Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit

Suid-AfrikaKaapse Wynlande
Kaart van Suid-Afrika wat Kaapse Wynlande in Wes-Kaap aandui
ProvinsieWes-Kaap
TipeDistriksmunisipaliteit
Munisipale kodeDC2
Plaaslike munisipaliteiteLangeberg, Breedevallei, Drakenstein, Stellenbosch, Witzenberg
HoofstadWorcester
BurgemeesterNeels de Bruyn (DA)
Grootste taleAfrikaans, Xhosa, Engels
Oppervlakte21 473 km²
Bevolking787 490 (2011)
Map of the Cape Winelands district with local municipalities labelled (2011).svg

Die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit (voorheen bekend as die Boland-distriksmunisipaliteit) is 'n distriksmunisipaliteit in die sentrale Wes-Kaap, wat die dorpe Wellington, Robertson, Ceres, Montagu, De Doorns, Worcester, Wolseley, Tulbagh, Bonnievale, Touwsrivier, Ashton, Franschhoek, Rawsonville, Stellenbosch, die Paarl en McGregor omvat.

Die setel van die munisipaliteit is in Worcester. Die meeste inwoners in die munisipale gebied is Afrikaanssprekend. Die munisipaliteit se kode is DC2.