Maät

Maät
Maät was beide die godin van geregtigheid en die verpersoonliking van die waarheid en reg. Haar volstruisveer verteenwoordig die waarheid.
Maät was beide die godin van geregtigheid en die verpersoonliking van die waarheid en reg. Haar volstruisveer verteenwoordig die waarheid.
Soort godin Egipties
Godin vanDie waarheid en geregtigheid
Kultussentrum Hele Egipte
SimboolVolstruisveer
OuersRa
MetgeselThoth (soms)
Portaal  Portaalicoon  Antieke Egipte

Maät of Ma'at was in die Egiptiese mitologie die konsep van die waarheid, balans, orde, wet, moraliteit en geregtigheid. Sy is ook voorgestel as ’n godin wat die sterre, seisoene en die dade van beide gode en sterflikes reël en die kosmiese orde handhaaf wat daargestel is met die skepping van die heelal uit chaos.

Die vroegste rekords wat behoue gebly het en wat aandui dat Maät die norm van die natuur en die samelewing is, in dié wêreld en die hiernamaals, kom uit die Ou Ryk. Die oudste bekende voorbeelde is ontdek in die piramidetekste van Oenas (omstreeks 2375 en 2345 v.C.).[1]

Later was haar manlike metgesel Thoth, wat dieselfde eienskappe as sy gehad het. Ná die onttrekking van Ra na die lug, word hulle saam uitgebeeld in sy sonboot.

Naas haar rol as die bewaker van die orde was haar belangrikste rol die weeg van siele in die onderwêreld, die Doeat.[2] Haar veer was die maatstaf wat aangedui het of ’n siel die paradys van die hiernamaals suksesvol sou bereik.

Farao's is dikwels uitgebeeld met die embleme van Maät om klem te lê op sy rol as handhawer van die wette van die skepper.[3]

Verwysings

  1. Siegfried Morenz (1973). Egyptian Religion: Siegried Morenz. p. 273. ISBN 978-0-8014-8029-4. 
  2. Budge, E. A. Wallis. The Gods of the Egyptians: Studies in Egyptian Mythology — Volume 1. New York: Dover Publications, 1969.
  3. Henrietta McCall (Januarie 1990). Mesopotamian myths. University of Texas Press. p. 46. ISBN 0-292-72076-9. 
Other Languages
العربية: ماعت
مصرى: ماعت
azərbaycanca: Maat
беларуская: Маат
български: Маат
বাংলা: মাআত
brezhoneg: Ma'at
bosanski: Ma'at
català: Maat
čeština: Maat
dansk: Maàt
Ελληνικά: Μά'ατ
English: Maat
Esperanto: Maat
español: Maat
eesti: Maat
euskara: Maat
فارسی: ماعت
suomi: Maat
français: Maât
עברית: מאע'ת
हिन्दी: मात
hrvatski: Ma'at
magyar: Maat
հայերեն: Մաատ
Bahasa Indonesia: Maat
íslenska: Maat
italiano: Maat
日本語: マアト
ქართული: მაატი
Latina: Maat
lietuvių: Maat
македонски: Маат
Bahasa Melayu: Dewi Ma’at
नेपाल भाषा: मात
Nederlands: Maät
norsk: Maat
Novial: Maât
occitan: Maat
polski: Maat
português: Maat
română: Maàt
русский: Маат
sicilianu: Ma'at
Scots: Maat
Simple English: Ma'at
slovenčina: Maat
slovenščina: Maat
српски / srpski: Маат
svenska: Ma'at
Türkçe: Ma'at
українська: Маат
اردو: ماعت
Tiếng Việt: Ma'at
მარგალური: მაატი
中文: 玛亚特