Kilogram

'n Rekenaar gegenereerde beeld van die Internasionale Prototipe Kilogram (“IPK”). Die IPK is die kilogram. Hier is dit langs 'n duimliniaal geplaas om die skaal te toon. Die IPK is gemaak van 'n platinum-iridiumallooi en word gestoor in 'n kluis by die BIPM in Sèvres, Frankryk. Soos ander prototipes, is die rante van die IPK afgekant op vier hoeke om slytasie te verminder.

Die kilogram (simbool: kg) is die basiseenheid van massa in die internasionale eenheidstelsel (genoem SI-stelsel vanaf die Franse frase, Le Système International d'Unités)) deel van die moderne standaard soos gebruik in die metrieke stelsel. Tot en met 19 Mei 2019, word die kilogram gedefinieer as gelykstaande aan die massa van die Internasionale Prototipe Kilogram[1] (IPK). Die kilogram is oorspronklik in 1795 gedefineer as die massa van een liter (1000 kubieke centimeter) water by die vriespunt van ys.[2][3] Aangesien dit onprakties is vir akkurate metings, is 'n platinumsilinder in 1889 gemaak, en sedertdien as die definisie van die kilogram gebruik. Die massa van hierdie prototipe het egter oor tyd gewissel in vergelyking met replikas wat daarvan gemaak is, wat daartoe gelei het dat die CGPM in 2011 beslis het dat die kilogram toekomstig in terme van die Konstante van Planck gedefinieer moet word. Omdat die tegnologiese middele nog nie gereed was nie, is die finale besluit eers tot 2014 uitgestel, en toe weer tot 2018. Op 16 November 2018[4] is die verandering goedgekeur,[5] en die nuwe definisies sal op 20 Mei 2019 in werking tree.[6][nota 1] Die nuwe definisie van die SI basiseenhede spruit uit 'n herdefinisie van Planck se konstante as presies 6,62607015×10−34 kg⋅m2⋅s−1, sodat die kilogram in terme van die sekonde en die meter gedefinieer word.[7]

Dit is die enigste SI basiseenheid met 'n SI-voorvoegsel deel van die naam. Dit is ook die enigste SI-eenheid wat steeds gedefinieer word as 'n kunsproduk eerder as 'n fundamentele fisiese eienskap wat geproduseer kan word in verskillende laboratoriums.

Notas

  1. Die meterkonvensie is op 20 Mei 1875 in Parys deur 18 lande ondergeteken
Other Languages
Аҧсшәа: Акилограмм
Alemannisch: Kilogramm
aragonés: Kilogramo
العربية: كيلوغرام
অসমীয়া: কিলোগ্ৰাম
asturianu: Quilogramu
Aymar aru: Kilu
azərbaycanca: Kiloqram
башҡортса: Килограмм
žemaitėška: Kėluograms
беларуская: Кілаграм
беларуская (тарашкевіца)‎: Кіляграм
български: Килограм
भोजपुरी: किलोग्राम
བོད་ཡིག: སྟོང་ཁེའུ།
brezhoneg: Kilogramm
bosanski: Kilogram
català: Quilogram
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Gŭng-gṳ̆ng
کوردی: کیلۆگرام
čeština: Kilogram
Чӑвашла: Килограмм
Cymraeg: Cilogram
dansk: Kilogram
Deutsch: Kilogramm
Ελληνικά: Χιλιόγραμμο
English: Kilogram
Esperanto: Kilogramo
español: Kilogramo
eesti: Kilogramm
euskara: Kilogramo
فارسی: کیلوگرم
suomi: Kilogramma
français: Kilogramme
Nordfriisk: Kilogram
furlan: Chilogram
Frysk: Kilogram
Gaeilge: Cileagram
贛語: 公斤
galego: Quilogramo
Avañe'ẽ: Kilogarámo
客家語/Hak-kâ-ngî: Kûng-kîn
עברית: קילוגרם
हिन्दी: किलोग्राम
hrvatski: Kilogram
Kreyòl ayisyen: Kilogram
magyar: Kilogramm
հայերեն: Կիլոգրամ
interlingua: Kilogramma
Bahasa Indonesia: Kilogram
íslenska: Kílógramm
italiano: Chilogrammo
日本語: キログラム
Patois: Kilogram
Basa Jawa: Kilogram
ქართული: კილოგრამი
қазақша: Килограмм
한국어: 킬로그램
къарачай-малкъар: Килограмм
kurdî: Kîlogram
Кыргызча: Килограмм
Latina: Chiliogramma
Lëtzebuergesch: Kilogramm
Limburgs: Kilogram
lumbaart: Chilogram
lingála: Kilogálame
lietuvių: Kilogramas
latviešu: Kilograms
македонски: Килограм
മലയാളം: കിലോഗ്രാം
монгол: Килограмм
Bahasa Melayu: Kilogram
Malti: Kilogramm
မြန်မာဘာသာ: ကီလိုဂရမ်
Plattdüütsch: Kilogramm
नेपाली: किलोग्राम
नेपाल भाषा: किलोग्राम
Nederlands: Kilogram
norsk nynorsk: Kilogram
norsk: Kilogram
occitan: Quilograma
ਪੰਜਾਬੀ: ਕਿਲੋਗ੍ਰਾਮ
polski: Kilogram
پنجابی: کلوگرام
português: Quilograma
Runa Simi: Kilugramu
română: Kilogram
русский: Килограмм
русиньскый: Килограм
संस्कृतम्: किलोग्राम्
sicilianu: Chilugrammu
Scots: Kilogramme
srpskohrvatski / српскохрватски: Kilogram
Simple English: Kilogram
slovenčina: Kilogram
slovenščina: Kilogram
Gagana Samoa: Kilokalama
Soomaaliga: Kiilogaraam
shqip: Kilogrami
српски / srpski: Килограм
Basa Sunda: Kilogram
svenska: Kilogram
Kiswahili: Kilogramu
ślůnski: Kilogram
తెలుగు: కిలోగ్రాము
Tagalog: Kilogramo
Türkçe: Kilogram
українська: Кілограм
اردو: کلوگرام
oʻzbekcha/ўзбекча: Kilogramm
vèneto: Chiłogramo
Tiếng Việt: Kilôgam
Winaray: Kilogramo
吴语: 公斤
ייִדיש: קילאגראם
中文: 千克
文言: 公斤
Bân-lâm-gú: Kong-kin
粵語: 千克