New York (deelstaat)

Deelstaat New York
Vlag van New YorkStaatseël van New York
Vlag van New YorkSeël
Bynaam(e): The Empire State
Kaart van die Verenigde State met New York uitgelig
Amptelike taal(e)Geen
Gesproke taal(e)Engels, Spaans (13,61%), Chinees (2,04%), Italiaans (1,65%), Russies (1,23%)
HoofstadAlbany
Grootste stadNew York Stad
Area 27ste in die V.S.
 - Totaal141 299 km2
 - Wydte455 km
 - Lengte530 km
 - Water18 795 km2
 - % water13,3 %
 - Breedtegraad40°30'N tot 45°1'N
 - Lengtegraad71°51'W tot 79°46'W
Bevolking 3de in die V.S.
 - Totaal19 378 102
 - Digtheid137,1/km2
6de in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste puntMount Marcy
1 629 m
 - Gemiddeld305 m
 - Laagste puntAtlantiese Oseaan
seevlak
Toetrede tot die Unie 26 Julie 1788 (11de)
GoewerneurAndrew Cuomo (D)
Luitenant-GoewerneurRobert Duffy (D)
WetgewerNew York Wetgewer
 - HoërhuisSenaat
 - LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. SenatoreChuck Schumer (D)
Kirsten Gillibrand (D)
TydsoneUTC-5 / Somertyd UTC-4
AfkortingsNY US-NY
Webbladwww.ny.gov
Hudsonrivier, New York Deelstaat

New York [n(j)uː jɔːɹk] is 'n deelstaat in die Mid-Atlantiese en noordoostelike streek van die Verenigde State van Amerika met 'n oppervlakte van 141 299 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 19 miljoen mense, die derde grootste van alle Amerikaanse deelstate ná Kalifornië en Texas. New York grens in die noorde en noordweste aan die Kanadese provinsies Quebec en Ontario, in die ooste aan Vermont, Massachusetts en Connecticut, en in die suide en suidweste aan New Jersey en Pennsilvanië. New York het daarnaas 'n watergrens met Rhode Island.

New York Stad, amptelik die City of New York, is die grootste stad van die deelstaat en die Verenigde State en staan bekend as die poort na die Verenigde State waar miljoene immigrante voet aan wal gesit het, en as 'n beduidende finansiële, kulturele, vervoer- en nywerheidsentrum. Dit is vernoem na die 17de eeuse hertog van York en latere koning James II en VII van Engeland en Skotland.

Na die gebiede buite die stadsgrens van New York word in Engels gewoonlik as Upstate New York verwys. Die beduidendste stede van Upstate New York naas die administratiewe hoofstad Albany is Buffalo, Rochester, Syracuse, Schenectady en Utica.

Die gebied is in die vroeë 17de eeu - die tydperk toe die eerste Nederlanders en Franse die streek begin verken het - deur Indiaanse stamme soos Algonkin, Irokese en Lenape bewoon. Die eerste Europeër, wat in 1609 amptelik aanspraak op die gebied gemaak het, was Henry Hudson, en in 1614 het die eerste Nederlandse forte in Fort Orange naby die huidige administratiewe hoofstad Albany ontstaan. Die eerste Nederlandse nedersettings is in 1624 in Albany en Manhattan gestig. Veertig jaar later het die Britte die gebied geannekseer.

Tydens die Amerikaanse Rewolusie het sowat 'n derde van die slagte van die Rewolusionêre Oorlog tussen Amerikaners en Britte in New York plaasgevind wat op 9 Julie 1776 onafhanklik geword en in 1777 sy eerste grondwet opgestel het. Die deelstaat het op 26 Julie 1788 die grondwet van die Verenigde State van Amerika onderteken om as elfde staat tot die Unie toe te tree.

New York dra die amptelike bynaam Empire State wat vermoedelik op George Washington, die eerste president van die VSA, teruggaan. Tydens 'n reis deur die deelstaat was hy beïndruk deur die gebied se ekonomiese mag en welvaart.


