Koraalsee

Koraalsee
GreatBarrierReef-EO.JPG
Nasa-Satellietbeeld van die Groot Koraalrif in die Koraalsee
Coral Sea map.png
Kaart van die Koraalsee
Koördinate:18°S 158°O / 18°S 158°O / -18; 158
Ligging:Australië, Nieu-Kaledonië (Frankryk), Papoea-Nieu-Guinee, Salomonseilande, Vanuatu
Soort:See van die Stille Oseaan
Oppervlakte:4 791 000 km² (1 850 000 myl²)
Gemiddelde diepte:2 394 m (7 854 vt)
Maksimum diepte:9 140 m (29 990 vt)
Volume:11 470 000 km³
Invloei:Fly
Eiland/e:Koraalsee-eilande, Nieu-Guinee, Nieu-Kaledonië, Salomonseilande, Vanuatu
Nedersettings:Brisbane (Australië)
Port Moresby (Papoea-Nieu-Guinee)
Ligging van die Koraalsee
Kaart van die Koraalsee-eilande

Die Koraalsee (Engels: Coral Sea, Frans: Mer de Corail) is 'n see aan die rand van die noordoostelike kus van Australië. Dit word begrens in die weste deur die ooskus van Queensland en sluit daarmee saam die Groot Koraalrif in, in die ooste deur Vanuatu en Nieu-Kaledonië en die noorde deur die suidelikste deel van Papoea-Nieu-Guinee en die Salomonseilande.[1] Die Koraalsee grens aan die Salomonssee in die noorde en die Tasmansee in die suide. Die Koraalsee word deur die Torres-straat met die Arafurasee in die noordweste verbind. Die see het 'n oppervlakte van sowat 4 791 000 km².[2]

Die Internasionale Hidrografiese Organisasie beskou die seegebied oos van die Australiese deelstate Nieu-Suid-Wallis, Victoria en Tasmanië as deel van die Tasmansee, terwyl die seegebied oos van Queensland deel van die Koraalsee uitmaak. Die grens tussen Nieu-Suid-Wallis en Queensland dui ook die grens tussen die twee seë aan.

Die belangrikste rivier wat in die Koraalsee uitmond is die Fly. Die belangrikste nedersettings aan die see is Brisbane, die hoofstad van die Australiese deelstaat Queensland en Port Moresby, die hoofstad van Papoea-Nieu-Guinee.

Terwyl die Groot Koraalrif met sy eilande en kaaie aan Queensland behoort, is die meeste riwwe en eilandjies ten ooste daarvan deel van die Koraalsee-eilande se gebied. Verder is sekere van die eilande wes van en wat aan Nieu-Kaledonië behoort ook deel van die Koraalsee-eilande in 'n geografiese sin, soos onder andere die Chesterfield-eilande en die Bellona-riwwe.

Die Koraalseekom is sowat 58 – 48 miljoen jaar gelede gevorm toe die Queensland kontinentale plaat opgelig is en sodoende die Great Dividing Range laat ontstaan het.[3]

Die Koraalsee is ekologies gesproke 'n belangrike bron van koraal vir die Groot Koraalrif.[4]

Other Languages
Alemannisch: Korallenmeer
العربية: بحر المرجان
asturianu: Mar del Coral
azərbaycanca: Mərcan dənizi
تۆرکجه: مرجان دنیزی
башҡортса: Мәрйен диңгеҙе
беларуская: Каралавае мора
беларуская (тарашкевіца)‎: Каралавае мора
български: Коралово море
brezhoneg: Mor Kouralek
bosanski: Koralno more
čeština: Korálové moře
Cymraeg: Môr Cwrel
dansk: Koralhavet
Deutsch: Korallenmeer
English: Coral Sea
Esperanto: Korala Maro
español: Mar del Coral
euskara: Koral itsasoa
français: Mer de Corail
Frysk: Koraalsee
galego: Mar do Coral
हिन्दी: कोरल सागर
hrvatski: Koraljno more
Հայերեն: Կորալյան ծով
Bahasa Indonesia: Laut Karang
Ilokano: Baybay Coral
íslenska: Kóralhaf
italiano: Mar dei Coralli
日本語: 珊瑚海
ქართული: მარჯნის ზღვა
한국어: 산호해
Кыргызча: Коралл деңизи
lietuvių: Koralų jūra
latviešu: Koraļļu jūra
олык марий: Коралл теҥыз
македонски: Корално Море
မြန်မာဘာသာ: သန္တာပင်လယ်
Nederlands: Koraalzee
norsk nynorsk: Korallhavet
ਪੰਜਾਬੀ: ਕੋਰਲ ਸਾਗਰ
پنجابی: کورال سمندر
português: Mar de Coral
română: Marea Coralilor
саха тыла: Коралл байҕала
Scots: Coral Sea
srpskohrvatski / српскохрватски: Koraljno more
Simple English: Coral Sea
slovenčina: Koralové more
српски / srpski: Корално море
svenska: Korallhavet
Türkmençe: Merjen deňzi
Türkçe: Mercan Denizi
українська: Коралове море
oʻzbekcha/ўзбекча: Marjon dengizi
Tiếng Việt: Biển San Hô
Winaray: Dagat Coral
მარგალური: მარჯანიშ ზუღა
ייִדיש: קאראל-ים
中文: 珊瑚海
Bân-lâm-gú: San-ô͘ Hái
粵語: 珊瑚海