Katalonië

Catalunya
Catalonha
Katalonië
Flag of Catalonia.svgCoat of Arms of Catalonia.svg
VlagWapen
Volkslied: Els Segadors
Localización de Cataluña.svg
HoofstadBarcelona

41°23′N 2°11′O / 41°23′N 2°11′O / 41.383; 2.183

Amptelike TaleKatalaans, Spaans
en Aranees (Oksitaans)
Oppervlak
 – Totaal
 – % van Spanje
Rang 6de
 32 108[1] km²
 6,3%
Bevolking
 – Totaal (2016)
 – % van Spanje
 – Digtheid
Rang 2de
 7 522 596[1]
 16%
 240/km²
Inwonersnaam
 – Afrikaans
 – Spaans
 – Katalaans

 Katalaan
 catalán (m); catalana (v)
 català (m); catalana (v)
Statuut van
Outonomiteit
9 September 1932
18 September 1979
huidig: 9 Augustus 2006
Parlementêre
verteenwoordiging

 – Kongressetels
 – Senaatsetels


 47 afgevaardigdes (van 350)
 16 senatore (van 264)
PresidentJoaquim Torra i Pla (JxCat)
ISO 3166-2ES-CT
Generalitat de Catalunya

Katalonië (Katalaans: Catalunya [kətəˈluɲə] of [kataˈluɲɛ]; Aranees en Oksitaans: Catalonha [kataˈluɲɔ], Spaans: Cataluña [kataˈluɲa]) is een van die outonome gemeenskappe van Spanje. Dit grens aan Frankryk en Andorra in die noorde, Aragon in die weste, en Valencia in die suide. In die ooste word dit begrens deur 'n 580 km kuslyn met die Middellandse See.

Buite die katedraal van Barcelona kom verbygangers byeen vir 'n spontane sardana, 'n tradisionele dans wat uitdrukking gee aan Katalane se nasionale trots en samehorigheidsgevoel

Die Gemeenskap se grondgebied kom ooreen met dié van die historiese gebied van die voormalige Prinsdom van Katalonië en die hoofstad en grootste stad is Barcelona. Die outonome gemeenskap van Katalonië beslaan 'n oppervlak van 32 108 km² met 'n amptelike bevolking van 7 565 603 (2012) waarvan immigrante 'n geskatte 12,3% uitmaak.

Die gebiede, waarna vandag as Katalaanse Lande (Països Catalans) verwys word, het reeds in die antieke tydperk sekere kenmerke gedeel voordat hulle vanaf die Middeleeue 'n maatskaplike, ekonomiese en kulturele eenheid begin vorm het. Die Mediterreense kuslyn was die geografiese element wat hulle met mekaar verbind het; die hoogplato in die sentrum van die Iberiese Skiereiland was hul gemeenskaplike grens teen die naburige Kastilië.[2]

Katalane verwys na hul land dikwels as 'n terra de pas, 'n deurgangsland, histories geleë tussen twee groter moondhede, Frankryk en Spanje, langs 'n roete wat dié twee lande oor eeue heen met mekaar verbind het. 'n Verskeidenheid beskawings en mense het hul spore gelaat, van Kelte, die Kartagiese veldheer Hannibal met 'n strydmag wat 2 200 olifante ingesluit het, en Romeine tot migrante uit Afrika en Asië wat tans werk kom soek in Katalonië se florerende vrugtebedryf rondom Lleida, die grootste stad in die binneland.[3]

Die toekomstige politieke status van Katalonië sal moontlik deur die snelgroeiende Katalaanse onafhanklikheidsbeweging bepaal word.[4] Die Spaanse bewind se optrede teen die beweging en die inhegtenisneming van Katalaanse regeringslede is onder meer deur die gewese president van Brasilië, Dilma Roussef, openlik gekritiseer. Roussef het Katalonië se reg op selfbestemming beklemtoon.[5]

