Johannes I Tzimiskes

Johannes I
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Johannes uitbeeld; hy word beskerm deur God en die Maagd Maria.
’n Muntstuk wat Johannes uitbeeld; hy word beskerm deur God en die Maagd Maria.
Bewind 11 Desember 96910 Januarie 976
Volle naam Johannes Tzimiskes
Dinastie Masedoniese
Gebore Omstreeks 925
Oorlede 10 Januarie 976
Voorganger Nikephoros II Phokas
Opvolger Basilius II
Eggenote Maria Skleraina
Theodora
Grootprins Swjatoslaf I van Kiëf hou samesprekings met keiser Johannes.

Johannes I Tzimiskes ( Grieks: Ιωάννης Α΄ Τζιμισκής; omstreeks 925 – 10 Januarie 976) was die Bisantynse keiser van 11 Desember 969 tot met sy dood. Hy was ’n briljante generaal en in sy kort bewind is die ryk se grense uitgebrei en Bisantium self versterk. [1]

Vroeë lewe

Tzimiskes is iewers in 925 gebore as lid van die Kourkouas-familie, wat van Armeense oorsprong was. Sy ma was die suster van die toekomstige keiser Nikephoros II Phokas.

Dit lyk of hy op ’n jong ouderdom by die leër aangesluit het, aanvanklik onder Phokas se bevel. Hy het vinnig opgang gemaak en het die politieke en militêre bevel van die streek Armenië oorgeneem voor hy 25 was. Sy huwelik met Maria Skleraina het hom verbind aan die invloedryke Skleroi-familie.

Die Bisantynse Ryk was in ’n oorlog betrokke met sy oostelike bure en die verskeie onafhanklike en semi-onafhanklike state wat ontstaan het ná die verbrokkeling van die Abbasidiese Kalifaat. Die belangrikste was die Emiraat van Aleppo. Armenië het tussen die twee ryke gelê en Johannes het sy streek suksesvol verdedig. Hy en sy soldate het daarna by die hoofleër aangesluit, wat onder bevel van Nikephoros Phokas was.

Nikephoros het ’n reeks oorwinnings behaal en die grense uitgebrei deur sowat 60 grensstede, onder meer Aleppo, te verower. Johannes het in die oorlog uitgeblink, onder sy oom en as bevelvoerder van dele van die leër. Met die dood van keiser Romanos II in 963 het Johannes sy oom aangespoor om die troon oor te neem. Daarna is hy weens ’n gekonkel van sy bevel onthef. Hy het toe met Nikephoros se vrou, Theophano, met wie hy ’n verhouding gehad het, saamgesweer om hom te vermoor.

Other Languages
Alemannisch: Johannes Tzimiskes
العربية: يوحنا زيمسكي
беларуская: Іаан I Цымісхій
български: Йоан I Цимиски
čeština: Jan I. Tzimiskes
hrvatski: Ivan I. Cimisk
Bahasa Indonesia: Ioannes I Tzimiskes
lietuvių: Jonas I Cimiskis
македонски: Јован I Цимискиј
português: João I Tzimisces
srpskohrvatski / српскохрватски: Jovan I Cimiskije
slovenščina: Ivan I. Cimisk
српски / srpski: Јован I Цимискије
Türkçe: I. İoannis
українська: Іоанн I Цимісхій
Tiếng Việt: Ioannes I Tzimiskes