Kelkblaar

Die kelkblare van Alcea rosea.

Kelkblare is die deel van blomplante wat die blomknop beskerm. [1] Dit is gewoonlik groen. Die kelkblare van ’n plant word saam die blomkelk genoem.

Beskrywing

Nadat ’n plant geblom het, het die blomkelk meestal geen funksie meer nie en verkrimp dit. Sommige plante behou ’n doringagtige blomkelk, wat óf lewend óf verdroog kan wees, om die vrug of saad te beskerm, soos by die spesies van Acaena of Solanaceae. Soms begin die blomkelk groei nadat die blomme uitgekom het en vorm ’n blaasagtige huls om die vrug om dit teen insekte en voëls te beskerm, soos by die Hibiscus trionum en die appelliefie.

Beide kelk- en kroonblare is aangepaste blare. Laasgenoemde omring die voortplantingsdele van blomme en lok insekte met hul helder kleure. Al die kroonblare van ’n blom word saam die blomkroon genoem. Die blomkelk en blomkroon vorm saam die blomdek. [2]

Wanneer die kroon- en kelkblare moeilik van mekaar onderskei kan word, word dit saam die blomdekblare genoem. Voorbeelde van plante waar van blomdekblare gepraat word, is genera soos Aloe en Tulipa. In teenstelling daarmee het genera soos Rosa en Phaseolus kroon- en kelkblare wat goed onderskeibaar is.

Die ontwikkeling en vorm van die kelkblare verskil van plant tot plant. [3] Hulle kan losstandig of saamgesmelt wees. [1]

Other Languages
العربية: كأس الزهرة
asturianu: Sépalu
беларуская: Чашалісцік
català: Sèpal
Cebuano: Hua'e
dansk: Bægerblad
Deutsch: Kelchblatt
dolnoserbski: Keluchowe łopjenko
English: Sepal
Esperanto: Sepalaro
español: Sépalo
eesti: Õietupp
euskara: Sepalo
estremeñu: Sépalu
فارسی: کاسبرگ
français: Sépale
Gaeilge: Seipeal
galego: Sépalo
עברית: עלי גביע
hornjoserbsce: Keluškowe łopješko
Bahasa Indonesia: Kelopak bunga
Ido: Sepalo
italiano: Sepalo
日本語:
Basa Jawa: Kelopak kembang
한국어: 꽃받침
Latina: Sepalum
lumbaart: Sépal
lietuvių: Taurėlapis
македонски: Чашкино ливче
മലയാളം: വിദളം
Bahasa Melayu: Sepal
Plattdüütsch: Kelkblatt
norsk nynorsk: Begerblad
norsk: Begerblad
occitan: Sepal
português: Sépala
română: Sepală
русский: Чашелистик
Scots: Sepal
srpskohrvatski / српскохрватски: Čašica (botanika)
Simple English: Sepal
Türkçe: Çanak yaprak
українська: Чашолисток
Tiếng Việt: Lá đài
中文: 花萼