Maalvleis

Maalvleis word deur 'n vleismeul gepers.

Maalvleis word gewoonlik gemaak van beesvleis of varkvleis, maar ook van skaapvleis en wild. 'n Mengsel van vleis is ook moontlik en word gereeld só in boerewors gebruik. Maalvleis word gemaak deur vleisblokkies of vleisrepe in 'n vleismeul deur 'n matrysplaat met verskeie gaatjies te druk. Daar is darem 'n skerp viervlerkige lem wat die vleis opkerf, terwyl die meul gedraai word, voor dit by die matrys uitkom.

Gemaalde vleis se oorsprong is as 'n resproduk, bestaande uit klein stukkies vleis wat oorgebly het met die slagproses saam met vet- en bindweefselreste. Dit snyafval is dan in kleiner stukkies gekap en opgemaal.

Deesdae word maalvleis, weens die verhoogde aanvraag, deels gemaak van 'n beter gehalte vleis.

Die standaarde vir die vetinhoud van maalvleis is bv. in Nederland vasgelê in die "Warenwetbesluit Vleis, gekap en vleisprodukte". Beesmaalvleis mag tot 25 gram vet per 100 gram vleis bevat, maer beesmaalvleis tot 15 gram. Vir steak-tartar geld 'n maksimum van 10 gram per 100 gram.

Maalvleis is in Nederland ook te koop onder die naam half-om-half, dit wil sê dit bestaan deels uit bees- en deels uit varkmaalvleis​​. 'n Variant kom by sommige Islamitiese slagters voor, hulle verskaf 'n mengsel van bees- en lamsmaalvleis, aangesien hulle uit geloof geen varkprodukte mag eet nie.

Gemaalde vleis word veral gebruik in bredies, stowes en vir die maak van frikkadelle, vleisbrood en hamburgers. Die Amerikaanse kombuise is bekend vir hul Salisbury-steak, wat uit maalvleis bestaan.

  • sien ook

Sien ook

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
Other Languages
العربية: لحم مفروم
беларуская: Фарш
български: Кайма
বাংলা: কিমা
català: Carn picada
dansk: Hakkekød
Deutsch: Hackfleisch
Ελληνικά: Κιμάς
English: Ground meat
Esperanto: Viandhaketaĵo
español: Carne picada
eesti: Hakkliha
euskara: Haragi xehetu
suomi: Jauheliha
français: Viande hachée
Bahasa Indonesia: Daging cincang
italiano: Carne macinata
日本語: 挽肉
한국어: 다짐육
Lingua Franca Nova: Carne moleda
मैथिली: कीमा
македонски: Мелено месо
മലയാളം: കീമ
Bahasa Melayu: Daging kisar
Nederlands: Gehakt
norsk: Kjøttdeig
ਪੰਜਾਬੀ: ਕੀਮਾ
русский: Фарш
Simple English: Ground meat
српски / srpski: Faširano meso
svenska: Köttfärs
Türkçe: Kıyma
українська: Фарш
West-Vlams: Gekapt
中文: 絞肉
粵語: 肉崧