Mein Kampf

Mein Kampf
Mein Kampf dust jacket.jpeg
Outeur Adolf Hitler
Land Vlag van Duitsland  Duitsland
Taal Duits
Onderwerp outobiografie
Uitgewer Eher Verlag
Uitgegee 18 Julie 1925
Medium Druk (gebind & sagteband)
Bladsye 720
ISBN 978-1495333347
Vervolg 'Zweites Buch'
Letterkunde-portaal

Mein Kampf (Afrikaans: My stryd) is die grondleggende politieke werk van Adolf Hitler, waarin hy teen die agtergrond van sy outobiografie die grondbeginsels van sy ideologie en sy partypolitieke agenda uiteensit.

Ontstaan

Die Duitse uitgawe van 1925
Die Franse uitgawe van 1934

Hitler het Mein Kampf in 1924 tydens sy vestingstraf in die gevangenis van Landsberg in Opper-Beiere geskryf. Alhoewel Rudolf Hess die mede-outeur was, het sy naam nie op die omslag verskyn nie.

Hitler het in die werk die ontwikkeling en politieke doeleindes van die destydse Nasionaal-Sosialisme beskryf en onder meer die Protokolle van die Wyses van Sion as bron gebruik. Hierdie anti-Semitiese werk behandel 'n beweerde wêreldwye komplot van Joodse kringe en was destyds lankal as 'n vervalsing ontmasker.

"Mein Kampf" sou oorspronklik onder die titel Viereinhalb Jahre [des Kampfes] gegen Lüge, Dummheit und Feigheit ("Vier en 'n half jaar [se stryd] teen leuens, dommigheid en lafhartigheid") verskyn het. Terwyl die eerste deel deur Hitler tydens sy tronkstraf vir sy medegevangenes Emil Maurice en Rudolf Heß gedikteer is, het die tweede deel ná Hitler se voortydige vrylating in Desember 1924 in 'n villa op die bergspits Obersalzberg ontstaan. Die eerste boekdeel (Eine Abrechnung) het in Julie 1925 verskyn, die tweede (Die nationalsozialistische Bewegung) is in Desember 1926 gepubliseer. Tot 1930 was Mein Kampf in twee boekdele teen 'n prys van 12 Reichsmark elk beskikbaar en is daarna in een boekdeel gepubliseer, wat dieselfde formaat soos die meeste Bybel-uitgawes gehad het.

Die oorspronklike teks is gedurende sy twintigjarige wysigingsgeskiedenis tussen 1925 en 1945 verskeie kere verander en uitgebrei. 'n Aantal teksdele, wat op stilistiese en inhoudelike vlak as verwarrend beskou moes word, is blykbaar deur anonieme redigeerders bewerk.

Otto Strasser, wat saam met sy broer Gregor Strasser en Hitler in Landsberg in die tronk gesit het, het in sy boek Hitler und ich ("Hitler en ek") die eerste uitgawe van Mein Kampf as 'n konglomeraat van "sleg verwerkte politieke lektuur" beskryf, wat onder meer die beskouings van Karl Lueger, Georg von Schönerer, Houston Stewart Chamberlain, Paul de Lagarde en Alfred Rosenberg ten opsigte van buitelandse beleid, asook "antisemitiese woedeuitbarstings van Julius Streicher" bevat het.

By 'n tekskritiese of historiografiese ontleding van Mein Kampf moet dus rekening gehou word met die feit dat Hitler se politieke en literêre opvattings van die 1920's tot by die veertigerjare moontlik verander het.

Other Languages
العربية: كفاحي (كتاب)
مصرى: كفاحى
azərbaycanca: Mein Kampf
Bikol Central: Mein Kampf
беларуская: Мая барацьба
български: Моята борба
bosanski: Mein Kampf
català: Mein Kampf
Cebuano: Mein Kampf
čeština: Mein Kampf
Cymraeg: Mein Kampf
dansk: Mein Kampf
Deutsch: Mein Kampf
Ελληνικά: Ο Αγών μου
English: Mein Kampf
Esperanto: Mein Kampf
español: Mi lucha
eesti: Mein Kampf
euskara: Mein Kampf
فارسی: نبرد من
suomi: Taisteluni
français: Mein Kampf
Gaeilge: Mein Kampf
galego: Mein Kampf
हिन्दी: मीन कैम्फ
hrvatski: Mein Kampf
magyar: Mein Kampf
Հայերեն: Իմ պայքարը
Bahasa Indonesia: Mein Kampf
íslenska: Mein Kampf
italiano: Mein Kampf
日本語: 我が闘争
Basa Jawa: Mein Kampf
ქართული: ჩემი ბრძოლა
한국어: 나의 투쟁
Latina: Mein Kampf
lietuvių: Mano kova
latviešu: Mana cīņa
македонски: Мојата борба
Bahasa Melayu: Mein Kampf
Mirandés: Mein Kampf
Nederlands: Mein Kampf
norsk: Mein Kampf
occitan: Mein Kampf
polski: Mein Kampf
português: Mein Kampf
română: Mein Kampf
armãneashti: Mein Kampf
русский: Моя борьба
Scots: Mein Kampf
srpskohrvatski / српскохрватски: Mein Kampf
Simple English: Mein Kampf
slovenčina: Mein Kampf
slovenščina: Moj boj
shqip: Mein Kampf
српски / srpski: Мајн кампф
svenska: Mein Kampf
Kiswahili: Mein Kampf
Tagalog: Mein Kampf
Türkçe: Kavgam
українська: Моя боротьба
Tiếng Việt: Mein Kampf
ייִדיש: מיין קאמף
Zeêuws: Mein Kampf
中文: 我的奋斗