Keulen

Keulen
Cologne Germany Exterior-view-of-Cologne-Cathedral-08.jpg

KaartWapen
Locator map K in Germany.svg
DEU Koeln COA.svg
Vlag
Koeln Flagge.gif
 LandVlag van Duitsland Duitsland
 DeelstaatFlag of North Rhine-Westphalia.svg Noordryn-Wesfale
 Koördinate50°56′N 6°57′O / 50°56′N 6°57′O / 50.933; 6.950
 Stigting50 n.C. Romeinse "colonia"
 Stadstatus1475 (Vrye Ryksstad)
 Oppervlakte: 
 - Totaal405,17 vk km
 Hoogte bo seevlak37,5-118 m
 Bevolking: 
 - Totaal (30 Junie 2017)1 077 611[1]
 - Bevolkingsdigtheid2 659/vk km
 - Metropolitaanse gebied2 500 000
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 Klimaat 
 - TipeGematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur10 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie2,4 / 18,3 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae798 mm
 BurgemeesterHenriette Reker[2]
 Amptelike webwerfwww.stadt-koeln.de

Keulen (Duits: Köln, Frans en Engels: Cologne) is die vierde grootste stad van die Bondsrepubliek Duitsland en die grootste stad van die westelike deelstaat Noordryn-Wesfale. Die stad aan die Ryn gaan terug op 'n Romeinse nedersetting en is met sy meer as 2 000-jarige geskiedenis een van die oudste stede in Duitsland. Sedert 30 Junie 2010 is Keulen die vierde miljoenestad in Duitsland ná Berlyn, Hamburg en München.

Vandag is Keulen die ekonomiese, kulturele en geskiedkundige sentrum van die Rynland. Die Universiteit van Keulen en ander hoëronderwysinstellings het altesaam meer as 85 000 studente. Sy ligging aan die Ryn, die belangrikste Duitse rivier, en by die kruispunt van belangrike handelsroetes maak van Keulen ook 'n eersterangse Europese vervoersentrum. Die stad is naas New York een van die belangrikste sentrums van die internasionale kunshandel.

Vrolikheid word as een van die tipiese Rynlandse eienskappe beskou, en dit vind veral neerslag in Keulen se losbandige Karnavaltyd, wat met die optogte op Rosenmontag sy hoogtepunt bereik. Keulen staan daarnaas bekend as een van die belangrikste sentrums van gay- en lesbiese kultuur in Duitsland. Meer as 175 000 Keulenaars is van buitelandse afkoms, en die stad is dus nog steeds 'n smeltkroes van vele kulture. Keulen huisves een van die grootste Turkse gemeenskappe in Duitsland en is ook die setel van 'n aantal Islamitiese organisasies.

Geografie en klimaat

Keulen se distrikte

Die stadsgebied van Keulen strek oor 405,17 vierkante kilometer, waarvan 230,25 aan die linkeroewer en 174,87 aan die regteroewer van die Ryn. Ten opsigte van sy oppervlak is Keulen na Berlyn en Hamburg die derde grootste stad van Duitsland.

Die hoogste punt in die Königsforst lê 118,04 meter bo seevlak, die laagste in die Worringer Bruch 37,5 meter bo seevlak.

Keulen lê in die sogenaamde Keulense Bekken (Duits: Kölner Bucht), 'n vallei tussen die heuwels van die Bergische Land en die Eifel, wat deur klimatiese besonderhede gekenmerk word:

  • Aangesien die Eifel-gebergte 'n soort versperring vorm, lê Keulen (en veral sy linkeroewer) in die reënskadu van westelike winde. Warm valwinde kom hier gereeld voor.
  • Die lug in die bekken word meer verwarm as dié van die omgewing, en die middestad van Keulen word as die warmste plek in Duitsland nog voor Freiburg im Breisgau beskou. Die verdamping van Rynwater veroorsaak hoë lugvogtigheid en lei in die somer dikwels tot bedompige weer met donderbuie.

Die metropolitaanse gebied van Keulen lê in die oorgangsgebied van gematigde see- en kontinentale klimaat met koel winters (die gemiddelde temperatuur in Januarie is 2,4 °C) en gematigde somers (met 'n gemiddelde temperatuur van 18,3 °C in Julie). Die gemiddelde jaarlikse neerslag is 798 millimeter.

