McGregor

McGregor
McGregor van buite die dorpie gesien.
McGregor van buite die dorpie gesien.
Ligging van McGregor op 'n kaart (Wes-Kaap)
McGregor
McGregor
 McGregor se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°57′S 19°50′O / 33°57′S 19°50′O / -33.950; 19.833
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Kaapse Wynlande
Munisipaliteit Langeberg
Stigting 1861[1]
Oppervlak[2]
 - Dorp 22,03 km²  (8,5 vk m)
Bevolking (2011)[2]
 - Dorp 3 125
 - Digtheid 142/km² (367,8/myl2)
Rasverdeling (2011)[2]
 • Blank12.8%
 • Indiër/Asiër0.9%
 • Kleurling82.8%
 • Swart3.3%
 • Ander0.3%
Taal (2011)[2]
 • Afrikaans 86.6%
 • Engels 10.4%
 • Xhosa 1.3%
 • Ander 1.8%
Poskode (strate) 6708
Skakelkode(s) 023
Webwerf: McGregor — toerisme

www.mcgregorvillage.co.za

Ds. Andrew McGregor, van 1862 tot sy aftrede in 1902 die NG gemeente Robertson se tweede leraar. McGregor is op 17 Desember 1902 as afsonderlike gemeente van Robertson afgestig en na hom genoem.

McGregor is 'n Bolandse dorpie in die Wes-Kaap, sowat 150 km oos van Kaapstad in die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit geleë.

Geskiedenis

Die dorpie is in 1861 gestig en het tot 1905 as Lady Grey bekend gestaan, gedoop na Eliza Grey, die vrou van die destydse goewerneur aan die Kaap, sir George Grey. Die naam is toe verander om verwarring met die gelyknamige Oos-Kaapse dorp te voorkom en ter ere van dominee Andrew McGregor, die eerste Skotse leraar van die Nederduits Gereformeerde Kerk wat meer as veertig jaar as die NG gemeente Robertson se predikant gedien het in die tyd toe McGregor nog onder Robertson geressorteer het.

Deesdae lok McGregor heelwat inwoners en besoekers danksy die rustigheid, vars lug en omdat sogenaamde alternatiewe denke daar floreer. Die plaaslike, Engelsmedium Waldorf-skool het in 2013 118 leerders van gr. 1 tot matriek gehad en 24 in die twee voorskoolse grade. Die McGregor Primêre Skool het in daardie jaar 435 leerders van gr. R tot gr. 8 gehad. Twee plaasskole het onderskeidelik 34 en 22 leerders gehad.

McGregor is deel van die Wes-Kaapse wynroetenetwerk en ook aan die een punt van die Boesmanskloof-wandelroete, wat die dorpie met Greyton in die suide verbind. Die wandelroete is 14km lank en die hoogste punt is 750m bo seevlak.[3]Die wandelroete gaan oor die Riviersonderendberge.

Other Languages
Sesotho sa Leboa: McGregor
română: McGregor