Marxisme

Marxisme is meestal op die ideë van die 19de eeuse filosoof Karl Marx gebaseer.

Marxisme is die teoretiese grondslag vir moderne kommunisme, gebaseer op die ideë en denkbeelde van Karl Marx en Friedrich Engels.

Hierdie ideë en denkbeelde is op drie groot ideologiese strominge van die 19de eeu gestoel: Duitse filosofie (veral die dialektiek van Hegel), klassieke Engelse politieke ekonomie en Franse sosialisme in kombinasie met Franse rewolusionêre doktrines. Uit hierdie strominge het Marx en Engels 'n moderne "wetenskaplike sosialisme" gedistilleer.

Teorie

Volgens Marx se opvatting van die menslike geskiedenis verloop dit in stadia. Die stadia word in die eerste plek deur die gangbare ekonomiese stelsel (die onderbou) gekenmerk, en in die tweede plek deur opvattings, ideë, kultuur en sulks (die bobou). Verskillende samelewings deurloop die stadia in verskillende tempo's, maar wel in min of meer dieselfde volgorde. In elke stadium veroorsaak die ekonomiese stelsel spanninge tussen die verskillende maatskaplike klasse wat tot klassestryd en uiteindelik tot rewolusie lei.

In die tyd van Marx, die 19de eeu, was die gangbare ekonomiese stelsel die industriële kapitalisme met die klassieke liberalisme as ideologie. Dit het na die industriële rewolusie ('n ekonomiese verandering) en die Franse rewolusie ('n ideologiese verandering) ontstaan. Die industriële rewolusie het 'n nuwe klassemaatskap geskep, waar die heersende klasse nie meer die adel was nie, maar die burgery ( bourgeoisie), die ou middelklasse, wat die produksiemiddele (fabrieke) in besit gehad het. Daarteenoor het die proletariaat, die klasse van besitlose arbeiders, gestaan, wat (by gebrek aan produksiemiddele) gedwing was om hul arbeid te verkoop om aan die lewe te bly, en so deur die burgery uitgebuit is. (Die plek van die boer in hierdie stelsel was jarelang 'n strydpunt binne marxisme gewees, die sogenaamde Agrarfrage.)

Die teenstellings binne kapitalisme sou hierdie stelsel uiteindelik onvolhoubaar maak. Die uitgebuite arbeidersklasse moes volgens Marx in opstand gekom het teen die kapitaalbesitters. Hierdie opstand sou die einde van kapitalisme en liberale demokrasie inlui, wat plek sou maak vir 'n sosialistiese samelewing. In die sosialistiese periode sou die staat tot 'n diktatuur van die proletariaat omgevorm word, waarin die (politieke) rolle van beide klasse omgedraai sou word. Uiteindelik sou dit tot nog 'n ander maatskaplike stadium gelei het, naamlik kommunisme.

Die woorde sosialisme en kommunisme het voor die teorievorming van Marx en Engels reeds bestaan. Die spesifieke betekenis wat aan hierdie terme binne marxisme gegee word, is nie noodwendig die enigste moontlike betekenis nie.

Strominge binne marxisme

Binne marxisme is verskillende strominge aan te dui, waaronder marxisme-leninisme, trotskisme, stalinisme, Juche, maoïsme en neomarxisme. Hierdie onderskei hul op (soms subtiele) ideologiese punte.

Other Languages
Alemannisch: Marxismus
aragonés: Marxismo
العربية: ماركسية
مصرى: ماركسيه
অসমীয়া: মাৰ্ক্সবাদ
asturianu: Marxismu
azərbaycanca: Marksizm
башҡортса: Марксизм
Boarisch: Marxismus
žemaitėška: Marksėzmos
беларуская: Марксізм
беларуская (тарашкевіца)‎: Марксізм
български: Марксизъм
brezhoneg: Marksouriezh
bosanski: Marksizam
català: Marxisme
کوردی: مارکسیزم
čeština: Marxismus
Чӑвашла: Марксизм
Cymraeg: Marcsiaeth
dansk: Marxisme
Deutsch: Marxismus
Ελληνικά: Μαρξισμός
English: Marxism
Esperanto: Marksismo
español: Marxismo
eesti: Marksism
euskara: Marxismo
فارسی: مارکسیسم
føroyskt: Marxisma
français: Marxisme
Frysk: Marksisme
Gàidhlig: Marxachas
galego: Marxismo
עברית: מרקסיזם
हिन्दी: मार्क्सवाद
Fiji Hindi: Markswaad
hrvatski: Marksizam
magyar: Marxizmus
Հայերեն: Մարքսիզմ
interlingua: Marxismo
Bahasa Indonesia: Marxisme
Ilokano: Marxismo
íslenska: Marxismi
italiano: Marxismo
Patois: Maaxizim
Basa Jawa: Marxisme
ქართული: მარქსიზმი
қазақша: Марксизм
къарачай-малкъар: Марксизм
Кыргызча: Марксизм
Limburgs: Marxisme
lietuvių: Marksizmas
latviešu: Marksisms
македонски: Марксизам
മലയാളം: മാർക്സിസം
монгол: Марксизм
Bahasa Melayu: Marxisme
नेपाल भाषा: मार्क्सवाद
Nederlands: Marxisme
norsk nynorsk: Marxisme
norsk: Marxisme
occitan: Marxisme
ਪੰਜਾਬੀ: ਮਾਰਕਸਵਾਦ
polski: Marksizm
Piemontèis: Marxism
پنجابی: مارکسزم
português: Marxismo
Runa Simi: Marsyuyay
rumantsch: Marxissem
română: Marxism
русский: Марксизм
русиньскый: Марксізм
саха тыла: Марксизм
sicilianu: Marxismu
Scots: Marxism
srpskohrvatski / српскохрватски: Marksizam
Simple English: Marxism
slovenčina: Marxizmus
slovenščina: Marksizem
српски / srpski: Марксизам
svenska: Marxism
Kiswahili: Umaksi
తెలుగు: మార్క్సిజం
Tagalog: Marxismo
Türkçe: Marksizm
татарча/tatarça: Марксизм
українська: Марксизм
اردو: مارکسیت
oʻzbekcha/ўзбекча: Marksizm
Tiếng Việt: Chủ nghĩa Marx
Winaray: Marxismo
მარგალური: მარქსიზმი
ייִדיש: מארקסיזם
Bân-lâm-gú: Marx-chú-gī