Johannesburg

Johannesburg
eGoli (xh)
iGoli (zu)
Montage Johannesburg.jpg
Vlag van Johannesburg
Vlag
Wapen van Johannesburg
Wapen
Bynaam: Jo'burg, Jozi, Joni
Egoli ("Plek van Goud"); Gauteng ("Plek van Goud"); Maboneng ("Stad van Lig")
Slagspreuk: Unity in development[1]
(Engels vir: "Eenheid in ontwikkeling")
Ligging van Johannesburg op 'n kaart (Gauteng)
Johannesburg
Johannesburg
 Johannesburg se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°12′16″S 28°2′44″O / 26°12′16″S 28°2′44″O / -26.20444; 28.04556
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Munisipaliteit Stad Johannesburg
Stigting 1886,[2] stadstatus in 1928
Regering
 - Burgemeester Herman Mashaba (DA)
Oppervlak[3]
 - Stad 334,81 km²  (129,3 vk m)
 - Metro 1 644,96 km² (635,1 vk m)
Hoogte 1 753 m (5 751 vt)
Bevolking (2011)[3]
 - Stad 957 441
 - Digtheid 2 860/km² (7 407,4/myl2)
 - Metropolitaans 4 434 827
 - Metrodigtheid 2 700/km² (6 993/vk m)
Rasverdeling (2011)[3]
 • Blank13,9%
 • Indiër/Asiër6,7%
 • Kleurling13,9%
 • Swart64,2%
 • Ander1,3%
Taal (2011)[3]
 • Engels 31,1%
 • Zoeloe 19,6%
 • Afrikaans 12,1%
 • Xhosa 5,2%
 • Ander 31,9%
Poskode (strate) 2001
Poskode (posbusse) 2000
Skakelkode(s) 011
Webwerf: Johannesburg-munisipaliteit

Johannesburg (Xhosa: eGoli, Zoeloe: iGoli, letterlik: "Plek van Goud") is die vernaamste sake- en bevolkingsentrum van Suid-Afrika met 'n oppervlakte van 1 645 vierkante kilometer en 'n bevolking van 4 434 827 in die metropolitaanse gebied volgens die sensus van 2011. Die huidige Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit is 'n polisentriese metropool wat sowat vyfhonderd voorstede en dorpsgebiede insluit – naas die vroeëre stadsgebied ook voorheen onafhanklike munisipaliteite soos Midrand, Sandton en Randburg. Soweto is tans die grootste voorstad en ook die mees uitgestrekte historiese swart woonbuurt.

Die middestad van Johannesburg, soos gesien vanaf die Carlton-sentrum. As gevolg van die "Wit vlug", die verskuiwing van "blanke" besighede na die noordelike voorstede, het die Goudstad se sakekern reeds vanaf die 1980's 'n ingrypende transformasie ondergaan

Johannesburg is nie een van Suid-Afrika se drie hoofstede nie (net Pretoria, Kaapstad en Bloemfontein het besondere status as respektiewelik die regeringshoofstad, parlementsetel en geregtelike hoofstad), maar dit vervul nogtans 'n belangrike administratiewe en geregtelike funksie as die hoofstad van die Gautengprovinsie en setel van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika.

Johannesburg is ook die sentrum van 'n verstedelikte gebied met meer as 8 miljoen inwoners wat van Pretoria in die noorde tot by Vereeniging in die suide strek. Die stad is die derde grootste in Afrika na Kaïro en Lagos, en die enigste in Afrika wat as 'n wêreldstad of global city beskou word, 'n ekonomiese masjienkamer wat die hele Suider-Afrika met die wêreldekonomie verbind – onder meer danksy die plaaslike hoofkantore van mynboureuse en die Johannesburgse Effektebeurs (JEB of JSE) wat op wêreldvlak mededingend is.[4] Met SABMiller en Anglo-American het daarnaas twee multinasionale ondernemings hul oorsprong in die Goudstad.

Johannesburg is net een van ongetelde delwerstede wat êrens op aarde op 'n spesifieke oomblik in die geskiedenis byna oornag ontstaan het. Maar terwyl die meeste van hulle ná 'n relatief kort tydperk as verlate spookdorpe geëindig het sodra hul goudvoorrade uitgeput was, is Johannesburg as Suid-Afrika se laat-Victoriaanse kits- en wonderstad op 'n oorspronklik byna verlate en windverwaaide plato van die Transvaalse Hoëveld tydens die grootste goudstormloop ooit gestig om te bly en 'n meteoriese ekonomiese opgang te beleef nadat Europa se leidende bankhuise die diepvlakmynontwikkeling van die Randse goudmyne begin finansier het.

