Misdaad

'n Misdaad is 'n handeling wat 'n politieke of morele wet oortree.

Wat is misdaad?

'n Misdaad kan die oortreding van die wet wees. Volgens Westerse regsleer, moet daar 'n gesamentlike sameloop van beide actus reus (skuldige handeling) en mens rea (skuldige gewete) wees vir 'n misdaad om gepleeg te geword het; behalwe in die geval van streng aanspreeklikheid. As 'n vereiste vir vervolging verg sekere wette 'n bewys van 'n oorsaaklike verband tussen die beskuldigde se handelinge en die kriminele oortreding onder oorweging. Verder vereis sekere wette dat aanleidende omstandighede moes plaasgevind het vir 'n misdaad om gepleeg te gewees het. Verder vir 'n misdaad om vervolg te kan word moet corpus delicti (of bewys van 'n misdaad) vasgestel word. Die oortreding van die wet kan ook die voorneme wees om die wet te oortree of om ander in die proses te ondersteun; in sommige stelsels kan die eenvoudige asssosiasie vir die organisering van 'n misdaad gestraf word, selfs as die feit nie bevestig is nie en vir baie misdade word die poging daartoe ook gestraf, selfs al is die misdaad nie deurgevoer nie (in Kalifornië kan die straf daarvoor soveel as die helfte wees as vir die misdaad self).[1]

Misdaad word beskou as oortredings teenoor die gemeenskap en word as sulks deur die staat gestraf. Hulle kan skolasties onderskei word afhangende van die passiewe teiken van die misdaad (die slagoffer), of teenoor die geskende belange, as misdade teen:

  • die persoonlikheid van die Staat
  • die regte van 'n burger
  • die openbare administrasie
  • die toepassing van geregtigheid
  • die godsdienstige sentiment en die respek vir die dood
  • die openbare orde
  • die openbare vertroue
  • die openbare Ekonomie, nywerheid en handel
  • die openbare sedes
  • die persoon en sy eer
  • die erfenis

Misdade kon andersins ook onderskei word na aanleiding van verwante strawwe (en dan op die graad van oortreding wat die verbode gedrag veroorsaak het), vergrype en oortredings.

Oor die algemeen vereis die definise van 'n misdaad, in die meeste westerse stelsels, die voorneme (voluntas necandi) van die oortreder om dit te doen, daarom word dit gewoonlik nie bestraf wanneer die voorneme nie teenwoordig is nie of wanneer die oortreder nie by sy volle verstand of onder 'n sekere ouderdom is nie.

In baie stelsels is die strafregtelike aanspreeklikheid persoonlik, en word terrugwerkende strafreg verbied en kan niemand vervolg word vir 'n misdaad waar die strafreg nie die misdaad as sulks ten tye van die oortreding beskryf het nie. Die definisie van 'n misdaad weerspieël die teenswoordigende heersende houdings in 'n samelewing. Die besit van dwelms was byvoorbeeld nie altyd 'n misdaad nie en tydens die drankverbod era in die V.S.A was alkohol onwettig.

Aangeleenthede met betrekking tot kriminele gedrag in 'n samelewing word bestudeer in die veld van sosiologie en die onderafdeling van kriminologie en persone wat die vakgebied bestudeer word kriminoloeë genoem. Die geestestoestand en helderheid van gees word deur sielkundiges bepaal, veral in sake waar 'n kranksinnigheidsverweer gebruik word.

Die eerste beskawings het regskodes gehad al was dit nie altyd opgeteken nie. Die vroegste bekende geskrewe kodes is geskryf deur die antieke Sumeritane en dit was waarskynlik hul koning Ur-Nammu (wat in Ur in die 21ste eeu vC geregeer het) die eerste wetgewer van wie ons 'n formele stelsel van 32 artikels ontvang het.

In Babilon is die regskode van Esnunna eerste en daarna die regskode van Hammoerabi (een van die rykstes van antieke tye) gebruik en het daardie samelewing se geloof weerspieël dat die wet van die gode se wil afgelei is.

Soortgelyk is daar gedragskodes van godsdienstige oorsprong ingesluit in strafregtelike kodes wat tot onlangs toe nog in baie teokratiese state tot werklike misdade gely het.

Other Languages
العربية: جريمة
azərbaycanca: Cinayət
беларуская: Злачынства
беларуская (тарашкевіца)‎: Злачынства
български: Престъпление
भोजपुरी: अपराध
বাংলা: অপরাধ
brezhoneg: Torfed
bosanski: Kriminal
català: Crim
کوردی: تاوان
čeština: Trestný čin
Чӑвашла: Криминал
Cymraeg: Trosedd
Deutsch: Verbrechen
Ελληνικά: Έγκλημα
English: Crime
Esperanto: Krimo
español: Crimen
eesti: Kuritegu
فارسی: بزه
suomi: Rikos
føroyskt: Lógarbrot
français: Crime
Frysk: Misdie
Gaeilge: Coireacht
galego: Crime
עברית: עבירה
हिन्दी: अपराध
hrvatski: Kazneno djelo
Bahasa Indonesia: Pidana
Ido: Krimino
íslenska: Glæpur
italiano: Crimine
日本語: 犯罪
Patois: Kraim
Basa Jawa: Kadurjanan
ქართული: დანაშაული
қазақша: Қылмыс
ಕನ್ನಡ: ಅಪರಾಧ
한국어: 범죄
Latina: Scelus
latviešu: Noziegums
македонски: Злосторство
मराठी: अपराध
Bahasa Melayu: Jenayah
Mirandés: Crime
မြန်မာဘာသာ: ရာဇဝတ်မှု
Nederlands: Misdaad
occitan: Crime
ਪੰਜਾਬੀ: ਜੁਰਮ
português: Crime
Runa Simi: Q'uma
română: Infracțiune
русский: Преступление
Scots: Crime
srpskohrvatski / српскохрватски: Kriminal
සිංහල: අපරාධ
Simple English: Crime
slovenčina: Trestný čin
slovenščina: Kriminal
Soomaaliga: Gef
српски / srpski: Злочин
svenska: Brott
தமிழ்: குற்றம்
తెలుగు: నేరం
тоҷикӣ: Ҷиноят
Tagalog: Krimen
Türkçe: Suç
українська: Злочин
اردو: جُرم
oʻzbekcha/ўзбекча: Jinoyat
Tiếng Việt: Tội phạm
Winaray: Krimen
ייִדיש: פארברעכן
中文: 犯罪
文言: 罪犯
Bân-lâm-gú: Hoān-chōe
粵語: 犯罪