Knoet V van Denemarke

Knoet V
Koning van Denemarke
Muntstuk ter ere van Knoet V van Denemarke.
Muntstuk ter ere van Knoet V van Denemarke.
Periode1146–1157
VoorgangerErik III
OpvolgerWaldemar die Grote
HuisEstridsen
VrouHelena van Swede
VaderMagnus die Sterke
GeboreOmstreeks 1125
Oorlede9 Augustus 1157

Knoet V (Deens: Knud V Magnussen; omstreeks 11259 Augustus 1157) was tussen 1146 en 1157 ’n medekoning van Denemarke saam met Sven III en Waldemar die Grote.

Knoet was die seun van koning Niels se seun Magnus die Sterke, wat Sven III se oom, Knoet Lavard, vermoor het.

Bewind

Ná die abdikasie van koning Erik III in 1146, het die magnate van Jutland Knoet as koning gekies. Die volgende paar jaar het hy tevergeefs probeer om sy teenstander Sven III van Seeland te verslaan. ’n Duitse koninklike intervensie het Sven "eerste koning" gemaak met Knoet as medeheerser. In 1154 is Sven se bewind saam deur Knoet en Waldemar I omvergewerp. Ná ’n paar jaar in ballingskap het hy in 1157 met Duitse hulp daarin geslaag om ’n driedubbele verdeling van die koninkryk af te dwing met homself as heerser in Skone.

Op ’n banket (die sogenaamde "Bloedfees" by Roskilde) in 1157 het Sven glo probeer om sy twee teenstanders uit die weg te ruim. Knoet is dood en Waldemar het na Jutland ontsnap.

Other Languages