Messier 103

Messier 103
(Foto met vergunning van Adam Block)
(Foto met vergunning van Adam Block)
Soort stelselOop sterreswerm
SterrebeeldCassiopeia
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming01h 33,2m
Deklinasie+60º 42'
Skynmagnitude7,4
Besonderhede
Afstand (ligjaar)10 000
Skynbare grootte 6 boogminute
Ander nameM103, NGC 581
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Messier 103 of M103 (ook bekend as NGC 581) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Cassiopeia. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Dit is een van die verste oop swerms, met ’n afstand van tussen 8 000 en 9 500 ligjare van die Aarde af.[1][2] Die helderste sterre is rooireuse met ’n skynbare helderheid van 10,5 en 10,8 mag. M103 is sowat 25 miljoen jaar oud.[2]

Geskiedenis

Ná Méchain se ontdekking van Messier 101, M102 en M103 in 1781 het Messier nie self die geleentheid gehad om die sterreswerms van naderby te bestudeer voordat hy hulle by sy katalogus gevoeg het nie.[3][4] In 1783 het William Herschel M103 bestudeer en gesê daar is 14 tot 16 taamlike groot sterre, waarvan baie dof is.[5] Sterrekundiges het daarna die getal opgestoot na 40, later 60 en eindelik 172 sterre.[3]

Other Languages
العربية: مسييه 103
azərbaycanca: NGC 581
беларуская: M103 (аб’ект Месье)
беларуская (тарашкевіца)‎: M103
български: M103
bosanski: Messier 103
català: Messier 103
corsu: M103
čeština: Messier 103
Deutsch: Messier 103
Ελληνικά: Μεσιέ 103
English: Messier 103
Esperanto: M103
فارسی: مسیه ۱۰۳
français: M103
עברית: M103 (צביר)
hrvatski: Messier 103
magyar: Messier 103
Հայերեն: Մեսյե 103
日本語: M103 (天体)
한국어: 메시에 103
Lëtzebuergesch: Messier 103
lietuvių: Mesjė 103
македонски: Месје 103
مازِرونی: مسیه ۱۰۳
Nederlands: Messier 103
polski: Messier 103
português: Messier 103
română: Messier 103
русский: M 103
srpskohrvatski / српскохрватски: Messier 103
slovenčina: Messier 103
српски / srpski: Месје 103
svenska: Messier 103
Türkçe: Messier 103
українська: Мессьє 103
Tiếng Việt: Messier 103
Bân-lâm-gú: Messier 103