Ander dinge was en is tydelik. So het Johannesburg, wat sy boukuns betref, nooit na die verlede teruggekyk nie. As een van die snelgroeiendste metropole ter wêreld het Johannesburg dus ook nie geskroom om weg te doen met sy historiese erfenis nie. Historiese geboue moes plek maak vir nuwe wolkekrabbers, terwyl die implementering van die beleid van aparte ontwikkeling vir etniese groepe die sloping van hele woonbuurte soos Sophiatown beteken het.

Vandag is Johannesburg 'n smeltkroes van tale en kulture wat steeds nuwe aankomelinge van dwarsoor Afrika lok. Die stad, wat nege persent van die vasteland van Afrika se bruto geografiese produk oplewer, verseker vir sy inwoners 'n lewenstandaard bo die gemiddelde van Afrika. Sy stadsuitleg met funksionele buurte soos 'n sentrale en noordelike sakedistrik en honderde residensiële voorstede, wat 'n groot verskeidenheid sosio-ekonomiese omgewings en ontwikkelingsvlakke verteenwoordig, sy moderne boukuns en 'n netwerk van snelweë toon baie ooreenkomste met dié van Amerikaanse metropole.[5]

Net soos in New York Stad, een van Johannesburg se tweelingstede, het 'n wye kloof tussen arm en ryk en ander sosiale vraagstukke ook neerslag gevind in hoë misdaadsyfers. Johannesburg is saam met ander Derdewêreldmetropole soos Rio de Janeiro as een van die gevaarlikste stede ter wêreld gereken.[6] Volgens 'n 2018-studie deur Mercer oor die lewenskwaliteit in 231 stede regoor die wêreld het Johannesburg die 95ste plek verwerf, die derde beste in Suid-Afrika net na Durban en Kaapstad.[7]

Inhoud

Other Languages
አማርኛ: ጆሃንስበርግ
العربية: جوهانسبرغ
asturianu: Johannesburgu
azərbaycanca: Yohannesburq
беларуская: Яганэсбург
беларуская (тарашкевіца)‎: Яганэсбург
български: Йоханесбург
brezhoneg: Johannesburg
bosanski: Johannesburg
català: Johannesburg
нохчийн: Йоханнесбург
čeština: Johannesburg
Чӑвашла: Йоханнесбург
Cymraeg: Johannesburg
Deutsch: Johannesburg
English: Johannesburg
Esperanto: Johanesburgo
español: Johannesburgo
euskara: Johannesburgo
føroyskt: Johannesburg
français: Johannesbourg
Gaeilge: Johannesburg
Gàidhlig: Johannesburg
galego: Xohanesburgo
客家語/Hak-kâ-ngî: Johannesburg
עברית: יוהנסבורג
Fiji Hindi: Johannesburg
hrvatski: Johannesburg
magyar: Johannesburg
Bahasa Indonesia: Johannesburg
Interlingue: Johannesburg
íslenska: Jóhannesarborg
italiano: Johannesburg
Basa Jawa: Johannesburg
Kabɩyɛ: Yowanɛsɩbuuri
қазақша: Йоханнесбург
Кыргызча: Йоханнесбург
Lëtzebuergesch: Johannesbuerg
lingála: Johannesburg
lietuvių: Johanesburgas
latviešu: Johannesburga
Malagasy: Johannesburg
олык марий: Йоханнесбург
македонски: Јоханесбург
Bahasa Melayu: Johannesburg
مازِرونی: ژوهانسبورگ
नेपाल भाषा: जोहन्नेस्बर्ग
Nederlands: Johannesburg
norsk nynorsk: Johannesburg
Novial: Johannesburg
Sesotho sa Leboa: Johannesburg
Chi-Chewa: Johannesburg
occitan: Johannesburg
ਪੰਜਾਬੀ: ਜੋਹਾਨਿਸਬਰਗ
Kapampangan: Johannesburg
Deitsch: Johannesburg
polski: Johannesburg
پنجابی: یوہانس برگ
português: Joanesburgo
română: Johannesburg
русский: Йоханнесбург
саха тыла: Йоханнесбург
sicilianu: Johannesburg
srpskohrvatski / српскохрватски: Johannesburg
Simple English: Johannesburg
slovenčina: Johannesburg
slovenščina: Johannesburg
chiShona: Johannesburg
Soomaaliga: Johannesburg
српски / srpski: Јоханезбург
SiSwati: IJohannesburg
svenska: Johannesburg
Kiswahili: Johannesburg
ślůnski: Johannesburg
Tagalog: Johannesburg
Setswana: Johannesburg
Türkçe: Johannesburg
Xitsonga: Joni
татарча/tatarça: Yohannesburg
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: Yohannésburg
українська: Йоганнесбург
oʻzbekcha/ўзбекча: Yoxannesburg
Tshivenda: Johannesburg
vepsän kel’: Johannesburg
Tiếng Việt: Johannesburg
Volapük: Johannesburg
Winaray: Johannesburg
isiXhosa: EGoli
Yorùbá: Johannesburg
Bân-lâm-gú: Johannesburg
isiZulu: IGoli