Kalifornië

Deelstaat Kalifornië
Vlag van KaliforniëStaatseël van Kalifornië
Vlag van KaliforniëSeël
Bynaam(e): Golden State
Kaart van die Verenigde State met Kalifornië uitgelig
Amptelike taal(e)Engels
Gesproke taal(e)Engels 60,5%, Spaans 25,8%, en Chinees 2,6%
HoofstadSacramento
Grootste stad Los Angeles
Area 3de in die V.S.
 - Totaal410 000 km2
 - Wydte402,5 km
 - Lengte1 240 km
 - Water20 047 km2
 - % water4,7 %
 - Breedtegraad32°30'N tot 42°N
 - Lengtegraad114°8'W tot 124°24'W
Bevolking 1ste in die V.S.
 - Totaal37 253 956
 - Digtheid90,9/km2
11de in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste puntMount Whitney
4 421 m
 - Gemiddeld880 m
 - Laagste puntBadwater Basin in Death Valley
-86 m
Toetrede tot die Unie 9 September 1850 (31ste)
GoewerneurJerry Brown (D)
Luitenant-GoewerneurGavin Newsom (D)
WetgewerParlement van die Deelstaat Kalifornië (California State Legislature)
 - HoërhuisSenaat van die Deelstaat Kalifornië (California State Senate)
 - LaerhuisHuis van Afgevaardigdes van die Deelstaat Kalifornië (California State Assembly)
V.S. SenatoreDianne Feinstein (D)
Kamala Harris (D)
TydsoneUTC -8 / Somertyd -7
AfkortingsCA US-CA
Webbladwww.ca.gov

Kalifornië (Engels en Spaans: California) is 'n deelstaat aan die suidelike weskus van die Verenigde State van Amerika (VSA). Dit is die grootste deelstaat ten opsigte van sy bevolking van sowat 39,3 miljoen[1] (soos op 1 Januarie 2016) en die derde grootste ten opsigte van sy oppervlak (410 000 vierkante kilometer), na Alaska en Texas. Die staat grens in die ooste aan Nevada, in die noorde aan Oregon, en in die suidooste aan Arizona. Die Kaliforniese Kanaaleilande maak ook deel uit van die deelstaat.

Die gebied is deur stamme van die Eerste Nasies bewoon toe Europese ontdekkers die gebied in die 16de eeu geleidelik begin verken het. Die Spaanse navigeerder Juan Rodríguez Cabrillo was die eerste seevaarder wat in 1542 langs die Kaliforniese kus geseil het. Die eerste Spaanse sendingstasie in die gebied van die huidige San Diego is egter eers in 1769 gevestig. Dekades later het Kalifornië met die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog in 1821 die juk van kolonialisme afgeskud en deel van die Eerste Meksikaanse Keiserryk geword.

In die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog tussen 1846 en 1848 het die Meksikane 'n verpletterende neerlaag teen Amerikaanse magte gely. Volgens die Verdrag van Guadalupe Hidalgo is uitgestrekte gebiede in Noord-Meksiko aan die Verenigde State afgestaan. Kalifornië is reeds in 1847 aan Amerikaanse magte onder die bevel van John C. Frémont oorhandig. Op 24 Januarie 1848 het James W. Marshall naby Sutter's Mill goud ontdek. Gedurende die goudstormloop, wat hy ontketen het, het sowat 90 000 setlaars na die gebied gestroom. In 1850 het Kalifornië as 31ste deelstaat by die Verenigde State aangesluit.

Los Angeles, die grootste stedelike nedersetting in Kalifornië, is een van die ekonomies en kultureel magtigste en invloedrykste metropole ter wêreld

Kalifornië was sedertdien een van die vernaamste bestemmings vir immigrante. In 1964 het Kalifornië New York verbygesteek om die mees bevolkte Amerikaanse deelstaat te word. In die 20ste en 21ste eeu het Kalifornië veral nuwe aankomelinge uit Asië, Meksiko en die Stille Oseaangebied ontvang.

Kalifornië het 'n hoogs-ontwikkelde ekonomie, en dit sou as 'n onafhanklike staat met sy bruto geografiese produk die sesde grootste ekonomie ter wêreld wees[2] (die elfde grootste volgens koopkragpariteite[3]). Met 'n bruto binnelandse produk (BBP) van 2,2 biljoen (2 200 miljard) € het die deelstaat in 2015 ondanks sy betreklik kleiner bevolking (39 miljoen) by die Europese Unie se tweede grootste ekonomie, Frankryk (met 'n BBP ter waarde van 2,12 biljoen € en 'n bevolking van 66 miljoen) verbygesteek. Die deelstaat se aandeel aan die VSA se BBP het in 2015 13,9 persent beloop.[4]

Kalifornië het meer as 'n vyfde bygedra tot die Verenigde State se ekonomiese groei sedert 2010 - meer as sy aandeel aan die totale bevolking of nasionale ekonomie.[5] Nogtans is die deelstaat se ekonomie en arbeidsmark kwesbaarder as dié van die hele Verenigde State - die verlies aan werksgeleenthede tydens 'n resessie is groter as die Amerikaanse gemiddeld. Daarenteen groei die Kaliforniese ekonomie vinniger tydens 'n opswaaifase.

Die belangrikste sektore van die plaaslike ekonomie is landbou, die vermaaklikheidsbedryf, ligte nywerhede (waaronder vervoertoerusting, masjienbou en elektronika), biotegnologie, ruimtevaarttegnologie, wapenvervaardiging en toerisme. Enkele streke in die deelstaat word met bepaalde sektore verbind, soos Los Angeles en Hollywood met vermaak; die Central Valley (Sentraalvallei) met landbou; die Silicon Valley met inligtings- en hoëtegnologie (tegnologie- en internetreuse soos Intel, Oracle, Apple, Google en Facebook het hier hulle hoofkwartiere); en die Kaliforniese Wynlande met wynbou. Belangrike natuurlike hulpbronne, wat in die deelstaat aangetref word, sluit hout, olie, sement en natuurgas in.

