Kanker

Kanker
Klassifikasie en eksterne bronne
’n CT-skandering wys ’n mesotelioom (gewas aan die longvliese. Sleutel: → gewas ←, ✱ oormaat vloeistof in die een long, 1 & 3 longe, 2 ruggraat, 4 ribbes, 5 aorta, 6 milt, 7 & 8 niere, 9 lewer.
’n CT-skandering wys ’n mesotelioom (gewas aan die longvliese. Sleutel: → gewas ←, ✱ oormaat vloeistof in die een long, 1 & 3 longe, 2 ruggraat, 4 ribbes, 5 aorta, 6 milt, 7 & 8 niere, 9 lewer.
ICD-100097
ICD-9140239
DiseasesDB28843
MedlinePlus  001289
MeSHD009369
Star of life caution.svg Mediese waarskuwing

Kanker (Latyn: neoplasma malignum) is 'n versameling van siektes waar selle onbeheersde groei toon.

Kanker is die versamelnaam vir ʼn groot aantal siektes wat gekenmerk word deur die onbeheerde groei van selle. Die siektes gaan in byna alle gevalle gepaard met die vorming van kankergewasse of tumors.

Die verskillende tipes kanker word ingedeel volgens die weefselsoort of die orgaan waarin dit sy oorsprong het. Die ongehinderde groei van die selle van 'n kankergewas lei daartoe dat die gewas deur die normale anatomiese grense breek en daardeur normale weefsel verdruk en so na ander dele van die liggaam versprei.

Daar bestaan oortuigende bewyse dal kanker ontstaan deur veranderinge in die erflike materiaal (die DNS) van normale liggaamselle. Sulke veranderinge kan eerstens plaasvind vanweë spontane mutasies of mutasies wat veroorsaak word deur faktore soos straling of kontak met sekere chemiese stowwe (karsinogene stowwe). Tweedens kan dit plaasvind deur infeksie met sekere virusse wat oor die vermoë beskik om van hul eie erflike materiaal by die van die sel in te las en daardeur 'n transformasie in die sel te bewerkstellig.

Die basiese prosesse waardeur die transformasie van ʼn gewone sel na 'n kankersel plaasvind, bly egter nog steeds grotendeels onbekend. Volgens die immunologiese benadering ten opsigte van die ontstaan van kanker kry nuut gevormde kankerselle die geleentheid om te groei en in 'n gewas te ontwikkel wanneer die immunologiese verdedigingsmeganisme van die liggaam in gebreke bly om die getransformeerde kankerselle as vreemd te herken en te elimineer.

Hierdie benadering kan uiteindelik lei tot nuwe behandelingsmetodes wat op die stimulering van die liggaam se beskermingsmeganisme gegrond is. Tans is die beste behandeling vir kanker gewoonlik die vroegtydige en algehele verwydering van die gewas deur chirurgie. Die voorkoming van kanker (deur op te hou rook of deur die vermyding van kontak met enige kankerverwekkende stowwe) en die opsporing van die siekte (onder meer deur massale bevolkingsondersoeke) is van die grootste belang.

Other Languages
Alemannisch: Krebs (Medizin)
አማርኛ: ካንሰር
aragonés: Cáncer
العربية: سرطان
ܐܪܡܝܐ: ܬܠܗܝܐ
مصرى: سرطان
অসমীয়া: কৰ্কট ৰোগ
asturianu: Cáncanu
azərbaycanca: Xərçəng xəstəliyi
تۆرکجه: سرطان
башҡортса: Яман шеш
žemaitėška: Viežīs (lėga)
беларуская (тарашкевіца)‎: Рак (захворваньне)
български: Рак (болест)
भोजपुरी: कैंसर
བོད་ཡིག: འབྲས་སྐྲན།
brezhoneg: Krign-bev
bosanski: Rak (bolest)
català: Càncer
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Ngàng
کوردی: شێرپەنجە
čeština: Rakovina
Cymraeg: Canser
dansk: Kræft
Zazaki: Qanser
डोटेली: कर्कट रोग
ދިވެހިބަސް: ކެންސަރު
Ελληνικά: Καρκίνος
English: Cancer
Esperanto: Kancero
español: Cáncer
euskara: Minbizi
estremeñu: Cancru
فارسی: سرطان
suomi: Syöpä
Võro: Vähktõbi
français: Cancer
Nordfriisk: Kreeft
Frysk: Kanker
Gaeilge: Ailse
贛語:
Gàidhlig: Aillse
galego: Cancro
Avañe'ẽ: Akytã'ai
Gaelg: Kahngyr
Hausa: Sankara
客家語/Hak-kâ-ngî: Ngàm
हिन्दी: कर्कट रोग
Fiji Hindi: Cancer
hrvatski: Rak (bolest)
Kreyòl ayisyen: Kansè
հայերեն: Քաղցկեղ
interlingua: Cancere
Bahasa Indonesia: Kanker
Ilokano: Kanser
Ido: Kancero
íslenska: Krabbamein
日本語: 悪性腫瘍
Patois: Kiansa
Basa Jawa: Kanker
ქართული: სიმსივნე
қазақша: Қатерлі ісік
한국어:
kurdî: Şêrpence
Luganda: Kokolo
Limburgs: Kaanker
lietuvių: Vėžys (liga)
македонски: Рак (болест)
മലയാളം: അർബുദം
монгол: Хорт хавдар
मराठी: कर्करोग
Bahasa Melayu: Barah
မြန်မာဘာသာ: ကင်ဆာရောဂါ
Nedersaksies: Kaanker
नेपाली: क्यान्सर
नेपाल भाषा: क्यान्सर
Nederlands: Kanker
norsk nynorsk: Kreft
norsk: Kreft
occitan: Càncer
ଓଡ଼ିଆ: କର୍କଟ ରୋଗ
ਪੰਜਾਬੀ: ਕੇਂਸਰ
Kapampangan: Cancer
پنجابی: سرطان
پښتو: سرطان
português: Câncer
Runa Simi: Apanqara unquy
română: Cancer
русиньскый: Раковіна
संस्कृतम्: कर्कटरोगः
Scots: Cancer
سنڌي: ڪينسر
davvisámegiella: Boras
srpskohrvatski / српскохрватски: Kancer
සිංහල: පිළිකා
Simple English: Cancer
slovenčina: Zhubný nádor
slovenščina: Rak (bolezen)
Soomaaliga: Kansar
shqip: Kanceri
српски / srpski: Рак (болест)
Basa Sunda: Kangker
svenska: Cancer
Kiswahili: Saratani
తెలుగు: కాన్సర్
Tagalog: Kanser
Tok Pisin: Kensa
Türkçe: Kanser
Xitsonga: Fukuzana
татарча/tatarça: Яман шеш
українська: Злоякісна пухлина
oʻzbekcha/ўзбекча: Saraton (kasallik)
vèneto: Càncaro
Tiếng Việt: Ung thư
Winaray: Kanser
吴语:
მარგალური: კიბო
ייִדיש: קענסער
Vahcuengh: Bingh'aizcwng
中文: 癌症
文言:
Bân-lâm-gú: Gâm
粵語: