J. Paul Getty Museum

Getty Museum Logo.jpg
Aerial Getty Museum.jpg

J. Paul Getty Museum

in die Getty Center, Los Angeles


060807-002-GettyVilla001.jpg

J. Paul Getty Museum

in die Getty Villa, Pacific Palisades



Stigting

1954


Direkteur

Timothy Potts


Webtuiste
www.getty.edu

Die J. Paul Getty Museum is 'n kunsmuseum in Los Angeles, Kalifornië wat sy oorsprong in die Amerikaanse oliemagnaat J. Paul Getty (1892–1976) se privaat kunsversameling het. As 'n program van die J. Paul Getty Trust streef die museum daarna om die publiek se kennis oor visuele kunste asook kritiese kunsgenot te bevorder. Hiervoor word kunswerke van die hoogste gehalte versamel, bewaar, ten toon gestel en die idees daaragter verduidelik. Om sy missie te bereik is die museum steeds besig om sy versameling deur middel van kunsaankope en skenkings uit te brei.[1]

Die museum het tans twee liggings met kontrasterende boustyle:

  • In die J. Paul Getty Museum in die Getty Center te Los Angeles word Westerse kuns van die Middeleeue tot hede - Europese skilderye, tekeninge, beeldhoukuns, geïllustreerde handskrifte, dekoratiewe kuns en Europese en Amerikaanse fotografiese kuns - ten toon gestel.
  • Die J. Paul Getty Museum in die Getty Villa in Pacific Palisades fungeer as museum en opvoedkundige sentrum wat aan die kuns en kultuur van antieke Griekeland, Rome en Etrurië gewy is. Die Villa, wat deur die antieke Villa dei Papiri in Herculaneum geïnspireer is, bewaar tans sowat 44 000 antieke kunswerke waarvan 1 200 besigtig kan word.

Die museum se bedrywighede word aangevul deur spesiale uitstallings, publikasies, opvoedkundige programme wat op 'n wye verskeidenheid gehore gemik is en 'n program van uitvoerende kunste. Die museum se webtuiste maak deel uit van die bedrywighede, net soos die gereelde internasionale uitruil van kunswerke, vakkundige personeel en kennis.

Met 'n geskatte 1,7 miljoen besoekers in 2013 is die J. Paul Getty Museum in die Getty Center een van die mees besoekte musea in die Verenigde State.

Belangrikste Kunswerke

Arte antica (Getty Villa)
  • Atleta di Fano
Cima da Conegliano
  • Santo a cavallo, 1510 av.
Correggio
  • Velo della Veronica, 1521 av.
Dosso Dossi
  • Pan e la ninfa, 1524 av.
  • Allegoria della Fortuna, 1535-1538 av.
Jean Fouquet
  • Libro d'Ore di Simon de Varie, 1450 av.
Gentile da Fabriano
  • Incoronazione della Vergine, 1420 av.
  • Adorazione del Bambino, 1420-1421 av.
Lorenzo Lotto
  • Madonna col Bambino e due donatori, 1533-1535 av.
Andrea Mantegna
  • Adorazione dei Magi, 1497-1500 av.
Masaccio
  • Sant'Andrea, 1426
Pontormo
  • Alabardiere, 1529-1530 av.
Tiziano
  • Venere e Adone, 1555-1560
Antoon van Dyck
  • Ritratto di Thomas Howard, secondo conte di Arundel
Giovanni Battista Pittoni
  • Il Sacrificio di Polixena, 1733
Vincent van Gogh
  • Iris, 1889
Giacomo Manzù
  • Cardinale seduto, 1975-77
Other Languages