Kanji

Kanji
Twee bladsye uit die Nihonshoki jindai kan (Kroniek van Japan).
Twee bladsye uit die Nihonshoki jindai kan (Kroniek van Japan).
Soort skryfstelselLogogram
TaleOudjapannees en Japannees
Tydperksedert 500
VoorloperOrakelbeenskrif
  • Seëlskrif
    • Klerikale skrif
      • Gereelde skrif (Kaisju)
Verwante skryfstelselsHanja, Zhuyin, Vereenvoudigde Chinees, Nom, Khitan, Jurchen
RigtingLinks-regs
ISO 15924Hani, 500
Unicode aliasHan
NotaHierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat

(漢字) is die Chinese karakters wat in die moderne Japannese logografiese skryfstelsel te same met die lettergreepskrifte hiragana (平仮名), katakana (片仮名), en die Arabiese syfers gebruik word. Tussen 5000 en 10 000 kanji word gebruik om Japannees te skryf. In 'n poging om dit makliker te maak om Japannees te lees en skryf het die Japanse regering in 1981 die jōyō kanji hyō (Lys van Chinese Karakters vir Algemene Gebruik) ingevoer. Dit gebruik 1 945 gewone karakters en 166 spesiale karakters wat gebruik word om mense se name mee te skryf.

Chinese karakters is in die 4de eeu via die Koreaanse Skiereiland na Japan ingevoer[1] en die woord kanji (漢字) is die Japannese weergawe van die Chinese woord hànzì, wat letterlik "Han-karakters" beteken. Han verwys na die Han-dinastie (206v.C – 220n.C.) en is die naam wat die Chinese gebruik om na hulleself te verwys.[2]

Toe die Japannese die Chinese karakters aangeneem het, het hulle ook talle Chinese woorde geleen en vandag is omtrent die helfte van die Japannese woordeskat uit Chinees afkomstig.[2] Aangesien Japannees en Chinees taalkundig heelwat van mekaar verskil was die Chinese karakters nie ideaal vir die skryf van Japannees nie. Dit het tot 'n aantal aanpassings gelei benewens die leen van Chinese woorde. Chinese karakters wat vir hulle betekenisse gebruik is in werkwoorde en selfstandigenaamwoorde is aangevul met grammatiese elemente van die Japannese taal wat foneties geskryf is. Met die tyd saam is dié karakters wat vir hulle fonetiese waarde gebruik is vereenvoudig wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van twee lettergreepgeoriënteerde skrifte, hiragana en katakana, waarin elke karakter 'n lettergreep voorstel.[1] Verder word dieselfde Japannese kanji gebruik om beide Chinees-Japannese woorde en hulle inheemse Japannese ekwivalent te skryf volgens twee die 音読み onyomi (of kortweg "on") of fonetiese lesing en die 訓読みkunyomi ("kun") of verklarende lesing.[1][3]

Geskiedenis

In die begin van die eerste millennium het die Japannese nie oor hulle eie skryfstelsel beskik nie. Interaksie met die Chinese het gelei tot die aanneming van Chinese instellings en gebruike. Chinese karakters is in die 4de eeu via die Koreaanse Skiereiland na Japan ingevoer.[1] Toe die Japannese die Chinese karakters aangeneem het, het hulle ook talle Chinese woorde geleen en vandag is omtrent die helfte van die Japannese woordeskat uit Chinees afkomstig. Dieselfde Japannese kanji word gebruik om beide Chinees-Japannese woorde en hulle inheemse Japannese ekwivalent te skryf.[2]

Aangesien Japannees en Chinees taalkundig heelwat van mekaar verskil was die Chinese karakters nie ideaal vir die skryf van Japannees nie. Dit het gelei tot 'n interessante stelsel waarvolgens Chinese karakters vir hulle betekenisse gebruik is en dieselfde karakters beide Chinese en Japannese woorde voorstel. Grammatiese elemente van die Japannese taal is egter foneties geskryf. Met die tyd saam is dié karakters wat vir hulle fonetiese waarde gebruik is vereenvoudig wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van twee lettergreepgeoriënteerde skrifte, hiragana en katakana, waarin elke karakter 'n lettergreep voorstel.[1]

Die kanji karakters wat vir die betekenis wat dit dra gebruik word kon op twee verskillende maniere uitgespreek word: die 音読み onyomi (of kortweg "on") of fonetiese lesing en die 訓読みkunyomi ("kun") of verklarende lesing. Die "on" lesings is losweg op die oorspronklike Chinese uitspraak gegrond terwyl die "kun" lesing die Japannese ekwivalent is. Eersgenoemde word tipies gebruik wanneer 'n kanji deel is van 'n samestelling i.e. wanneer ten minste nog een ander kanj gebruik word om die woord te vorm. Laasgenoemde word weer gebruik vir kanji wat op hulle eie staan, as volledige selfstandige naamwoorde of as werkwoordstamme.[1][3]

Other Languages
العربية: كانجي
مصرى: كانچى
অসমীয়া: কাঞ্জি
asturianu: Kanji
azərbaycanca: Kanci
žemaitėška: Kandžė
Bikol Central: Kanji
беларуская: Кандзі
български: Канджи
Bahasa Banjar: Kanji
বাংলা: কাঞ্জি
català: Kanji
Cebuano: Kanji
کوردی: کانجی
čeština: Kandži
Cymraeg: Kanji
dansk: Kanji
Deutsch: Kanji
English: Kanji
español: Kanji
eesti: Kanji
euskara: Kanji
فارسی: کانجی
suomi: Kanji
français: Kanji
galego: Kanji
Gaelg: Kanji
עברית: קאנג'י
हिन्दी: कानजी
hrvatski: Kanji
magyar: Kandzsi
interlingua: Kanji
Bahasa Indonesia: Kanji
íslenska: Kanji
italiano: Kanji
Basa Jawa: Kanji
ភាសាខ្មែរ: កាន់ជិ
Latina: Kanji
Lëtzebuergesch: Kanji
lietuvių: Kandži
latviešu: Kandži
Malagasy: Kanji
македонски: Канџи
Bahasa Melayu: Tulisan Kanji
Nāhuatl: Kanji
Nederlands: Kanji
norsk nynorsk: Kanji
norsk: Kanji
occitan: Kanji
ਪੰਜਾਬੀ: ਕਾਂਜੀ (ਲਿਪੀ)
Papiamentu: Kanji
polski: Kanji
پنجابی: کانجی (لپی)
português: Kanji
română: Kanji
русский: Кандзи
Scots: Kanji
Simple English: Kanji
slovenčina: Kandži
slovenščina: Kandži
српски / srpski: Канџи
Basa Sunda: Kanji
svenska: Kanji
ไทย: คันจิ
Tagalog: Kanji
Türkçe: Kanji
українська: Ієрогліфи (Японія)
اردو: کانجی
Tiếng Việt: Kanji
Winaray: Kanji
ייִדיש: קאנדזשי
中文: 日本汉字
Bân-lâm-gú: Ji̍t-pún Hàn-jī
粵語: 和製漢字