Mehmet VI

Mehmet VI
Sultan van die Ottomaanse Ryk
Kalief van Islam
VI Mehmet Vahidettin.jpg
Volle naamSultan Mehmet VI Wahid ed-din
Ottomaanse naamمحمد سادس
Tydperk1918–1922
StadiumOndergang van die Ottomaanse Ryk
HuisOsman
VoorgangerMehmet V
OpvolgerSultanaat afgeskaf
Abdülmecid II
ToegraTughra of Mehmed VI.svg

Mehmet VI (Ottomaanse Turks: محمد سادس, moderne Turks: VI.Mehmet Vahideddin; 14 Januarie/2 Februarie 1861 – 15/16 Mei 1926) was van 1918 to 1922 die 36ste en laaste sultan van die Ottomaanse Ryk.

Hy was die seun van sultan Abdülmecid I en die broer van sy voorganger, sultan Mehmet V. Hy het die troon bestyg as die oudste manlike lid van die Huis van Osman nadat die erfgenaam, Abdülaziz se seun Yusuf Izzettin Efendi, in 1916 selfmoord gepleeg het.[1]

Bewind

Mehmet VI, die laaste sultan van die Ottomaanse Ryk, verlaat sy paleis in 1922 vir die laaste keer.

Die Eerste Wêreldoorlog het rampspoedige gevolge vir die Ottomaanse Ryk gehad. Britse en Geallieerde magte het Bagdad, Damaskus en Jerusalem verower en die grootste deel van die ryk is deur die Gaillieerdes verdeel. Op 10 Augustus 1920 het Mehmet se verteenwoordigers die Verdrag van Sèvres onderteken wat bogenoemde aksies erken het, asook Ottomaanse beheer oor Anatolië en İzmir beëindig het en so die grootte van die ryk aansienlik verklein het.

Turkse nasionaliste was woedend oor die ondertekening van die verdrag. ’n Nuwe regering, die nasionale vergadering, is op 23 April 1920 onder die leierskap van Mustafa Kemal Atatürk gestig in Ankara, toe bekend as Angora. Die nuwe regering het ’n einde verklaar aan die heerskappy van Mehmet VI en ’n tussentydse grondwet is opgestel.

Op 1 November 1922 het die nasionale vergadering die sultanaat afgeskaf en Mehmet het Konstantinopel op 17 November verlaat. Hy het in ballingskap in Malta gaan woon en later aan die Italiaanse Riviera. Hy is op 16 Mei 1926 in Italië dood.[2]

Sy neef Abdülmecid II is op 19 November 1922 gekies as kalief totdat die Kalifaat in 1924 afgeskaf is.

Other Languages
azərbaycanca: VI Mehmed Vahidəddin
беларуская: Мехмед VI
български: Мехмед VI
brezhoneg: Mehmet VI
bosanski: Mehmed VI
català: Mehmet VI
čeština: Mehmed VI.
Deutsch: Mehmed VI.
Zazaki: Mehmed VI
Ελληνικά: Μωάμεθ ΣΤ΄
English: Mehmed VI
español: Mehmed VI
eesti: Mehmed VI
euskara: Mehmed VI.a
فارسی: محمد ششم
suomi: Mehmed VI
français: Mehmed VI
Nordfriisk: Mehmed VI.
हिन्दी: महमद षष्ठ
hrvatski: Mehmed VI.
հայերեն: Մեհմեդ VI
Bahasa Indonesia: Mehmed VI
íslenska: Mehmed 6.
italiano: Mehmet VI
日本語: メフメト6世
Basa Jawa: Mehmed VI
ქართული: მეჰმედ VI
қазақша: VI Мехмет
latviešu: Mehmeds VI
македонски: Мехмед VI
монгол: VI Мехмед
Bahasa Melayu: Mehmed VI
Nederlands: Mehmet VI
norsk: Mehmet VI
polski: Mehmed VI
português: Mehmed VI
русский: Мехмед VI
Scots: Mehmed VI
srpskohrvatski / српскохрватски: Mehmed VI
Simple English: Mehmed VI
slovenčina: Mehmed VI.
slovenščina: Mehmed VI.
српски / srpski: Мехмед VI
svenska: Mehmet VI
Türkçe: VI. Mehmed
українська: Мехмед VI
oʻzbekcha/ўзбекча: Mehmed VI
Tiếng Việt: Mehmed VI
Bân-lâm-gú: Mehmed 6-sè