Jake Gyllenhaal

Jake Gyllenhaal
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Gyllenhaal in 2015 by die Cannes-rolprentfees.

GeboortenaamJacob Benjamin Gyllenhaal
Geboorte19 Desember 1980 (1980-12-19) (37 jaar oud)
Los Angeles, Kalifornië, VSA
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Akteur
Aktiewe jare1991–tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Jacob Benjamin "Jake" Gyllenhaal (IFA: /ˈdʒɪlənhɔːl/, geb. 19 Desember 1980) is ’n Amerikaanse akteur. Hy het op 10 jaar reeds begin toneelspeel. Ná sy eerste hoofrol in October Sky (1999) het hy in die onafhanklike kultusfliek Donnie Darko (2001) die rol van ’n sielkundig verwarde tiener gespeel saam met sy ouer suster, Maggie Gyllenhaal. In 2002 was hy in The Good Girl en in 2004 in die rampfliek The Day After Tomorrow.

Gyllenhaal was die gefrustreerde seesoldaat in Jarhead (2005) en in dieselfde jaar het hy groot lof gekry vir sy rol as Jack Twist in Brokeback Mountain. Vir laasgenoemde het hy die Bafta vir beste manlike byspeler gewen en is in dieselfde kategorie vir ’n Oscar benoem. Hy het sedertdien hoofrolle in baie prente vertolk, onder meer Zodiac (2007), Prince of Persia: The Sands of Time (2010), Love & Other Drugs (2010), Source Code (2011), End of Watch (2012), Prisoners (2013), Nightcrawler (2014) en Southpaw (2015).

Other Languages
العربية: جيك جيلنهال
asturianu: Jake Gyllenhaal
azərbaycanca: Ceyk Cillenhol
Bikol Central: Jake Gyllenhaal
български: Джейк Джилънхол
čeština: Jake Gyllenhaal
español: Jake Gyllenhaal
français: Jake Gyllenhaal
hrvatski: Jake Gyllenhaal
Bahasa Indonesia: Jake Gyllenhaal
italiano: Jake Gyllenhaal
Кыргызча: Жейк Жилленхол
lietuvių: Jake Gyllenhaal
Nederlands: Jake Gyllenhaal
português: Jake Gyllenhaal
română: Jake Gyllenhaal
srpskohrvatski / српскохрватски: Jake Gyllenhaal
Simple English: Jake Gyllenhaal
slovenčina: Jake Gyllenhaal
slovenščina: Jake Gyllenhaal
српски / srpski: Џејк Џиленхол
Basa Sunda: Jake Gyllenhaal
Türkçe: Jake Gyllenhaal
українська: Джейк Джилленгол
Tiếng Việt: Jake Gyllenhaal
მარგალური: ჯეიკ ჯილენჰოლი
粵語: 積佳蘭賀