Mantsjoes

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Mantsjoe.
Mantsjoes
Manchu celeb 5.jpg
Totale bevolking:10 430 000
Belangrike bevolkings  in:Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 10 410 585[1]

Vlag van Republiek van China Republiek van China 12 000[2]

Taal:Hoofsaaklik Mandaryns, baie min Mantsjoe
Geloofsoortuiging:Hoofsaaklik ongebonde, Mantsjoe-sjamanisme, Boeddhisme, Chinese volksgodsdiens
Verwante etniese groepe:Ander Toengoesiese volke soos Ewenke, Nanai, Oroqen, Udege en Sibe.

Die Mantsjoes (Mantsjoe: Manju.svg; Möllendorff: manju; Abkai: manju; Vereenvoudigde Chinees: 满族; Tradisionele Chinees: 滿族; pinyin: Mǎnzú; Wade–Giles: Man³-tsu²) behoort tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite") in die Volksrepubliek China. Hul tuiste is die Mantsjoerye in Noordoos-China, wat na dié etniese groep genoem is. Tydens die Qing-dinastie (1644–1912), ook bekend as Mantsjoe-dinastie, China se laaste heersende keiserlike dinastie, het die Mantsjoes oor China, Mongolië en aangrensende gebiede geheers.

'n Jong Mantsjoe in tradisionele klere

Die Mantsjoes is die grootste groep van die Toengoesiese volke, maar hul taal, Mantsjoe, is byna uitgestorwe. Mantsjoes praat as moedertaal oorwegend Mandaryns met plaaslike dialekte. Mantsjoes is naas Han-Chinese, Zhuang en Hui-Chinese die vierde grootste etniese groep in die Volksrepubliek China. Hulle is ook die grootste erkende etniese minderheid sonder 'n eie outonome gewes.

Volgens die sensus van 2011 leef in die Volksrepubliek China 10 410 585 Mantsjoes, veral in Noordoos-China, die Mantsjoerye. Groot bevolkings van Mantsjoes leef in die provinsies Liaoning (5 385 287 of 12,88%), Hebei (2 118 711 of 3,18%), Heilongjiang (1 037 080 of 2,86%), Jilin (993 112 of 3,71%), Binne-Mongolië (452 765 of 1,83%) en Beijing (336 000 of 2%). Daarbenewens leef sowat 12 000 Mantsjoes in die Republiek China op Taiwan.

Verwysings

  1. (zh) (2012) 《中国2010年人口普查资料(上中下)》 (the Data of 2010 China Population Census). China Statistics Press. ISBN 9787503765070. 
  2. (zh) 台灣滿族的由來暨現況 / 作者 翁福祥先生”. URL besoek op 25 November 2018.
Other Languages
aragonés: Manchús
العربية: مانشو (قومية)
azərbaycanca: Mancurlar
تۆرکجه: مانجور‌لار
беларуская: Маньчжуры
български: Манджури
català: Manxús
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Muāng-cŭk
čeština: Mandžuové
dansk: Manchuere
Deutsch: Mandschu
dolnoserbski: Mandžu (lud)
Ελληνικά: Μαντσού
English: Manchu people
Esperanto: Manĉuroj
español: Manchú
eesti: Mandžud
euskara: Mantxu
فارسی: منچو
suomi: Mantšut
français: Mandchous
Gaeilge: Manchúraigh
galego: Pobo manchú
客家語/Hak-kâ-ngî: Mân-chû-chhu̍k
हिन्दी: मांचु लोग
hrvatski: Mandžurci
magyar: Mandzsuk
հայերեն: Մանջուրներ
Bahasa Indonesia: Suku Manchu
italiano: Manciù
日本語: 満州民族
Basa Jawa: Wong Manchu
қазақша: Маньчжурлар
한국어: 만주족
Кыргызча: Манжурлар
lietuvių: Mandžiūrai
latviešu: Mandžūri
Bahasa Melayu: Orang Manchu
नेपाली: मन्जु
Nederlands: Mantsjoes
norsk nynorsk: Mandsjuar
norsk: Mandsjuer
ਪੰਜਾਬੀ: ਮਾਂਛੂ ਲੋਕ
polski: Mandżurowie
پنجابی: مانچو
português: Manchus
русский: Маньчжуры
srpskohrvatski / српскохрватски: Mandžurci
Simple English: Manchu
slovenčina: Mandžuovia
српски / srpski: Mandžurci
svenska: Manchuer
ślůnski: Mandżury
Türkçe: Mançular
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: مانجۇ مىللىتى
українська: Маньчжури
Tiếng Việt: Người Mãn
吴语: 满族
中文: 满族
文言: 滿洲族
Bân-lâm-gú: Boán-chiu-cho̍k
粵語: 滿族