Nakajima Ki-43

Nakajima Ki-43
Nakajima Ki-43-IIa.jpg
Nakajima Ki-43-IIa
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Nakajima Aircraft Company
Ontwerp deur Hideo Itokawa
Nooiensvlug Januarie 1939
Bekendstelling Oktober 1941
Onttrek 1945
Status Onttrek
Hoofgebruikers Japannese Leërlugmag
Koninklike Thailandse Lugmag
Vervaardig 1939 - 1945
Aantal gebou 5 919
Ontwikkel van Nakajima Ki-27

Die Nakajima Ki-43 Hayabusa is 'n enkelsitplek, enkelmotorige vegvliegtuig wat deur die Keiserlike Japannese Leër gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie vliegtuig is ontwikkel uit 'n behoefte van die Japannese Leër vir 'n vegvliegtuig met 'n intrekbare onderstel om die Nakajima Ki-27 te vervang. Die ontwerptema was weereens beweegbaarheid en minimum gewig dus was daar geen pantser vir die vlieënier, geen selfseëlende tenks en geen elektriese aansitter nie. Die toetsvlugte in 1939 was egter teleurstellend en ontwikkeling is gestaak tot 1941. Hierna is combat flappe aan die vlerke gevoeg en die vliegtuig het 'n kleiner draaisirkel gehad as die Mitsubishi A6M Zero. Die vliegtuig kon nou met die beste van die Geallieerdes meeding, en word in Junie 1941 suksesvol in diens gestel.

Baie van Japan se bobaasvlieëniers het hulle oorwinnings in dié vliegtuig behaal. Nadat nuwe Geallieerde vliegtuie tot die gevegte toegetree het, is pantser en selfseëlende tenks toegevoeg aan die Nakajima Ki-43. Die motor is ook vervang met 'n kragtiger een en die vlerkpunte is meer reghoekig gemaak. Hierdie model is die Mk-II genoem.

Die Nakajima Ki-43 was die duur van die hele oorlog deur in aksie in die Stille Oseaan en in die laaste dae gehelp om Tokio te verdedig asook vir Kamikaze missies gebruik. Daar is 6 000 eenhede van die vliegtuig gebou. Dit verteenwoordig die meeste eenhede gebruik van enige vliegtuig deur die Japannese Leër. Slegs die Zero was meer in getalle, vir gebruik deur die Japannese Vloot.

Die Franse Lugmag het van die vliegtuie gebruik in die Indo-Chinese oorlog. Die Geallieerdes se naam vir die vliegtuig was die Oscar.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die Nakajima Ki-43-II:
Item Statistiek
Aantal motors 1
Tipe motor Skroef
Vervaardiger Nakajima Ha-115 stermotor
Kraglewering per motor 1 150 perdekrag
Vlerkspan 10,84 m
Lengte 8,92 m
Hoogte 3,27 m
Vlerkoppervlakte 21,4 m2
Maksimum opstygmassa 2 925 kg
Maksimum snelheid 530 km/h
Operasionele hoogte 11 200 m
Togafstand 1 760 km
Klimvermoë 5 000 m in 5 minute, 49 sekondes
Bewapening Twee 12 ,7mm masjiengewere
en twee 30 kg of 250 kg bomme
Other Languages
čeština: Nakadžima Ki-43
Ελληνικά: Nakajima Ki-43
español: Nakajima Ki-43
français: Nakajima Ki-43
italiano: Nakajima Ki-43
日本語: 一式戦闘機
Nederlands: Nakajima Ki-43
português: Nakajima Ki-43
русский: Nakajima Ki-43 Hayabusa
Simple English: Nakajima Ki-43
slovenčina: Nakadžima Ki-43
српски / srpski: Накаџима Ки-43
тоҷикӣ: Nakajima Ki-43
Türkçe: Nakajima Ki-43
українська: Nakajima Ki-43
Tiếng Việt: Nakajima Ki-43