Weergegewens vir Keulen/Bonn Lughawe, Duitsland vir 1981–2010
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Hoogste maksimum (°C) 16,2 20,7 25,0 29,0 32,4 36,8 37,2 38,8 31,7 27,6 18,7 16,6 38,8
Gemiddelde maksimum (°C) 5,4 6,7 10,9 15,1 19,3 21,9 24,4 24,0 19,8 15,1 9,5 5,9 14,8
Gemiddelde temperatuur (°C) 2,6 2,9 6,3 9,7 14,0 16,6 18,8 18,1 14,5 10,6 6,3 3,3 10,33
Gemiddelde minimum (°C) -0,6 -0,7 2,0 4,2 8,1 11,0 13,2 12,6 9,8 6,7 3,1 0,4 5,8
Laagste minimum (°C) −23,4 −19,2 −12,0 −8,8 −2,2 1,4 2,9 1,9 0,2 −6,0 −10,4 −16,0 −23,4
Neerslag (mm) 60,4 46,6 62,5 50,5 72,4 87,6 86,0 65,3 69,3 61,7 63,2 70,7 796
Bron: Temperatuur: Deutscher Wetterdienst[3] Neerslag: Weatherchannel[4]
Other Languages
Alemannisch: Köln
አማርኛ: ኮልን
العربية: كولونيا
azərbaycanca: Köln
تۆرکجه: کولن
Boarisch: Köln
žemaitėška: Kiolns
беларуская: Кёльн
беларуская (тарашкевіца)‎: Кёльн
български: Кьолн
brezhoneg: Köln
bosanski: Köln
нохчийн: Кёльн
کوردی: کۆلن
kaszëbsczi: Kôln
Cymraeg: Cwlen
dansk: Köln
Deutsch: Köln
Zazaki: Köln
dolnoserbski: Köln
Ελληνικά: Κολωνία
emiliàn e rumagnòl: Culògna
English: Cologne
Esperanto: Kolonjo
eesti: Köln
estremeñu: Colonia
فارسی: کلن
suomi: Köln
français: Cologne
Nordfriisk: Köln
Frysk: Keulen
Gaeilge: Köln
Gàidhlig: Köln
Gaelg: Koloin
Hausa: Köln
客家語/Hak-kâ-ngî: Cologne
עברית: קלן
हिन्दी: कोलोन
hrvatski: Köln
hornjoserbsce: Köln
magyar: Köln
Հայերեն: Քյոլն
interlingua: Colonia
Bahasa Indonesia: Köln
Interlingue: Köln
Ido: Köln
íslenska: Köln
日本語: ケルン
Basa Jawa: Köln
ქართული: კელნი
Taqbaylit: Köln
қазақша: Кёльн
ಕನ್ನಡ: ಕಲೋನ್
한국어: 쾰른
Ripoarisch: Kölle
kurdî: Köln
Кыргызча: Көльн
Lëtzebuergesch: Köln
Lingua Franca Nova: Köln
Limburgs: Kölle
Ligure: Colonia
lumbaart: Colonia
lietuvių: Kelnas
latviešu: Ķelne
олык марий: Кёльн
македонски: Келн
മലയാളം: കൊളോൺ
монгол: Кёльн
मराठी: क्योल्न
кырык мары: Кӧльн
Bahasa Melayu: Cologne
မြန်မာဘာသာ: ကိုလုံးမြို့
Plattdüütsch: Köln
Nedersaksies: Keulen
Nederlands: Keulen (stad)
norsk nynorsk: Köln
norsk: Köln
occitan: Colonha
Ирон: Кёльн
ਪੰਜਾਬੀ: ਕਲਨ
Kapampangan: Cologne
Piemontèis: Colònia
پنجابی: کلون
Runa Simi: Köln
română: Köln
русский: Кёльн
sardu: Colonia
sicilianu: Culonia
Scots: Cologne
سنڌي: ڪولون
srpskohrvatski / српскохрватски: Köln
Simple English: Cologne
slovenčina: Kolín nad Rýnom
slovenščina: Köln
shqip: Këlni
српски / srpski: Келн
Seeltersk: Köln
svenska: Köln
Kiswahili: Köln
ślůnski: Köln
தமிழ்: கோல்ன்
తెలుగు: కొలోన్
ไทย: โคโลญ
Tagalog: Cologne
Türkçe: Köln
татарча/tatarça: Көлн
chiTumbuka: Cologne
Twi: Köln
удмурт: Кёльн
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: Kolon
українська: Кельн
oʻzbekcha/ўзбекча: Kyoln
vepsän kel’: Köl'n
Tiếng Việt: Köln
Volapük: Köln
Winaray: Colonia
吴语: 科隆
ייִדיש: קעלן
中文: 科隆
Bân-lâm-gú: Köln