Magna Graecia

Magna Graecia, omtrent 280 v.C.
Tempel van die godin Atena in Paestum

Die term Magna Graecia (Latyn, letterlik "Groot-Griekeland"; Grieks Megalê Hellas/Μεγάλη Ελλάς) verwys na die gebiede in die antieke Suid-Italië en Sisilië, waar Griekse setlaars hulle sedert die 8ste eeu v.C. gevestig het. Magna Graecia het talle digbevolkte stede en onafhanklike state behels, wat dikwels oorlog teen mekaar gevoer het.

Oorsprong

Sedert die 8ste eeu v.C. het Griekse setlaars kolonies in die gebied van die huidige Kalabrië, Kampanië, Basilikata, Apulië en in die suid-ooste van Sisilië begin stig. Die setlaars het hulle merendeels langs die kuslyne en in die nabyheid van riviere en fonteine gevestig, waar 'n aantal beduidende stede soos Taras, Kyme, Metapontion, Sybaris, Kroton, Rhegion, Paeston en Napels gestig is. Die kolonies in Sisilië met belangrike stede soos Naxos, Zankle en Syraka is nie deur die Griekse geskiedkundiges by die Magna Graecia gereken nie – maar wél deur hulle Romeinse eweknieë.

Vanaf die 3de eeu v.C. het die naam Magna Graecia (Grieks: Megále Hellás) gebruiklik geword. Die term het veral na die bevolking en sy kultuur verwys en nie na 'n bepaalde geografiese streek nie, en was daarop gemik om die belangrikheid van die Griekse gebiede in Suid-Italië teenoor die Griekse stamlande te beklemtoon.

Other Languages
العربية: ماجنا غراسيا
asturianu: Magna Grecia
български: Магна Греция
brezhoneg: Magna Graecia
català: Magna Grècia
čeština: Velké Řecko
Чӑвашла: Аслă Греци
Deutsch: Magna Graecia
Ελληνικά: Μεγάλη Ελλάδα
English: Magna Graecia
Esperanto: Granda Grekio
español: Magna Grecia
euskara: Magna Graecia
français: Grande-Grèce
galego: Magna Grecia
hrvatski: Magna Graecia
Bahasa Indonesia: Yunani Besar
íslenska: Magna Graecia
italiano: Magna Grecia
македонски: Голема Грција
Napulitano: Magna Grecia
Nederlands: Magna Graecia
português: Magna Grécia
română: Magna Graecia
tarandíne: Magna Grecie
sicilianu: Magna Grecia
srpskohrvatski / српскохрватски: Magna Graecia
Simple English: Magna Graecia
slovenščina: Magna Graecia
српски / srpski: Велика Грчка
svenska: Magna Graecia
Türkçe: Magna Graecia
українська: Велика Греція
Tiếng Việt: Magna Graecia
中文: 大希腊