Mite

Die woord mite kom van die Griekse woord mythos wat oorspronklik woord of storie beteken het. Daar is baie teorieë wat probeer verduidelik waarom mense mites vertel en glo. Daar is egter konsensus dat mites simboliese verhale is wat probeer om (vir die mens) onverklaarbare dinge op te los. Só verduidelik mites in baie gevalle die oorsprong van die wêreld, die oorsprong van kultuur en die menslike samelewing, natuurverskynsels en wat met mense gebeur wanneer hulle sterf.

Net soos drome is mites in die mens se verbeelding geskep en kan dit nie letterlik geïnterpreteer word nie. Mites word eerder as metafore vir en simbole van die werklikheid beskou.

Mitologie

Hoofartikel: Mitologie.

In die mitologie van nasies dwarsoor die wêreld is daar temas wat oor en oor voorkom. Die skeppingsmites, wat verklaar hoe die wêreld ontstaan het, is die kern van die meeste mitologieë. Dan is daar die mites wat die onsigbare dele van die heelal, die tuiste van bonatuurlike wesens, gode en heiligie voorouers beskryf. Die bonatuurlike wesens en gode het ook hul eie mites van hul lewens vertel. Mites vertel ook hoe die eerste mens ontstaan het, waarom mense sterf en hoe die aarde se bestaan, soos ons dit ken, gaan eindig. In die mitologie van die meeste kulture is daar ook heldefigure aan wie buitengewone dade toegeskryf word en wat gehelp het om hul nasie se kultuur te "skep".

Aangesien mites van verskillende kulture so baie in gemeen het, is daar heelwat kenners wat sê dat mense 'n gemeenskaplike oorsprong gehad het. Daar is ook dié wat aanvoer dat mense van dwarsoor die wêreld se verbeeldings op dieselfde manier werk wanneer hulle voor die onverklaarbare te staan kom.

Other Languages
asturianu: Mitu
azərbaycanca: Mif
беларуская: Міф
беларуская (тарашкевіца)‎: Міт
български: Мит
català: Mite
کوردی: ئوستوورە
čeština: Mýtus
dansk: Myte
Deutsch: Mythos
Ελληνικά: Μύθος
English: Myth
Esperanto: Mito
español: Mito
eesti: Müüt
euskara: Mito
فارسی: اسطوره
suomi: Myytti
føroyskt: Mýta
français: Mythe
Frysk: Myte
Gàidhlig: Ùr-sgeulachd
galego: Mito
Avañe'ẽ: Mombe'ugua'u
עברית: מיתוס
hrvatski: Mit
magyar: Mítosz
հայերեն: Առասպել
interlingua: Mytho
Bahasa Indonesia: Mitos
italiano: Mito
日本語: 神話
Basa Jawa: Mitos
ქართული: მითი
қазақша: Миф
한국어: 신화
Lëtzebuergesch: Mythos
lietuvių: Mitas
latviešu: Mīts
Malagasy: Fedrà
македонски: Мит
Bahasa Melayu: Mitos
Nederlands: Mythe
norsk nynorsk: Myte
norsk: Myte
occitan: Mite
ਪੰਜਾਬੀ: ਮਿਥ
polski: Mit
português: Mito
română: Mit
русский: Миф
srpskohrvatski / српскохрватски: Mit
slovenčina: Mýtus
slovenščina: Mit
shqip: Miti
српски / srpski: Мит
Basa Sunda: Mitos
svenska: Myt
Kiswahili: Kisasili
тоҷикӣ: Асотир
татарча/tatarça: Миф
українська: Міф
West-Vlams: Mythe
中文: 迷思
Bân-lâm-gú: Sîn-oē