Vlag van die Verenigde StateVerenigde State van AmerikaSeël van die Verenigde State
StateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau
Other Languages
አማርኛ: ኒው ዮርክ
Ænglisc: Nīwe Eoforwīc
Aymar aru: New York suyu
azərbaycanca: Nyu-York ştatı
башҡортса: Нью-Йорк (штат)
žemaitėška: Niojuorks (valstėjė)
Bikol Central: Nueva York (estado)
беларуская: Нью-Ёрк (штат)
беларуская (тарашкевіца)‎: Нью-Ёрк (штат)
български: Ню Йорк (щат)
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: নিউ ইয়র্ক
brezhoneg: New York (Stad)
Chavacano de Zamboanga: Nueva York
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Niū-iók-ciŭ
ᏣᎳᎩ: ᏄᏯᎩ
čeština: New York (stát)
kaszëbsczi: Nowi Jork (stón)
emiliàn e rumagnòl: New York (stat)
Esperanto: Nov-Jorkio
føroyskt: New York
Nordfriisk: New York
Gagauz: New York
ગુજરાતી: ન્યૂ યૉર્ક
客家語/Hak-kâ-ngî: New York
Hawaiʻi: Nuioka
हिन्दी: न्यूयॉर्क
Fiji Hindi: New York
hrvatski: New York
hornjoserbsce: New York (stat)
Kreyòl ayisyen: Nou Yòk (eta)
interlingua: New York (stato)
Bahasa Indonesia: New York
Interlingue: New York (state)
Igbo: Nú Yọk
Iñupiak: Nutaaq Yurkaq
Ilokano: New York
íslenska: New York-fylki
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ/inuktitut: ᓂᐅ ᐃᐅᕐᒃ
la .lojban.: niu,IORK
Basa Jawa: New York (praja)
Qaraqalpaqsha: Nyu york Shtati
ភាសាខ្មែរ: ញូវយ៉ក
한국어: 뉴욕주
kurdî: New York
Lëtzebuergesch: New York (Bundesstaat)
Lingua Franca Nova: New York
لۊری شومالی: نیویورک
मैथिली: न्यू योर्क
олык марий: Нью-Йорк (штат)
Māori: New York
кырык мары: Нью-Йорк (штат)
Bahasa Melayu: New York
မြန်မာဘာသာ: နယူးယောက်ပြည်နယ်
مازِرونی: نیویورک ایالت
Plattdüütsch: New York (Bundsstaat)
नेपाल भाषा: न्यु यर्क
Nederlands: New York (staat)
norsk nynorsk: Delstaten New York
ଓଡ଼ିଆ: ନିଉ ୟର୍କ
ਪੰਜਾਬੀ: ਨਿਊ ਯਾਰਕ
Kapampangan: New York
Papiamentu: New York
پنجابی: نیو یارک
پښتو: نيويارک
Runa Simi: New York suyu
rumantsch: New York (stadi)
română: New York (stat)
संस्कृतम्: न्यू यार्क्
саха тыла: Нью Йорк, штат
sicilianu: New York (statu)
Scots: New York
سنڌي: نيو يارڪ
davvisámegiella: New York (oassestáhta)
srpskohrvatski / српскохрватски: New York (savezna država)
Simple English: New York
Gagana Samoa: Niu Ioka (Sitete)
Soomaaliga: New York (gobol)
shqip: New York
српски / srpski: Њујорк (држава)
Kiswahili: New York (jimbo)
Türkmençe: Nýu-Ýork ştaty
Tagalog: New York
татарча/tatarça: Нью-Йорк (штат)
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: Nyuyork Shitati
українська: Нью-Йорк (штат)
اردو: نیو یارک
oʻzbekcha/ўзбекча: Nyu York (shtat)
Tiếng Việt: New York (tiểu bang)
West-Vlams: New York (stoat)
Volapük: New York (tat)
吴语: 纽约州
хальмг: Нью-Йорк
ייִדיש: ניו יארק
中文: 纽约州
文言: 紐約州
Bân-lâm-gú: New York
粵語: 紐約州