Manchester

Manchester
Montage of Manchester 2012.jpg

KaartVlag
EnglandManchester.png
Unofficial County Flag of Greater Manchester.svg
Wapen
Arms of the City of Manchester.svg
 LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
 DeelstaatVlag van Engeland Engeland
 Koördinate53°28′N 02°14′W / 53°28′N 02°14′W / 53.467; -2.233
 Stigting1ste eeu
 Oppervlakte: 
 - Totaal115,65 vk km
 Hoogte bo seevlak38 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2013)514 417
 - Bevolkingsdigtheid4 448/vk km
 TydsoneGMT / UTC +0
 - SomertydBST / UTC +1
 Burgemeester (Lord Mayor)Cllr Eddy Newman
 Amptelike webwerfmanchester.gov.uk

Manchester [ˈmæntʃɪstə] is 'n stad en metropolitraanse borough in die graafskap Groter Manchester in Noordwes-Engeland, Verenigde Koninkryk met 'n oppervlakte van 115,65 km². Die stad is met 'n bevolking van sowat 514 417 in 2013 ná Londen en Birmingham die derde grootste stad van Engeland en vorm die sentrum van Noord-Engeland se grootste metropolitaanse gebied met 'n bevolking van 2,55 miljoen. Die stadsgebied word begrens deur die Cheshire Plain in die suide, die Pennines-bergreeks in die noorde en ooste en 'n groot boog van nedersettings wat met Manchester tot 'n uitgestrekte beboude stedelike gebied saamgesmelt het.

Plaaslike nywerhede het 'n baanbrekersrol gedurende die nywerheidsomwenteling in Engeland gespeel waartydens Manchester van 'n klein nedersetting tot die wêreld se eerste groot nywerheidstad gegroei het. Die eerste spoorwegstasie ter wêreld is hier geopen, en hier het wetenskaplikes vir die eerste keer 'n atoom gesplits en die wêreld se eerste rekenaar ontwikkel wat deur 'n sagtewareprogram in sy geheue bestuur is.

Beetham Tower is die hoogste wolkekrabber in Manchester en die hoogste residensiële gebou in die Verenigde Koninkryk
Moderne woonstelgeboue langs die Irwell-rivier kontrasteer met historiese boukuns

Manchester word daarnaas as die bakermat van die vrouestemregbeweging in die Verenigde Koninkryk en as die stad waar die beginsels van sowel kapitalisme asook marxisme geformuleer is. In Manchester se Chatham-biblioteek - die oudste openbare biblioteek in die Engelsprekende wêreld - het Karl Marx en Friedrich Engels met die skryfwerk vir hul Kommunistiese Manifes begin. Die agteruitgang van die plaaslike tekstielbedryf in die 20ste eeu het ekonomiese swaarkry vir Manchester beteken. Die stad staan tans in die buiteland veral bekend vir die sokkerklub Manchester United.

Die gedokumenteerde geskiedenis van Manchester het met die Romeinse fort of castrum Mamucium begin wat omstreeks 79 n.C. op 'n sandsteenwal naby die samevloeiing van die Medlock- en Irwell-riviere opgerig is. Histories het Manchester deel uitgemaak van Lancashire, alhoewel dele van Cheshire suid van die Mersey-rivier gedurende die 20ste eeu by die stad ingesluit is. Die eerste hiervan, Wythenshawe, is in 1931 by Manchester ingelyf.

Gedurende die Middeleeue was Manchester 'n relatief klein nedersetting wat aan 'n landgoed gebonde was, maar vanaf die vroeë 19de eeu het die dorp ongekende groei ervaar. Die grootskaalse uitbreiding van tekstielnywerhede as gevolg van die nywerheidsomwenteling het 'n proses van vinnige en onbeplande verstedeliking aan die gang gesit. Ná die voltooiing van die Bridgewater-kanaal in 1761 - 'n belangrike waterweg vir die vervoer van steenkool - het steeds meer tekstielmeule in Manchester ontstaan wat van die dorp die middelpunt van die Britse tekstielbedryf gemaak het. In 1853 het Manchester stadstatus verwerf.

Manchester se raadsaal (Manchester Town Hall) is in 1877 opgerig, en in 1894 is die Manchester Ship Canal ingewy - indertyd die langste riviernavigasiekanaal ter wêreld wat Manchester se nuwe rivierhawe met die see verbind het. Die dekades ná die Tweede Wêreldoorlog was 'n periode van industriële agteruitgang. 'n Bomaanval in 1996 het egter die aanleiding gegee tot 'n grootskaalse program van stedelike regenerasie waaruit veral die middestad van Manchester voordeel kon trek.

Vandag is Manchester 'n moderne metropool met 'n waardevolle argitektoniese erfenis, 'n ryk kulturele lewe en 'n florerende moderne ekonomie wat op die mediabedryf, ingenieurswese en wetenskappe baseer. 'n Doeltreffende vervoernetwerk verbind die stad met die res van die land en buitelandse bestemmings. Manchester Airport is die besigste Britse lughawe buite Londen en het bygedra tot die groei van die plaaslike toerismebedryf - Manchester is intussen die derde mees besoekte stad in die Verenigde Koninkryk ná Londen en Edinburg.