Kalifornië vorm nie net die Verenigde State se demografiese en ekonomiese swaartepunt nie, maar was en is ook die deelstaat waar kwessies van nasionale belang opgewerp en nuwe leefstyle gevolg word. Die Universiteit van Kalifornië se Berkeley-kampus was in die 1960's die bakermat van die Amerikaanse Free Speech Movement en die stadsbuurt Haight Ashbury in San Francisco het tot 'n mekka van die hippie-beweging ontwikkel. Tans is die deelstaat onder meer 'n nasionale leier op die gebied van alternatiewe energiebronne.

Other Languages
Alemannisch: Kalifornien
አማርኛ: ካሊፎርኒያ
aragonés: California
Ænglisc: California
العربية: كاليفورنيا
asturianu: California
Aymar aru: California suyu
azərbaycanca: Kaliforniya
башҡортса: Калифорния
Boarisch: Kalifornien
žemaitėška: Kalėfuornėjė
Bikol Central: California
беларуская: Каліфорнія
беларуская (тарашкевіца)‎: Каліфорнія
български: Калифорния
Bislama: Kalifornia
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: ক্যালিফোর্নিয়া
brezhoneg: Kalifornia
bosanski: Kalifornija
буряад: Калифорни
català: Califòrnia
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: California
нохчийн: Калифорни
Cebuano: California
Tsetsêhestâhese: California
corsu: California
čeština: Kalifornie
Чӑвашла: Калифорни
Cymraeg: Califfornia
Deutsch: Kalifornien
Zazaki: Kaliforniya
dolnoserbski: Kaliforniska
Ελληνικά: Καλιφόρνια
emiliàn e rumagnòl: Califòrgna
English: California
Esperanto: Kalifornio
español: California
eesti: California
euskara: Kalifornia
فارسی: کالیفرنیا
suomi: Kalifornia
føroyskt: Kalifornia
français: Californie
arpetan: California
Nordfriisk: California
Frysk: Kalifornje
Gaeilge: California
Gagauz: Kaliforniya
Gàidhlig: Calafòrnia
galego: California
Avañe'ẽ: California
Gaelg: California
客家語/Hak-kâ-ngî: California
Hawaiʻi: Kaleponi
עברית: קליפורניה
Fiji Hindi: California
hrvatski: Kalifornija
hornjoserbsce: Kaliforniska
Kreyòl ayisyen: Kalifòni
magyar: Kalifornia
հայերեն: Կալիֆոռնիա
interlingua: California
Bahasa Indonesia: California
Interlingue: California
Iñupiak: California
Ilokano: California
íslenska: Kalifornía
italiano: California
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ/inuktitut: ᑳᓖᐴᕐᓃᐊ
la .lojban.: kalifornias
Basa Jawa: California
ქართული: კალიფორნია
Qaraqalpaqsha: Kaliforniya shtati
Taqbaylit: Kalifurnya
Kabɩyɛ: Kalɩfɔrnii
қазақша: Калифорния
къарачай-малкъар: Калифорния
kurdî: Kalîforniya
kernowek: Kaliforni
Кыргызча: Калифорния
Latina: California
Ladino: Kalifornia
Lëtzebuergesch: Kalifornien
Lingua Franca Nova: California
Limburgs: Californië
Ligure: California
lumbaart: California
لۊری شومالی: کاليفورنيا
lietuvių: Kalifornija
latviešu: Kalifornija
Malagasy: Kalifornia
олык марий: Калифорний
Māori: Karapōnia
македонски: Калифорнија
മലയാളം: കാലിഫോർണിയ
монгол: Калифорни
кырык мары: Калифорни
Bahasa Melayu: California
مازِرونی: کالیفرنیا
Dorerin Naoero: California
Nāhuatl: California
Plattdüütsch: Kalifornien
Nedersaksies: Kalifornië
नेपाल भाषा: क्यालिफोर्निया
Nederlands: Californië
norsk nynorsk: California
norsk: California
occitan: Califòrnia
Pangasinan: California
Kapampangan: California
Papiamentu: California
Picard: Californie
Deitsch: Kalifornie
polski: Kalifornia
Piemontèis: Califòrnia
پنجابی: کیلیفورنیا
português: Califórnia
Runa Simi: California suyu
rumantsch: California
română: California
русский: Калифорния
संस्कृतम्: कालिफ़ोर्निया
саха тыла: Калифорния
sicilianu: California
Scots: Californie
davvisámegiella: Kalifornia
srpskohrvatski / српскохрватски: Kalifornija
Simple English: California
slovenčina: Kalifornia
slovenščina: Kalifornija
Gagana Samoa: Kalefonia
Soomaaliga: Kalifornia
shqip: Kalifornia
српски / srpski: Калифорнија
Seeltersk: Kalifornien
Basa Sunda: Kalifornia
svenska: Kalifornien
Kiswahili: California
ślůnski: Kaliforńijo
tetun: California
тоҷикӣ: Калифорния
Tagalog: California
Türkçe: Kaliforniya
татарча/tatarça: Калифорния (штат)
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: Kaliforniye Shitati
українська: Каліфорнія
oʻzbekcha/ўзбекча: Kaliforniya
vèneto: Całifornia
Tiếng Việt: California
Volapük: Kalifornän
Winaray: California
хальмг: Калифорния
მარგალური: კალიფორნია
ייִדיש: קאליפארניע
Zeêuws: Californië
Bân-lâm-gú: California
isiZulu: California