Other Languages
Alemannisch: Katalonien
አማርኛ: ካታሎኒያ
aragonés: Catalunya
العربية: كتالونيا
ܐܪܡܝܐ: ܩܛܠܘܢܝܐ
asturianu: Cataluña
azərbaycanca: Kataloniya
تۆرکجه: کاتالونیا
башҡортса: Каталония
Boarisch: Katalonien
žemaitėška: Kataluonėjė
Bikol Central: Katalunya
беларуская: Каталонія
беларуская (тарашкевіца)‎: Каталёнія
български: Каталония
भोजपुरी: कैटालोनिया
brezhoneg: Katalonia
bosanski: Katalonija
буряад: Каталони
català: Catalunya
нохчийн: Каталони
Cebuano: Katalunya
کوردی: کەتەلۆنیا
corsu: Catalunia
čeština: Katalánsko
kaszëbsczi: Katalońskô
Cymraeg: Catalwnia
dansk: Catalonien
Deutsch: Katalonien
Zazaki: Katalonya
dolnoserbski: Kataloniska
Ελληνικά: Καταλονία
English: Catalonia
Esperanto: Katalunio
español: Cataluña
eesti: Kataloonia
estremeñu: Cataluña
فارسی: کاتالونیا
suomi: Katalonia
Võro: Kataloonia
français: Catalogne
Nordfriisk: Kataloonien
Frysk: Kataloanje
Gaeilge: An Chatalóin
Gàidhlig: Catalòinia
galego: Cataluña
Avañe'ẽ: Katalúña
Hausa: Katalunya
客家語/Hak-kâ-ngî: Catalunya
עברית: קטלוניה
हिन्दी: कैटलोनिया
hrvatski: Katalonija
hornjoserbsce: Katalanska
Kreyòl ayisyen: Kataloy
magyar: Katalónia
հայերեն: Կատալոնիա
interlingua: Catalonia
Bahasa Indonesia: Catalunya
Interlingue: Catalonia
íslenska: Katalónía
italiano: Catalogna
Basa Jawa: Catalunya
ქართული: კატალონია
Qaraqalpaqsha: Kataloniya
Taqbaylit: Katalunya
қазақша: Каталония
한국어: 카탈루냐
къарачай-малкъар: Каталония
kurdî: Katalonya
kernowek: Kataloni
Кыргызча: Каталония
Latina: Catalaunia
Ladino: Katalunya
Lëtzebuergesch: Katalounien
Lingua Franca Nova: Catalunia
Limburgs: Catalonië
Ligure: Catalogna
lumbaart: Catalògna
lietuvių: Katalonija
latviešu: Katalonija
Māori: Catalonia
македонски: Каталонија
മലയാളം: കാറ്റലോണിയ
Bahasa Melayu: Catalonia
مازِرونی: کاتالونیا
Nederlands: Catalonië
norsk nynorsk: Catalonia
norsk: Catalonia
Novial: Katalunia
Nouormand: Catalongne
Livvinkarjala: Katalunii
ਪੰਜਾਬੀ: ਕਾਤਾਲੋਨੀਆ
Kapampangan: Catalonia
Picard: Catalongne
polski: Katalonia
پنجابی: کیتلونیا
português: Catalunha
Runa Simi: Katalunya
română: Catalonia
tarandíne: Catalogna
русский: Каталония
sardu: Catalugna
sicilianu: Catalugna
Scots: Catalonie
davvisámegiella: Katalonia
srpskohrvatski / српскохрватски: Katalonija
Simple English: Catalonia
slovenčina: Katalánsko
slovenščina: Katalonija
Soomaaliga: Katalooniya
shqip: Katalonia
српски / srpski: Каталонија
Seeltersk: Katalonien
svenska: Katalonien
Kiswahili: Catalonia
ślůnski: Katalůńijo
Türkmençe: Kataloniýa
Tagalog: Cataluña
Türkçe: Katalonya
татарча/tatarça: Каталония
reo tahiti: Tatarūnia
удмурт: Каталония
українська: Каталонія
oʻzbekcha/ўзбекча: Kataloniya
vèneto: Catełogna
Tiếng Việt: Catalunya
West-Vlams: Catalonië
Volapük: Katalonän
walon: Catalogne
Winaray: Catalunya
მარგალური: კატალონია
ייִדיש: קאטאלאניע
Bân-lâm-gú: Catalunya