Max Weber

Max Weber
Max Weber 1894.jpg
Max Weber in 1894

GeboortenaamKarl Emil Maximilian Weber
Gebore21 April 1864
Erfurt, Sakse, Koninkryk Pruise
Oorlede14 Junie 1920 (op 56)
München, Beiere, Republiek van Weimar
NasionaliteitVlag van Duitsland Duitsland
VakgebiedEkonomie, sosiologie, geskiedenis, reg, politiek, filosofie
Instelling(s)Universiteit van Berlyn
Universiteit van Freiburg
Universiteit van Heidelberg
Universiteit van Wene
Universiteit van München
Alma materUniversiteit van Berlyn
Universiteit van Heidelberg
Doktorale promotor(s)Levin Goldschmidt
Bekend virWeberiaanse burokrasie, Ontevredenheid, ideale tipe, Ysterhok, lewenskans, metodologiese individualisme, Monopolie op geweld, Protestantse werksetiek, Rasionalisering, Sosiale aksie, Drie-komponent stratifikasie, Drieledige indeling van gesag, Verstehen
Beïnvloed deurHermann Baumgarten, Immanuel Kant, Friedrich Nietzsche, Sigmund Freud, Wilhelm Dilthey, Heinrich Rickert, Georg Simmel, Werner Sombart
Invloed opKarl Jaspers, Georg Simmel, Talcott Parsons, Ludwig von Mises, György Lukács, Theodor W. Adorno, Carl Schmitt, Jürgen Habermas, Joseph Schumpeter, C. Wright Mills, Cornelius Castoriadis, Ludwig Lachmann

Maximilian Weber (1864 – 1920) was 'n Duitse ekonoom, geskiedkundige, regsgeleerde en sosioloog. Hy was die stigter en medestigter van 'n aantal nuwe akademiese dissiplines, waaronder die moderne bestudering van sosiologie en bestuurskunde. Hy was 'n veeltalige wat in sy leeftyd vier vreemde tale bemeester het. Hy het ook 'n godsdiensakademikus geword en skrywes oor die antieke gelowe van Indië, Sjina en Judaïsme geproduseer. Hy het sy loopbaan by die Universiteit van Berlyn begin en later ook by die universiteite van Freiburg, Heidelberg en München gewerk.

Weber se groter werke het die rasionalisering van die sosiologie van geloof, politiek, bestuurskunde en gedrag behandel. Sy bekendste werk is die opstel Die protestantische Ethik und der Geist des Kapitalismus ("Die Protestantse Etiek en die Gees van Kapitalisme"), waarmee hy sy werk in geloof begin het. In dié skrywe beweer Weber dat geloof een van die nie-eksklusiewe redes is vir die verskillende maniere waarop die kulture van die Weste en die Ooste ontwikkel het. Hy het ook beklemtoon dat die spesifieke karaktereienskappe van asketiese Protestantisme die ontwikkeling van kapitalisme, burokrasie en die rasionaal-wettige stand in die Weste beïnvloed het. Sommige het Weber se werk gebruik vir hul argument dat menslike instelling nie deur onvermybare materialisme gevorm word nie (soos deur Marx aangevoer), maar deur godsdienstige ideale en idees wat nie tot 'n materiële verband afgebreek kon word nie. In 'n ander belangrike werk, Politik als Beruf ("Politiek as beroep"), het Weber die staat as 'n entiteit definieer wat aanspraak maak op 'n monopolie op die wettige gebruik van geweld: 'n definisie wat later die kern sou vorm in studies oor moderne Westerse politieke wetenskap. Daar word soms na hierdie bekende werke verwys as die "Weber-tesis".

Weber was die eerste persoon wat die verskeie diverse aspekte van sosiale gesag herken het, insluitende die charismatiese, tradisionele en wettige vorms van gesag. Sy werk rakende burokrasie het gemeld dat hierdie instellings op wetlike gesag gebaseer is. Volgens hom het 'n burokrasie dus die effekte van "personalisme" in organisasies versag.

Other Languages
Alemannisch: Max Weber
አማርኛ: ማክስ ቬበር
aragonés: Max Weber
العربية: ماكس فيبر
asturianu: Max Weber
azərbaycanca: Maks Veber
تۆرکجه: ماکس وبر
башҡортса: Макс Вебер
žemaitėška: Max Weber
беларуская: Макс Вебер
беларуская (тарашкевіца)‎: Макс Вэбэр
български: Макс Вебер
brezhoneg: Max Weber
bosanski: Max Weber
буряад: Макс Вебер
català: Max Weber
нохчийн: Вебер, Макс
čeština: Max Weber
Cymraeg: Max Weber
dansk: Max Weber
Deutsch: Max Weber
Zazaki: Max Weber
Ελληνικά: Μαξ Βέμπερ
English: Max Weber
Esperanto: Max Weber
español: Max Weber
eesti: Max Weber
euskara: Max Weber
فارسی: ماکس وبر
suomi: Max Weber
français: Max Weber
Frysk: Max Weber
贛語: 韋伯
galego: Max Weber
עברית: מקס ובר
हिन्दी: मैक्स वेबर
Fiji Hindi: Max Weber
hrvatski: Max Weber
magyar: Max Weber
Հայերեն: Մաքս Վեբեր
interlingua: Max Weber
Bahasa Indonesia: Maximilian Weber
Ilokano: Max Weber
íslenska: Max Weber
italiano: Max Weber
Patois: Max Weba
ქართული: მაქს ვებერი
Kabɩyɛ: Max Weber
қазақша: Макс Вебер
한국어: 막스 베버
kurdî: Max Weber
kernowek: Max Weber
Кыргызча: Макс Вебер
Lëtzebuergesch: Max Weber
Limburgs: Max Weber
lietuvių: Max Weber
latviešu: Makss Vēbers
Malagasy: Max Weber
монгол: Макс Вебер
Bahasa Melayu: Max Weber
norsk nynorsk: Max Weber
norsk: Max Weber
Novial: Max Weber
occitan: Max Weber
ਪੰਜਾਬੀ: ਮੈਕਸ ਵੈਬਰ
polski: Max Weber
Piemontèis: Max Weber
پنجابی: میکس ویبر
português: Max Weber
română: Max Weber
русский: Вебер, Макс
русиньскый: Макс Вебер
ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ: ᱢᱮᱠᱥ ᱚᱭᱮᱵᱟᱨ
sicilianu: Max Weber
Scots: Max Weber
srpskohrvatski / српскохрватски: Max Weber
Simple English: Max Weber
slovenčina: Max Weber
slovenščina: Max Weber
shqip: Max Weber
српски / srpski: Maks Veber
svenska: Max Weber
Kiswahili: Max Weber
Tagalog: Max Weber
Türkçe: Max Weber
татарча/tatarça: Maks Weber
українська: Макс Вебер
oʻzbekcha/ўзбекча: Max Weber
vèneto: Max Weber
Tiếng Việt: Max Weber
Winaray: Max Weber
მარგალური: მაქს ვებერი
ייִדיש: מאקס וועבער
Yorùbá: Max Weber
Bân-lâm-gú: Max Weber
粵語: 韋伯