Investituurstryd

Keiser Hendrik IV vra Mathilde van Toskane en ab Hugo van Cluny om te bemiddel by Pous Gregorius VII.

Die Investituurstryd [1] [2] was 'n magstryd tussen die keisers van die Heilige Romeinse Ryk en die pouse van Rome tydens 11e en 12de eeu. Die stryd is vernoem na die liturgiese handeling met die aanstelling van 'n biskop waar die staf en ring van sy amp aan hom gegee is. Die twis was in wese oor die benoeming van hoë geestelikes soos ryksbiskoppe en abte en abdisse. Beide die keiser en die pous wou die aanstellings maak.

Investituur

In die 10e eeu het die keiser gaandeweg medeseggenskap verkry by die benoeming van biskoppe in die Heilige Romeinse Ryk. Dit was nie snaaks nie, want vaak het die keiser landelike, politieke en selfs militêre opdragte aan die biskoppe gegee. Dit het gelei tot misbruike, soos simonie en die skending van die selibaat. In die 11de eeu het hervormers begin om die sekulêre invloed by die benoeming van geestelikes aan bande te lê. Veral die kloosters van Gorze en Cluny het hulle daarvoor beywer.

Hoewel die twis reeds bestaan het tydens die bewind van keiser Hendrik III, word veral sy seun Hendrik IV met die investituurstryd verbind. Reeds tydens die minderjarigheid van Hendrik IV was die koninklikes, veral sy moeder en regentes Agnes, ontevrede moet die aanstelling van Pous Alexander II en hulle stel Teenpous Honorius II aan.

Other Languages
Alemannisch: Investiturstreit
العربية: نزاع التنصيب
Bahasa Indonesia: Kontroversi Penobatan
日本語: 叙任権闘争
한국어: 서임권 투쟁
Nederlands: Investituurstrijd
norsk nynorsk: Investiturstriden
srpskohrvatski / српскохрватски: Borba za investituru
Simple English: Investiture Controversy
slovenčina: Boj o investitúru
slovenščina: Investiturni boj