Lotarius I

Lotarius I
Keiser van die Romeine en Koning van Italië
Lothar I.jpg
Dinastie Karolingiese dinastie
Bewind As keiser: 817–855;
As koning van Italië: 822–855
As koning van Middel-Francia: 843–855
Kroning Deur sy vader: 817, Aken;
Deur Pous Paschalis I: 5 April 823, Rome
Gebore 795
Gesterf 29 September 855 (op 59–60)
Prüm
Begrafnis Prüm
Voorganger Lodewyk die Vrome
Opvolger Lotarius II
Gade Ermengarde van Tours
Nakomelinge Lodewyk II
Lotarius II
Karel van Provence
Karelman
Hiltrude
Berta
Gisela
Rotrude
Vader Lodewyk die Vrome
Moeder Ermengarde van Hesbaye

Lotarius I (795 – 29 September 855) was 'n Karolingiese keiser wat oor die Midderyk geheers het. Hy was Lodewyk die Vrome se oudste seun en Karel die Grote se kleinseun.

Politiek

Sy pa Lodewyk was 'n swak heerser. Hy het Lotarius in 817 tot medekeiser gemaak en sy jonger broers Pepyn en Lodewyk tot konings van Akwitanië en wat nou Duitsland is. In 819 hertrou Lodwyk met Judith uit die Welf-familie en in 823 word 'n halfbroertjie gebore, Karel, wat later die naam Karel die Kaalkop sal kry. Die verdeling van die erfenis moet nou verander word en in 830 lei dit tot 'n burgeroorlog wat tien jaar duur en die Vikings die kans gee om die keiserlike gesag verder te ondergraaf. In 833 neem Lotarius sy pa gevange en verneder hom vier maande lank. In 838 sterf Pepyn van Akwitanië en kry Karel hierdie gebied, hoewel Pepyn 'n seun het (Pepyn II) wat ook sy deel opeis. Ná Lodewyk se dood op 20 Juni 840 breek oor die erfenis opnuut 'n oorlog tussen die broers uit. [1]

In 841 beveg Lodewyk die Vrome se seuns mekaar in die slag van Fontenoy. [2] Die slag is onbeslis, maar Lotarius se poging om sy broers te onderwerp faal. Op 14 Februari 842 sweer sy twee broers naby Straatsburg 'n eed om mekaar te help en Lotharius moet met die Verdrag van Verdun in Augustus toestaan dat die ryk in drie dele verdeel word.

Die verdeling van Verdun

Karel die Kaalkop kry die westelike deel, Lodewyk die Duitser die oostelike. Lotarius se deel bestaan uit die huidige Nederland, België, die Ryn se linkeroewer in Duitsland, die ooste van Frankryk (Elsas, Lotaringe), die weste van Switserland en die noorde en midde van Italië tot aan die grens met die vorstedom Benevento. Hierdie ryk het net vyftien jaar bestaan omdat dit onder Lotarius se seuns opnuut in drie dele verdeel is. Lotarius I het nooit die suidelike deel van sy ryk aan die suidkant van die Alpe besoek nie. Hy het reeds in 844 sy oudste seun Lodewyk as onderkoning Italië toe gestuur en in April 850 het hy vir hom medekeiser gemaak. [1]

Other Languages
العربية: لوثر الأول
asturianu: Llotariu I
беларуская: Лотар I
беларуская (тарашкевіца)‎: Лётар I
български: Лотар I
brezhoneg: Lotar Iañ
català: Lotari I
Cymraeg: Lothair I
Ελληνικά: Λοθάριος Α΄
English: Lothair I
español: Lotario I
euskara: Lotario I.a
فارسی: لوتار یکم
suomi: Lothar I
français: Lothaire Ier
Gaeilge: Lothair I
galego: Lotario I
Bahasa Indonesia: Lothair I
italiano: Lotario I
日本語: ロタール1世
ქართული: ლოთარ I
Lëtzebuergesch: Lothaire I.
Malagasy: Lothair I
Nederlands: Lotharius I
polski: Lotar I
português: Lotário I
русский: Лотарь I
Scots: Lothair I
srpskohrvatski / српскохрватски: Lotar I, car Svetog Rimskog Carstva
slovenščina: Lotar I. Karolinški
српски / srpski: Лотар I
svenska: Lothar I
українська: Лотар I
West-Vlams: Lotharius I