Moskou

Moskou
Москва
MoscowCollage.jpg

KaartWapen
Moscow in Russia (special marker).svg
Coat of Arms of Moscow.svg
Vlag
Flag of Moscow.svg
 LandVlag van Rusland Rusland
 Federale distrikSentraal-Rusland
 Federale subjekFederale stad
 Koördinate55°45′N 37°37′O / 55°45′N 37°37′O / 55.750; 37.617
 Stigting1147
 Stadstatus1147
 Oppervlakte: 
 - Totaal2 510 vk km
 Hoogte bo seevlak156 m
 Bevolking: 
 - Totaal (1 Januarie 2014)12 108 257[1]
 - Bevolkingsdigtheid4 824 km²
 TydsoneUTC +3
 Klimaat 
 - TipeKontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur5,0 °C[2]
 - Gem. temp. Januarie/Julie–9,3 / 18,1 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae688 mm
 BurgemeesterSergei Sobjanin
 Amptelike Webwerfhttp://www.mos.ru/

Moskou (Russies: Москва, Moskva, [mɐˈskva], ) is die hoofstad en die politieke, kulturele en ekonomiese sentrum van die Russiese Federasie. Die stad, wat in die middel van die Europese deel van Rusland in die heuwelland van die Moskwa-rivier geleë is, is met 'n bevolking van 12,1 miljoen in die stadsgebied (soos op 1 Januarie 2014) en meer as 15 miljoen (of 'n tiende van die totale Russiese bevolking) in die metropolitaanse gebied en 'n oppervlakte van 2 510 vierkante kilometer die grootste stad van die land en ook van Europa.

Die eerste verwysing na Moskou kom in 'n kroniek uit die jaar 1147 voor. Met die ontstaan van 'n Russiese Ryk omstreeks 1300, waarvan Moskou in die 15de eeu die hoofstad geword het, het Moskou vinnig tot die beduidendste metropool in Rusland gegroei. Selfs nadat die administratiewe sentrum van Rusland deur Pieter die Grote in 1712 na Sint Petersburg verskuif is, is Russiese heersers steeds in Moskou gekroon en het die stad die ekonomiese en geestelike sentrum van Rusland gebly. Die Russies-Ortodokse patriarg het sy setel sedert 1598 in Moskou.

Die stadskern word gevorm deur die Kremlin-vesting uit die 15de en 16de eeu en Rooiplein (wat in 1990 tot wêrelderfenisgebied verklaar is), met die Lenin-mausoleum, die 16de eeuse Sint Basilius-katedraal met sy nege koepels, die afdelingswinkel GUM (1888–1893) en die Historiese Museum wat tussen 1878 en 1883 ontstaan het. Moskou het in 1918 die hoofstad van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek (RSFSR) geword, daarna tussen 1922 en 1991 as administratiewe sentrum van die Sowjetunie gedien en in 1991 hoofstad van die Russiese Federasie geword.

Die Kremlin in die hart van Moskou
'n Nuwe Moskou het verrys: Wolkekrabbers in Moskva-Siti

Rooiplein word omsluit deur die historiese stadskern, moderne strate (Russies "prospekte") en ringstrate met nuwe woonkwartiere. Die Nowodewitsji-klooster, wat in die 16de en 17de eeu in die Barokstyl uitgevoer en in 2004 as wêrelderfenisgebied gelys is, is suidwes van die middestad geleë. Die moderne sakesentrum van Moskou het wes van die Kremlin ontstaan; sy argitektuur word oorheers deur 'n groot aantal wolkekrabbers en ander kantoorgeboue, waaronder die Federatsija-toring wat in 2007 as die hoogste wolkekrabber in Europa voltooi is.

Die binnestad van Moskou is oorspronklik deur 'n aantal voorstede omring, waaronder die ou koopmanskwartier Kitai-gorod (tans die setel van Russiese regeringsinstellings), Beli Gorod (wat na sy wit palisademuur genoem is) en Semljanoi Gorod (na sy ou grondwalle genoem). Die groot stadsbrande wat Moskou in 1552 en 1812 (ná die verowering deur Franse troepe onder Napoleon Bonaparte) verwoes het, het sy vinnige groei nouliks belemmer.

Die Moskouse Danilof-klooster uit die 13de eeu is die setel van die Russies-Ortodokse patriarg. As die leidende opvoedkundige sentrum van die Russiese Federasie beskik Moskou naas die Akademie van Wetenskappe oor vyf ander vakgebonde akademies, sowat 200 navorsingsinstitute op alle wetenskaplike terreine, ruim 80 tersiêre instellings (waaronder die bekende Moskouse Staatsuniversiteit, ook bekend as die Lomonosof-universiteit, wat in 1755 gestig is) asook talle biblioteke (waaronder die Russiese Staatsbiblioteek).

