’n jaarlikse prys wat deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van chemie gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir fisika, fisiologie of geneeskunde, letterkunde en vrede.

Hoofgebou van die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe

Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Chemie tradisioneel derde en op 'n Woensdag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot met 2019 is die prys aan altesaam 183 individue toegeken.[2] Nog net vyf vroue het dit gekry: Marie Curie en Irène Joliot-Curie in 1935, Dorothy Hodgkin in 1964, Ada Yonath in 2009 en Frances Arnold in 2018.[3]

Twee Nobelprys vir Chemie-wenners, naamlik die Duitsers Richard Kuhn (1938) en Adolf Butenandt (1939), was deur hul regering, die destydse Nazi-Duitsland, nie toegelaat om die prys te aanvaar nie. Hulle sou later na die afloop van die Tweede Wêreldoorlog 'n medalje en diploma ontvang, maar nie die prysgeld nie. Frederick Sanger is een van twee bekroondes wat twee keer die Nobelprys in dieselfde vak toegeken is, in 1958 and 1980. John Bardeen is die ander en is twee keer met die Nobelprys vir fisika bekroon, in 1956 and 1972. Twee ander het Nobelpryse twee keer gewen, een in chemie en een in 'n ander vak: Maria Skłodowska-Curie (fisika in 1903 en chemie in 1911) en Linus Pauling (chemie in 1954 en vrede in 1962).[4]

Die 2019-Nobelprys vir Chemie is toegeken aan John B. Goodenough, M. Stanley Whittingham en Akira Yoshino "vir die ontwikkeling van litiumioonbatterye".[5]

Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[6] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.

Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Chemie vanaf 1901 tot op hede. In 1916–1917, 1919, 1924, 1933 en 1940–1942 is die prys nie toegeken nie.


1900's1910's1920's1930's1940's1950's1960's1970's1980's1990's2000's2010's

1900's

Nobelprys vir Chemie, 1900's
Jaar Naam Land Beweegrede
1901[7] Vant Hoff.jpg Jacobus Henricus van 't Hoff Vlag van Nederland Nederland "uit erkenning vir die buitengewone dienste wat hy gelewer het deur die ontdekking van die wette van chemiese dinamika en die osmotiese druk in oplossings"
1902[8] Hermann Emil Fischer c1895.jpg Hermann Emil Fischer Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk "uit erkenning vir die buitengewone dienste wat hy gelewer het deur sy werk ten opsigte van suiker- en puriensintese"
1903[9] Arrhenius2.jpg Svante Arrhenius Vlag van Swede Swede "uit erkenning vir die buitengewone dienste wat hy gelewer het ten opsigte van die bevordering van chemie deur sy elektrolitiese teorie van dissosiasie"
1904[10] William Ramsay.jpg William Ramsay Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk "uit erkenning vir sy dienste deur die ontdekking van die onreaktiewe gasvormige elemente in lug en sy bepaling van hul posisie in die Periodieke Stelsel"
1905[11] Adolf von Baeyer (1905).jpg Adolf von Baeyer Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk "uit erkenning vir sy dienste ter bevordering van organiese chemie en die chemiese nywerheid deur sy werk ten opsigte van organiese kleurstowwe en hidro-aromatiese verbindings"
1906[12] Henri Moissan.jpg Henri Moissan Vlag van Frankryk Frankryk "uit erkenning vir die reuse-dienste deur hom gelewer in sy navorsing en vir die isolering van die element fluoor, asook vir die ingebruikname in diens van die wetenskap van die elektriese oond wat na hom genoem is"
1907[13] Eduard Buchner (Nobel 1907).jpg Eduard Buchner Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk "vir sy biochemiese navorsing en sy ontdekking van selvrye fermentasie"
1908[14] Ernest Rutherford (Nobel).jpg Ernest Rutherford Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
"vir sy ondersoeke na die disintegrasie van die elemente en die chemie van radioaktiewe stowwe"
1909[15] Ostwald.jpg Wilhelm Ostwald Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk "uit erkenning vir sy werk ten opsigte van katalise en vir sy ondersoeke na die fundamentele beginsels wat chemiese ekwilibria en reaksietempo beheer"
Other Languages
беларуская (тарашкевіца)‎: Нобэлеўская прэмія ў галіне хіміі
Bahasa Indonesia: Penghargaan Nobel Kimia
한국어: 노벨 화학상
Lëtzebuergesch: Nobelpräis fir Chimie
Plattdüütsch: Nobelpries för Chemie
norsk nynorsk: Nobelprisen i kjemi
português: Nobel de Química
srpskohrvatski / српскохрватски: Nobelova nagrada za hemiju
oʻzbekcha/ўзбекча: Kimyo boʻyicha Nobel mukofoti
Tiếng Việt: Giải Nobel hóa học