'n Aantal tersiêre instellings maak van Manchester 'n sentrum van wetenskaplike opvoeding en navorsing. Die stad se drie universiteite, die University of Manchester, Manchester Metropolitan University en die Royal Northern College of Music lê almal bymekaar net suid van Manchester se sakesentrum.[1] Tot 2010 is 25 Nobelpryse aan studente, dosente of voormaalige studente en dosente van die University of Manchester toegeken. Beroemde wiskundiges van Manchester sluit James Prescott Joule (fisikus), John Dalton (chemikus) en Alan Turing (informatikus) in. Joule en Dalton is oorlede nog voordat die Nobelprys gestig is, terwyl Turing se werk ten tyde van sy afsterwe nog geheim was.

Klimaat

Weergegewens vir Manchester Airport
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Gemiddelde maksimum (°C) 6,9 7,2 9,7 12,3 15,9 18,3 20,2 20,1 17,4 13,5 9,6 7,1 13,2
Gemiddelde minimum (°C) 0,8 1,2 2,4 3,6 6,7 9,0 11,7 11,3 9,2 6,7 3,0 0,6 5,5
Neerslag (mm) 81,5 51,5 58,6 61,4 54,8 64,5 67,3 79,4 79,6 98,8 79,9 89,8 867,1
Reëndae (d) 15,8 11,0 12,8 11,8 10,9 9,7 11,7 12,8 12,1 14,4 14,4 14,4 151,8
Bron: [Britse] Meteorological Office[2]
Other Languages
አማርኛ: ማንችስተር
aragonés: Manchester
Ænglisc: Mameceaster
العربية: مانشستر
مصرى: مانشستر
asturianu: Mánchester
azərbaycanca: Mançester
تۆرکجه: منچستر
беларуская: Манчэстэр
беларуская (тарашкевіца)‎: Манчэстэр
български: Манчестър
brezhoneg: Manchester
bosanski: Manchester
català: Manchester
нохчийн: Манчестер
کوردی: مەنچستەر
čeština: Manchester
Cymraeg: Manceinion
dansk: Manchester
Deutsch: Manchester
Ελληνικά: Μάντσεστερ
English: Manchester
Esperanto: Manĉestro
español: Mánchester
eesti: Manchester
euskara: Manchester
estremeñu: Manchester
فارسی: منچستر
suomi: Manchester
føroyskt: Manchester
français: Manchester
Frysk: Manchester
Gaeilge: Manchain
Gàidhlig: Manchester
galego: Manchester
Gaelg: Manchuin
Hausa: Manchester
客家語/Hak-kâ-ngî: Manchester
עברית: מנצ'סטר
हिन्दी: मैन्चेस्टर
hrvatski: Manchester
magyar: Manchester
Հայերեն: Մանչեստր
Bahasa Indonesia: Manchester
Interlingue: Manchester
íslenska: Manchester
italiano: Manchester
ქართული: მანჩესტერი
Qaraqalpaqsha: Manchester
Taqbaylit: Manchester
қазақша: Манчестер
ភាសាខ្មែរ: មែនឈេសទ័រ
한국어: 맨체스터
Кыргызча: Манчестер
Latina: Mancunium
Lingua Franca Nova: Manchester
Limburgs: Manchester
lietuvių: Mančesteris
latviešu: Mančestra
македонски: Манчестер
монгол: Манчестер
मराठी: मँचेस्टर
Bahasa Melayu: Manchester
မြန်မာဘာသာ: မန်ချက်စတာမြို့
مازِرونی: منچستر
Nedersaksies: Mesjester (Engeland)
Nederlands: Manchester
norsk nynorsk: Manchester
norsk: Manchester
Nouormand: Manchêtre
occitan: Manchester
ਪੰਜਾਬੀ: ਮਾਨਚੈਸਟਰ
polski: Manchester
Piemontèis: Manchester
پنجابی: مانچسٹر
português: Manchester
Runa Simi: Manchester
română: Manchester
armãneashti: Manchester
русский: Манчестер
sardu: Manchester
sicilianu: Manchester
Scots: Manchester
srpskohrvatski / српскохрватски: Manchester
Simple English: Manchester
slovenčina: Manchester
slovenščina: Manchester
Soomaaliga: Manchester
shqip: Manchester
српски / srpski: Манчестер
svenska: Manchester
Kiswahili: Manchester
ślůnski: Manchester
తెలుగు: మాంచెస్టర్
Tagalog: Manchester
Türkçe: Manchester
татарча/tatarça: Mançester
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: Manchéstér
українська: Манчестер
اردو: مانچسٹر
oʻzbekcha/ўзбекча: Manchester
vèneto: Manchester
vepsän kel’: Mančester
Tiếng Việt: Manchester
Volapük: Manchester
Winaray: Manchester
吴语: 曼彻斯特
მარგალური: მანჩესტერი
ייִדיש: מאנטשעסטער
Zeêuws: Manchester
中文: 曼彻斯特
Bân-lâm-gú: Manchester
粵語: 曼徹斯特