Konjunksie (sterrekunde)

’n Konjunksie van Mercurius en Venus bo die Maan, soos gesien vanaf die Paranal-sterrewag in Noord-Chili.

’n Konjunksie in sterrekunde kom voor wanneer twee hemelliggame of ruimtetuie óf dieselfde regte klimming óf dieselfde ekliptiese lengte het, gewoonlik soos van die Aarde af gesien.[1][2] Die skynbare afstand tussen hulle is dus ’n minimum. Die sterrekundige simbool vir konjunksie is ☌ (in Unicode U+260C) en geskryf lyk dit so: Astronomical conjunction symbol.png. Die simbool word nie meer in moderne astronomie gebruik nie, maar wel steeds in astrologie.

’n Konjunksie vind plaas tussen twee voorwerpe in die sonnestelsel of tussen ’n sonnestelsel-liggaam en ’n afgeleë voorwerp soos ’n ster. Dit is ’n skynbare verskynsel wat veroorsaak word deur die waarnemer se perspektief; die twee voorwerpe is nie werklik naby mekaar in die ruimte nie.

Other Languages
فارسی: مقارنه
Bahasa Indonesia: Konjungsi (astronomi)
日本語: 合 (天文)
한국어: 합 (천문학)
Lëtzebuergesch: Konjunktioun (Astronomie)
മലയാളം: അന്തര്യുതി
srpskohrvatski / српскохрватски: Konjunkcija (astronomija)
Türkçe: Kavuşum
українська: Сполучення