Mia Farrow

Mia Farrow
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Farrow in 2012.

Geboortenaam María de Lourdes Villiers Farrow
Geboorte 9 Februarie 1945 (1945-02-09) (72 jaar oud)
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Aktrise
Aktiewe jare 1959–tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Mia Farrow (op 9 Februarie 1945 gebore as María de Lourdes Villiers Farrow) [1] [2] is ’n Amerikaanse aktrise, aktivis en voormalige model.

Loopbaan

Farrow in 1980.

Sy het eerste aandag getrek in die TV-sepie Peyton Place en haar kort huwelik met Frank Sinatra. Vir haar spel as Rosemary in Roman Polanski se 1968-prent Rosemary's Baby is sy vir ’n Bafta en Golden Globe benoem. Sy het daarna ook in prente soos John and Mary (1969), Follow Me! (1972), The Great Gatsby (1974) en Death on the Nile (1978) verskyn.

Farrow was van 1980 tot 1992 in ’n verhouding met die akteur en regisseur Woody Allen. Sy het in dié tyd in 12 van sy 13 rolprente verskyn, onder meer Zelig (1983), Broadway Danny Rose (1984), The Purple Rose of Cairo (1985), Hannah and Her Sisters (1986), Crimes and Misdemeanors (1989) en Alice (1990). Haar laaste prente sluit in Widows' Peak (1994), The Omen (2006), Be Kind Rewind (2008), Dark Horse (2011) en die Arthur-reeks (2006–2010).

Sy het in meer as 50 rolprente verskyn en het talle pryse gewen, insluitende ’n Golden Globe (met nog sewe benoemings). Sy is ook vir drie Baftas benoem en het ’n prys vir beste aktrise gewen op die San Sebastian-rolprentfees. [3]

Farrow is ook bekend vir haar uitgebreide werk as ’n welwillendheidsambassadeur van Unicef. Sy is betrokke by humanitêre bedrywighede in Darfoer, Tsjad en die Sentraal-Afrikaanse Republiek. In 2008 het die tydskrif Time haar aangewys as een van die invloedrykste mense in die wêreld. [4]

Other Languages
aragonés: Mia Farrow
العربية: مايا فارو
asturianu: Mia Farrow
български: Мия Фароу
català: Mia Farrow
čeština: Mia Farrowová
dansk: Mia Farrow
Deutsch: Mia Farrow
Ελληνικά: Μία Φάροου
English: Mia Farrow
español: Mia Farrow
euskara: Mia Farrow
فارسی: میا فارو
suomi: Mia Farrow
français: Mia Farrow
galego: Mia Farrow
עברית: מיה פארו
hrvatski: Mia Farrow
magyar: Mia Farrow
Հայերեն: Միա Ֆերրոու
Bahasa Indonesia: Mia Farrow
italiano: Mia Farrow
ქართული: მია ფეროუ
한국어: 미아 패로
Latina: Mia Farrow
Lëtzebuergesch: Mia Farrow
македонски: Миа Фароу
Bahasa Melayu: Mia Farrow
Nederlands: Mia Farrow
norsk: Mia Farrow
occitan: Mia Farrow
polski: Mia Farrow
português: Mia Farrow
română: Mia Farrow
русский: Фэрроу, Миа
srpskohrvatski / српскохрватски: Mia Farrow
Simple English: Mia Farrow
slovenčina: Mia Farrowová
српски / srpski: Мија Фароу
svenska: Mia Farrow
Türkçe: Mia Farrow
українська: Міа Ферроу
اردو: میا فیرو