Die Moskouse museums bevat van die beduidendste kunsskatte ter wêreld. Die bekendste museums sluit in die Poesjkin-museum vir Beeldende Kunste (wat hom onder meer op Wes-Europese skilderkuns toespits) en die Tretjakof-galery met Russiese kuns. Ander beduidende instellings is die Gorki-, Tsjegof-, Lenin-, Tolstoi-, Andrei Roebljof-, die Historiese en Politegniese Museum asook die Museum vir Kuns en Kultuur van die Nabye-Ooste.

Die lang lys kulturele instellings in Moskou word aangevul deur sowat dertig teaters (waaronder die bekende Bolsjoi-teater), rolprentateljees, beduidende uitgewerye, radio- en televisie-uitsaaiers, skouterreine, 'n diere- en 'n botaniese tuin, groot stadsparke soos Gorki-park en sportstadions. Moskou was die gasheerstad van die XXIIste Olimpiese Somerspele 1980.

Moskou het tot die beduidendste Russiese nywerheidstad ontwikkel. Die belangrikste nywerheidsektore sluit die vervaardiging van motorvoertuie en treinwaens, elektrotegniese en meganiese aanlegte, staal- en metaalvervaardiging, poligrafiese, chemiese, hout-, en tekstielfabrieke, asook voedselverwerking en 'n ruolieraffinadery in. 'n Kernkragsentrale voorsien elektrisiteit aan die metropool. Aardgas word deur pyplyne uit die uitginningsgebiede van Saratof, Stafropol in die Koebanstreek en Dasjawa in Oekraïens-Galisië na Moskou vervoer. As die leidende finansiële sentrum van Rusland beskik Moskou oor meer as 1 000 bank- en sowat 60 versekeringsmaatskappye.

