Montoe

Montoe
Montoe, die Egiptiese god van oorlog. Hy is gewoonlik uitgebeeld met die kop van ’n valk, twee pluime en die son.
Montoe, die Egiptiese god van oorlog. Hy is gewoonlik uitgebeeld met die kop van ’n valk, twee pluime en die son.
Soort god Egipties
God vanOorlogvoering, die son en dapperheid
Naam in hiërogliewe
m
n
T
w
Kultussentrum Thebe
SimboolSon, mes
MetgeselRaet-Tawy, Tenenet, Ioenit
Portaal  Portaalicoon  Antieke Egipte
’n Brons-gelukbringer.

Montoe was in die Egiptiese mitologie ’n god van oorlog wat dikwels uitgebeeld is as ’n man met die kop van ’n valk. Hy was ’n antieke god, oorspronklik ’n manifestasie van die skroeiende uitwerking van die son, Ra, en is ook dikwels Montoe-Ra genoem. Sy vernietigende aard het hom later die eienskappe van ’n vegter en eindelik van ’n oorlogsgod besorg.

Vanweë die verbintenis van bulle met krag en oorlog, het Montoe dikwels verskyn as ’n wit bul met ’n swart gesig, waarna as die bacha verwys is. Egipte se grootste generaal-konings het hulself dikwels genoem "sterk bulle, die seuns van Montoe".

In die kuns van Antieke Egipte is hy uitgebeeld as ’n man met die kop van ’n valk of ’n bul met die son en twee pluime op sy kop; die valk het die lug verteenwoordig en die bul krag en oorlog. Hy sou ook ’n verskeidenheid wapens, soos ’n mes of ’n pyl en boog, vashou.

Montoe het verskeie vroue gehad, onder andere Tenenet, Ioenit en ’n vroulike vorm van Ra, Raettawy.[1]

Verwysings

  1. Wilkinson, Richard H. (2003). The Complete Gods and Goddesses of Ancient Egypt. Thames & Hudson. pp. 150, 203
Other Languages
العربية: منتو (إله)
مصرى: منتو
azərbaycanca: Montu
català: Menthu
Deutsch: Month
Ελληνικά: Μοντού
English: Montu
Esperanto: Montu
español: Montu
eesti: Month
euskara: Montu
suomi: Montu
français: Montou
hrvatski: Menthu
Bahasa Indonesia: Montu
íslenska: Montjú
italiano: Montu
日本語: モンチュ
한국어: 몬수
lietuvių: Montas
മലയാളം: മോൺടു
Nederlands: Mentoe
norsk: Montu
occitan: Monto
polski: Montu
português: Montu
русский: Монту
srpskohrvatski / српскохрватски: Menthu
Simple English: Monthu
slovenčina: Moncu
slovenščina: Montu
svenska: Montu (gud)
українська: Монту
اردو: مونت
Tiếng Việt: Montu
მარგალური: მონტუ