Magneetveld

Magneetveldlyne kan gesien word met behulp van ystervylsels.
Hans Christian Ørsted, Der Geist in der Natur, 1854

’n Magneetveld is die magnetiese invloed van elektriese strome en gemagnetiseerde materie. Die magneetveld by enige gegewe punt word bepaal deur die rigting en sterkte; as sulks is dit ’n vektorveld. Die term word gebruik vir twee verskillende maar naby verwante velde wat deur die simbole B en H aangedui word. Dit word onderskeidelik in tesla en ampère per meter gemeet. B word meestal gemeet in terme van die Lorentzkrag wat dit op bewegende elektriese ladings uitoefen.

’n Gewilde manier om te sien hoe die magneetveld se rigting en sterkte die veldlyne beïnvloed, is met behulp van ystervylsels wat op ’n vel papier bo-op ’n staafmagneet geplaas word. Dit word die magnetiese spektrum genoem.

In die alledaagse lewe is magneetvelde meestal ’n onsigbare krag wat deur ’n magneet geskep word, en wat magnetiseerbare materiale soos yster en nikkel aantrek en ander magnete wegstoot. Magneetvelde word algemeen gebruik in moderne tegnologie, veral in elektriese ingenieurswese en elektromeganika. Roterende magneetvelde word gebruik in beide elektriese motors en kragopwekkers.

Die Aarde skep sy eie magneetveld, wat belangrik is in navigasie.

Other Languages
Alemannisch: Magnetfeld
aragonés: Campo magnetico
العربية: حقل مغناطيسي
asturianu: Campu magnéticu
azərbaycanca: Maqnit sahəsi
башҡортса: Магнит ҡыры
беларуская: Магнітнае поле
беларуская (тарашкевіца)‎: Магнітнае поле
български: Магнитно поле
bosanski: Magnetno polje
čeština: Magnetické pole
Cymraeg: Maes magnetig
dansk: Magnetfelt
Deutsch: Magnetfeld
Esperanto: Magneta kampo
estremeñu: Campu manéticu
Nordfriisk: Magneetisk fial
עברית: שדה מגנטי
Fiji Hindi: Magnetic field
hrvatski: Magnetsko polje
Kreyòl ayisyen: Chan mayetik
interlingua: Campo magnetic
Bahasa Indonesia: Medan magnet
íslenska: Segulsvið
italiano: Campo magnetico
日本語: 磁場
қазақша: Магнит өрісі
한국어: 자기장
Кыргызча: Магнит талаасы
македонски: Магнетно поле
Bahasa Melayu: Medan magnet
မြန်မာဘာသာ: သံလိုက်စက်ကွင်း
Nederlands: Magnetisch veld
norsk nynorsk: Magnetfelt
norsk: Magnetfelt
occitan: Camp magnetic
português: Campo magnético
română: Câmp magnetic
русиньскый: Маґнетічне поле
srpskohrvatski / српскохрватски: Magnetno polje
Simple English: Magnetic field
slovenčina: Magnetické pole
slovenščina: Magnetno polje
српски / srpski: Магнетно поље
Basa Sunda: Médan magnétik
svenska: Magnetfält
Kiswahili: Uga sumaku
Türkçe: Manyetik alan
татарча/tatarça: Магнит кыры
українська: Магнітне поле
oʻzbekcha/ўзбекча: Magnit maydon
Tiếng Việt: Từ trường
吴语: 磁场
中文: 磁場
粵語: 磁場