Other Languages
Аҧсшәа: Москва
Acèh: Moskôw
адыгабзэ: Москва
Akan: Moscow
Alemannisch: Moskau
አማርኛ: ሞስኮ
aragonés: Moscú
Ænglisc: Moscow
العربية: موسكو
ܐܪܡܝܐ: ܡܘܣܩܒܐ
مصرى: موسكو
asturianu: Moscú
авар: Маскав
Aymar aru: Mosku
azərbaycanca: Moskva
تۆرکجه: موسکو
башҡортса: Мәскәү
Boarisch: Moskau
žemaitėška: Maskva
Bikol Central: Mosku
беларуская: Масква
беларуская (тарашкевіца)‎: Масква
български: Москва
भोजपुरी: मास्को
Bislama: Moskow
bamanankan: Moscow
বাংলা: মস্কো
བོད་ཡིག: མོ་སི་ཁོ།
brezhoneg: Moskov
bosanski: Moskva
буряад: Москва
català: Moscou
Chavacano de Zamboanga: Moscow
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Moskva
нохчийн: Москох
Cebuano: Moscow
Chamoru: Moscow
کوردی: مۆسکۆ
corsu: Moscù
qırımtatarca: Moskva
čeština: Moskva
kaszëbsczi: Mòskwa
словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ: Москъва
Чӑвашла: Мускав
Cymraeg: Moscfa
dansk: Moskva
Deutsch: Moskau
Zazaki: Moskowa
dolnoserbski: Moskwa
डोटेली: मस्को
ދިވެހިބަސް: މޮސްކޯ
ཇོང་ཁ: མཽས་ཀོ།
Ελληνικά: Μόσχα
emiliàn e rumagnòl: Måssca
English: Moscow
Esperanto: Moskvo
español: Moscú
eesti: Moskva
euskara: Mosku
estremeñu: Moscú
فارسی: مسکو
suomi: Moskova
Võro: Moskva
føroyskt: Moskva
français: Moscou
arpetan: Moscou
Nordfriisk: Moskva
Frysk: Moskou
Gaeilge: Moscó
Gagauz: Moskva
贛語: 莫斯科
Gàidhlig: Mosgo
galego: Moscova
گیلکی: مؤسکؤ
Avañe'ẽ: Mosku
𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺: 𐌼𐍉𐍃𐌺𐍅𐌰
Gaelg: Moscow
Hausa: Moscow
客家語/Hak-kâ-ngî: Moskva
Hawaiʻi: Mokekao
עברית: מוסקבה
हिन्दी: मास्को
Fiji Hindi: Moscow
hrvatski: Moskva
hornjoserbsce: Moskwa
Kreyòl ayisyen: Moskou
magyar: Moszkva
հայերեն: Մոսկվա
interlingua: Moscova
Bahasa Indonesia: Moskwa
Interlingue: Moscva
Ilokano: Moscow
ГӀалгӀай: Москоа
Ido: Moskva
íslenska: Moskva
italiano: Mosca (Russia)
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ/inuktitut: ᒨᔅᑯ
日本語: モスクワ
Patois: Masko
la .lojban.: moskovas
Basa Jawa: Moskwa
ქართული: მოსკოვი
Qaraqalpaqsha: Moskva
Taqbaylit: Musku
Адыгэбзэ: Мэзкуу
Kabɩyɛ: Mɔsɩkʊʊ
Kongo: Moskva
Gĩkũyũ: Moscow
қазақша: Мәскеу
kalaallisut: Moskva
ಕನ್ನಡ: ಮಾಸ್ಕೋ
한국어: 모스크바
Перем Коми: Мӧсква
къарачай-малкъар: Москва
कॉशुर / کٲشُر: مَسكؤآ
kurdî: Mosko
коми: Мӧскуа
kernowek: Moskva
Кыргызча: Москва
Latina: Moscua
Ladino: Mosku
Lëtzebuergesch: Moskau
лакку: Москав
лезги: Москва
Lingua Franca Nova: Moscva
Luganda: Moosko
Limburgs: Moskou
lumbaart: Musca (Rüssia)
lingála: Moskú
lietuvių: Maskva
latviešu: Maskava
मैथिली: मस्को
мокшень: Моску
Malagasy: Môsikao
олык марий: Моско
Māori: Mohikau
македонски: Москва
മലയാളം: മോസ്കോ
монгол: Москва
मराठी: मॉस्को
кырык мары: Москва
Bahasa Melayu: Moscow
Malti: Moska
Mirandés: Moscobo
မြန်မာဘာသာ: မော်စကိုမြို့
эрзянь: Москов ош
مازِرونی: موسکو
Dorerin Naoero: Moscow
Napulitano: Mosca
Plattdüütsch: Moskau
Nedersaksies: Moskou
नेपाली: मस्को
नेपाल भाषा: मस्को
Nederlands: Moskou
norsk nynorsk: Moskva
norsk: Moskva
Novial: Moskva
Nouormand: Moscou
Sesotho sa Leboa: Moscow
Chi-Chewa: Moscow
occitan: Moscòu
Livvinkarjala: Moskovu
Oromoo: Mooskoo
ଓଡ଼ିଆ: ମସ୍କୋ
Ирон: Мæскуы
ਪੰਜਾਬੀ: ਮਾਸਕੋ
Papiamentu: Moskou
Picard: Moscou
Deitsch: Moscow
Norfuk / Pitkern: Moscow
polski: Moskwa
Piemontèis: Mosca
پنجابی: ماسکو
Ποντιακά: Μόσχα
پښتو: مسکو
português: Moscovo
Runa Simi: Moskwa
rumantsch: Moscau
Romani: Moscova
Kirundi: Moscou
română: Moscova
armãneashti: Moscova
tarandíne: Mosche
русский: Москва
русиньскый: Москва
संस्कृतम्: मास्कोनगरम्
саха тыла: Москва
ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ: ᱢᱚᱥᱠᱚ
sardu: Mosca
sicilianu: Mosca (Russia)
Scots: Moscow
سنڌي: ماسڪو
davvisámegiella: Moskva
Sängö: Moscow
srpskohrvatski / српскохрватски: Moskva
සිංහල: මොස්කව්
Simple English: Moscow
slovenčina: Moskva
slovenščina: Moskva
Gagana Samoa: Moscow
chiShona: Moscow
Soomaaliga: Moskow
shqip: Moska
српски / srpski: Москва
SiSwati: Moscow
Sesotho: Moscow
Seeltersk: Moskau
Basa Sunda: Moskwa
svenska: Moskva
Kiswahili: Moscow
ślůnski: Moskwa
தமிழ்: மாஸ்கோ
తెలుగు: మాస్కో
tetun: Moskovu
тоҷикӣ: Маскав
ไทย: มอสโก
Türkmençe: Moskwa
Tagalog: Mosku
lea faka-Tonga: Mosekou
Tok Pisin: Mosko
Türkçe: Moskova
татарча/tatarça: Мәскәү
chiTumbuka: Moscow
Twi: Moskow
reo tahiti: Moscou
тыва дыл: Москва
удмурт: Муско
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: موسكۋا
українська: Москва
اردو: ماسکو
oʻzbekcha/ўзбекча: Moskva
vèneto: Mosca (Rusia)
vepsän kel’: Moskv
Tiếng Việt: Moskva
West-Vlams: Moskou
Volapük: Moskva
walon: Moscou
Winaray: Moscow
Wolof: Mosku
吴语: 莫斯科
isiXhosa: Moscou
მარგალური: მოსკოვი
ייִדיש: מאסקווע
Yorùbá: Mọsko
Vahcuengh: Moscow
Zeêuws: Moskou
中文: 莫斯科
文言: 莫斯科
Bân-lâm-gú: Moskva
粵語: 莫斯科
isiZulu: IMoskwa