Mafies

Die geologiese term mafies verwys na metamorfe- en stollingsgesteentes met 'n laer silikaat (SiO2)-inhoud as felsiese gesteentes. Die SiO2 inhoud per massa kan in mafiese gesteentes tusssen 63% en 45% wissel. Waar die silikaatinhoud laer as 45% is, word die gesteente ultra-mafies genoem.

Mafiese gesteentes is ook ryker aan magnesium- en ysterryke minerale.

Tipiese rotsvormende minerale sluit in olivien, pirokseen, amfibool en biotiet.Voorbeelde van mafiese gesteentes is basalt, doleriet en gabbro.

Mafies en basies

Die ou term vir mafiese gesteentes is basiese gesteentes, a.g.v. die eertydse denke dat hierdie gesteentes arm was aan silikasuur. Vanuit die oogpunt van die Lewis-teorie kan SiO2 (byv. die mineraal kwarts) inderdaad as 'n suur en ander oksiede soos MgO (die mineraal periklaas) as 'n basis beskou word, hoewel hulle geen waterstof bevat nie. In Brønsted-Lowry en Arrhenius se suur-basis teorieë is die teenwoordigheid van waterstof nogtans 'n vereiste. Die geologiese term mafies kom dus goed ooreen met die chemiese term Lewis-basies.

Other Languages
العربية: صخر مافي
български: Мафичен
català: Màfic
čeština: Mafity
English: Mafic
español: Máfico
euskara: Mafiko
فارسی: مافیک
suomi: Mafinen
français: Mafique
עברית: מאפי
Bahasa Indonesia: Mafik
íslenska: Basísk kvika
italiano: Femico
日本語: 苦鉄質
Nederlands: Mafisch
norsk nynorsk: Mafiske mineral
português: Máfico
Simple English: Mafic
slovenčina: Mafický
slovenščina: Mafičnost
српски / srpski: Мафичност
Türkçe: Mafik
Tiếng Việt: Mafic
吴语: 铁镁质
中文: 铁镁质