Litas

Verskeie Litas-munte
Biljet van 100 litas

Die litas (ISO-kode LTL, meestal afgekort as Lt; meervoud litai of litų) was tot 31 Desember 2014 die geldeenheid van Litaue. Dit was opgedeel in 100 centų (genitief; die nominatief meervoud is centai in Litaus).

Die litas is vir die eerste keer in 1922, ná die Eerste Wêreldoorlog, ingevoer toe Litaue sy onafhanklikheid van die Sowjetunie verklaar het, en is op 25 Junie 1993 heringevoer nadat die Sowjet-roebel, wat tydens die besetting van Litaue as amptelike betaalmiddel gedien het, tydelik deur die Litause talonas as 'n oorgangsgeldeenheid vervang is. Die naam is, net soos in die geval van die Letlandse lats, van die landsnaam afgelei.

Tussen 1994 en 2002 was die litas teen 'n vaste wisselkoers van 4,00 litas aan die Amerikaanse dollar gekoppel. Daarna is 'n vaste wisselkoers van 3,4528 Lt met die Europese geldeenheid Euro ingestel. Daar is oorspronklik beplan om die Litas vanaf 1 Januarie 2010 met die Euro te vervang, tog is hierdie omskakeling as gevolg van Litaue se destydse inflasiekoers en die internasionale ekonomiese krisis na die nuwe datum 1 Januarie 2013 verskuif.[1] Met begin van die jaar 2015 het die Euro die litas amptelik vervang.[2]

Other Languages
azərbaycanca: Litva litası
žemaitėška: Lits
беларуская: Літ
беларуская (тарашкевіца)‎: Летувіскі літ
български: Литовски литас
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: লিথুয়ানিয়ান লিটাস
bosanski: Litvanski litas
català: Litas
čeština: Litevský litas
Чӑвашла: Литас
Deutsch: Litas
Ελληνικά: Λίτας
Esperanto: Litova lido
español: Litas lituana
eesti: Leedu litt
français: Litas
Nordfriisk: Litas
עברית: ליטאס
hrvatski: Litavski litas
Bahasa Indonesia: Litas
italiano: Litas lituano
日本語: リタス
ქართული: ლიტვური ლიტი
Кыргызча: Литовтык лит
lietuvių: Litas
latviešu: Lits
македонски: Литвански литас
Bahasa Melayu: Litas Lithuania
Nederlands: Litouwse litas
polski: Lit (waluta)
português: Litas lituano
română: Litas
саха тыла: Литва лита
srpskohrvatski / српскохрватски: Litvanski litas
Simple English: Lithuanian litas
slovenčina: Litovský litas
српски / srpski: Литвански литас
svenska: Litas
тоҷикӣ: Литаи Литва
українська: Литовський лит
Yorùbá: Litas
Bân-lâm-gú: Lietuva litas