Mickey Rourke

Mickey Rourke
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Rourke in 2009 by die première van City Island.

GeboortenaamPhilip Andre Rourke jr.
Geboorte16 September 1952 (1952-09-16) (66 jaar oud)
Aktiewe jare1979-tans

Philip Andre Rourke jr. (gebore op 16 September 1952),[1] bekend as Mickey Rourke, is ’n Amerikaanse akteur, draaiboekskrywer en afgetrede bokser wat te sien is in hoofrolle in drama-, aksie- en rillerprente.

In die 1980s' het hy in die komediedrama Diner (1982), die drama Rumble Fish (1983), die misdaadfliek The Pope of Greenwich Village (1984) en die erotiese drama 9½ Weeks (1986) gespeel, en het groot lof ontvang vir sy spel in Barfly en Angel Heart (albei 1987). In 1991 het Rourke, wat vroeër jare boksopleiding gekry het, die rolprentbedryf verlaat en vir ’n tyd ’n professionele bokser geword.[2]

In 1994 het hy die bokshandskoene opgehang en weer begin toneelspeel. Hy was daarna in verskeie flieks te sien in byspelerrolle, onder meer die drama The Rainmaker (1997), die komediedrama Buffalo '66 (1998), die raaiselprent The Pledge (2001), die aksiefliek Once Upon a Time in Mexico (2003) en die aksieriller Man on Fire (2004).

In 2005 het Rourke sy terugkeer as hoofrolspeler gemaak in die neo-noir-aksieriller Sin City, waarvoor hy ’n paar pryse gewen het. In die 2008-fliek The Wrestler speel hy ’n ouer stoeier; hy het daarvoor ’n Golden Globe en Bafta gewen en ’n Oscar-benoeming gekry.[3] Hy was meer onlangs ook te sien in kommersieel suksesvolle prente soos Iron Man 2 en The Expendables (albei 2010).

  • verwysings

Verwysings

  1. Rourke's arrest report for November 17, 2007”. TMZ. URL besoek op 2009-01-13.
  2. Rourke mania: Darren Aronofsky directs portrait of aging wrestler”. Filmjournal.com: 2008-11-25. URL besoek op 2009-07-05.
  3. Wloszczyna, Susan (2008-12-16). "'Wrestler' role puts Rourke back in awards ring". USA Today. Besoek op 2009-01-13. 
Other Languages
العربية: ميكي رورك
asturianu: Mickey Rourke
azərbaycanca: Mikki Rurk
تۆرکجه: میکی رورک
беларуская: Мікі Рурк
български: Мики Рурк
català: Mickey Rourke
čeština: Mickey Rourke
Cymraeg: Mickey Rourke
Deutsch: Mickey Rourke
Ελληνικά: Μίκι Ρουρκ
English: Mickey Rourke
Esperanto: Mickey Rourke
español: Mickey Rourke
euskara: Mickey Rourke
فارسی: میکی رورک
français: Mickey Rourke
עברית: מיקי רורק
հայերեն: Միքի Ռուրկ
Bahasa Indonesia: Mickey Rourke
italiano: Mickey Rourke
ქართული: მიკი რურკი
한국어: 미키 루크
lietuvių: Mickey Rourke
latviešu: Mikijs Rurks
македонски: Мики Рурк
монгол: Микки Рурк
Bahasa Melayu: Mickey Rourke
Nederlands: Mickey Rourke
português: Mickey Rourke
română: Mickey Rourke
русский: Рурк, Микки
sicilianu: Mickey Rourke
srpskohrvatski / српскохрватски: Mickey Rourke
Simple English: Mickey Rourke
slovenčina: Mickey Rourke
српски / srpski: Мики Рорк
svenska: Mickey Rourke
Tagalog: Mickey Rourke
Türkçe: Mickey Rourke
українська: Міккі Рурк
Tiếng Việt: Mickey Rourke
Winaray: Mickey Rourke
მარგალური: მიკი რურკი