Katrol

Katrolle wat op 'n skip gebruik word. Die katrolle word hier saamgestel om 'n takelblok te maak.

'n Katrol is 'n wiel met 'n groef of gleuf aan sy kant om 'n tou, 'n kabel of 'n band daarom te kan span. Katrolle word gewoonlik saam in stelle gebruik om die hoeveelheid krag wat benodig word om 'n gewig op te tel te verminder. Dieselfde hoeveelheid werk word egter vereis om 'n vrag dieselfde hoogte op te lig as wat it sou vereis het sonder die katrolle. Die grootte van die krag word wel verminder maar die krag moet oor 'n groter afstand toegepas word. Die krag wat benodig word om 'n gewig op te tel kan rofweg bereken word deur die gewig van die las gedeel deur die aantal katrolle. Hoe meer katrolle daar is hoe minder doeltreffend word die stelsel as gevolg van wrywing tussen die tou en die katrolle. Katrolle is een van die ses eenvoudige masjiene.

Daar is nie opgeteken presies wanneer die katrol eerste ontwikkel is nie, maar daar word geglo dat Archimedes die eerste takelblok katrolstelsel ontwikkel het na aanleiding van geskrifte deur Plutarchus.

Soorte katrolle

Vaste katrol
Bewegende katrol
  • Vaste katrolle met 'n vaste as. 'n Vaste katrol word gebruik om die krag in 'n tou of band se rigting te verander. 'n Vaste katrol het 'n meganiese voordeel van 1.
  • Bewegende katrolle het 'n vrybewegende as. 'n Bewegende katrol word gebruik om kragte om te skakel. 'n Bewegende katrol het 'n meganiese voordeel van 2. Dit wil sê as een kant van die tou geanker word dat die krag wat op die voorwerp wat aan die bewegende katrol verbind is dubbel die krag sal ervaar wat op die ander kant van die tou toegepas word.
  • Saamgestelde katrolle is 'n kombinasie van vaste en bewegende katrolle.
    • Takelblokke is 'n soort saamgestelde katrolstelsel waar verskeie katrolle op elke as gemonteer word om die meganiese voordeel sodoende verder te vermeerder. Plutarchus het vertel hoe Archimedes 'n oorlogskip volgelaai met manskappe op eie houtjie geskuif het deur van saamgestelde katrolle gebruik te maak.


Other Languages
አማርኛ: በከራ
aragonés: Carrucha
العربية: بكرة
asturianu: Polea
azərbaycanca: Blok
Bikol Central: Moton
беларуская: Блок (механіка)
беларуская (тарашкевіца)‎: Блёк
български: Макара
Bahasa Banjar: Takal
bosanski: Čekrk
català: Corriola
čeština: Kladka
Cymraeg: Pwli
Ελληνικά: Τροχαλία
English: Pulley
Esperanto: Pulio
español: Polea
eesti: Rihmaratas
euskara: Polea
suomi: Talja
français: Poulie
Gaeilge: Ulóg
galego: Polea
עברית: גלגלת
हिन्दी: घिरनी
hrvatski: Kolotura
Kreyòl ayisyen: Pouli
magyar: Csiga (gép)
Bahasa Indonesia: Katrol
Ido: Pulio
íslenska: Talía
italiano: Carrucola
日本語: 滑車
Patois: Puli
қазақша: Шкив
ಕನ್ನಡ: ರಾಟೆ
한국어: 도르래
Latina: Trochlea
lietuvių: Skridinys
latviešu: Trīsis
македонски: Чекрк
മലയാളം: കപ്പി
Bahasa Melayu: Kapi
မြန်မာဘာသာ: စက်သီး
नेपाली: घिर्नी
Nederlands: Katrol
norsk nynorsk: Trinse
norsk: Trinse
occitan: Carrèla
português: Polia
Runa Simi: Phiruru
română: Scripete
sicilianu: Cùrrula
Scots: Pulley
srpskohrvatski / српскохрватски: Čekrk
Simple English: Pulley
slovenčina: Kladka
slovenščina: Škripec
српски / srpski: Чекрк
தமிழ்: கப்பி
ತುಳು: ರಾಟೆ
ไทย: รอก
Tagalog: Kalo
українська: Блок (механіка)
Tiếng Việt: Ròng rọc
Winaray: Mutón
中文: 滑轮
文言: 滑輪
Bân-lâm-gú: Ka-lak
粵語: 轤轆