Indira Gandhi

Indira Gandhi
Indira Gandhi

3de Eerste Minister van Indië
Ampstermyn
14 Januarie 1980 – 31 Oktober 1984
PresidentNeelam Sanjiva Reddy
Zail Singh
Voorafgegaan deurCharan Singh
Opgevolg deurRajiv Gandhi
Ampstermyn
24 Januarie 1966 – 24 Maart 1977
ViseMorarji Desai
PresidentSarvepalli Radhakrishnan
Zakir Hussain
V. V. Giri
Fakhruddin Ali Ahmed
Voorafgegaan deurGulzarilal Nanda (waarnemend)
Opgevolg deurMorarji Desai

Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
9 Maart 1984 – 31 Oktober 1984
Voorafgegaan deurP. V. Narasimha Rao
Opgevolg deurRajiv Gandhi
Ampstermyn
22 Augustus 1967 – 14 Maart 1969
Voorafgegaan deurM. C. Chagla
Opgevolg deurDinesh Singh

Minister van Verdediging
Ampstermyn
14 Januarie 1980 – 15 Januarie 1982
Voorafgegaan deurChidambaram Subramaniam
Opgevolg deurR. Venkataraman
Ampstermyn
30 November 1975 – 20 Desember 1975
Voorafgegaan deurSardar Swaran Singh
Opgevolg deurBansi Lal

Minister van Binnelandse Sake
Ampstermyn
27 Junie 1970 – 4 Februarie 1973
Voorafgegaan deurYashwantrao Chavan
Opgevolg deurUma Shankar Dikshit

Minister van Finansies
Ampstermyn
16 Julie 1969 – 27 Junie 1970
Voorafgegaan deurMorarji Desai
Opgevolg deurYashwantrao Chavan

Persoonlike besonderhede
Gebore19 November 1917
Allahabad, Brits-Indië (tans Indië)
Sterf31 Oktober 1984
Nieu-Delhi, Indië
Politieke partyIndian National Congress
Eggenoot/eggenoteFeroze Gandhi
Kind(ers)2
Alma materSomerville College, Oxford

Indira Priyadarshini Gandhi (Hindi: इंदिरा प्रियदर्शिनी गांधी Indirā Priyadarśinī Gāndhī; 19 November 1917 - 31 Oktober 1984) was die Eerste Minister van Indië vir drie opeenvolgende termyne van 1966 tot 1977 en vir 'n vierde termyn van 1980 tot met haar sluipmoord in 1984. Sy is bekend vir die uitvaardiging van 'n noodtoestand nadat 'n hof haar verkiesing in 1975 nietig verklaar het en ook vir haar hantering van Operation Blue Star teen Sikh militantes wat uiteindelik tot die sluiipmoord aanval op haar gelei het.

Lewensgeskiedenis

Indira Nehru is op 19 November 1917 in Allahabad, Brits-Indië, gebore. Sy was die enigste kind van Kamla en Jawaharlal Nehru. Haar vader was 'n prokureur, leier van die Nasionaliste en later die eerste minister van onafhanklike Indië. Die familie was aktief betrokke by die Non-violent Resistance Movement -gelei deur Mahatma Gandhi - teen Groot-Brittanje se koloniale bewind in Indië.

Gedurende die tyd van Britse imperialisme het die lede van die Indian National Congress nie geweet wanneer die Britte hulle gaan arresteer of hul huise deursoek nie. Om uit te vind wanneer dit gaan gebeur, het hulle die Monkey Brigade gestig. Op die ouderdom van twaalf het Indira die leier van hierdie kindergroep geword. Hierdie groep het ook los werkies vir lede van die beweging gedoen. Indira se onderrig is aanhoudend onderbreek. Sy het in Indië en Switserland vir kort tydperke skool gegaan, maar het die meeste van die tyd tuisonderrig ontvang. Ná skool het sy aan die Universiteit van Viswa-Bharati in Bengale en die Oxford-universiteit in Engeland gestudeer. Met haar terugkeer na Indië het die land hom in sy ergste stryd nog teen die Britse regering bevind.

Indira Gandhi by Mahatma Gandhi tydens een van sy hongerstakings.

In 1938 het sy haar by die Indian National Congress Party aangesluit. In 1942 het sy met Feroze Gandhi, 'n prokureur wat ook aktief betrokke was by die kongres, getrou. 'n Paar maande daarna is hulle gearresteer nadat sy by 'n openbare vergadering met 'n uittartende houding van die Britte gepraat het. Sy is dertien maande lank in die Niani Sentrale Gevangenis in Allahabad aangehou. In 1944, kort ná haar troue, het sy geboorte geskenk aan hul oudste seun, Rajiv, en in 1946 aan nog 'n seun, Sanjay.

In 1947 het Indië onafhanklik geword en in dieselfde jaar het Indira se vader, Jawaharlal Nehru, die eerste president van Indië geword. Omdat haar moeder in 1936 oorlede is, het Indira as gasvrou vir haar pa opgetree en saam met hom getoer om bekende politici te ontmoet. In 1959 het sy die vierde vrou geword wat as president van die Indian National Congress gekies is. Haar man, Feroze Gandhi, 'n opkomende politikus, is in 1960 oorlede voordat hy hom in die Indiese politiek kon vestig.

Lal Bahadur Shastri, wat haar vader as eerste minister in 1964 opgevolg het, het haar benoem as die eerste minister van inligting en uitsaaiwese in sy regering. Ná Shastri se onverwagse dood in 1966 het sy leier van die Indian National Congress en die eerste minister van Indië geword. Met die verkiesing in 1977 het sy egter haar setel in die parlement verloor. Sy het toe haar eie party, die Congress (I), gestig en het in November 1987 weer 'n setel in die parlement verower. Met die volgende verkiesing in 1980 het haar nuut gestigte party gewen en het mev Gandhi weer eens eerste minister van Indië geword.

Op 31 Oktober 1984 is Indira Gandhi in haar tuin deur een van haar eie lyfwagte - 'n Sikh - in 'n sluipmoord om die lewe gebring.

Other Languages
aragonés: Indira Gandhi
العربية: أنديرا غاندي
asturianu: Indira Gandhi
Aymar aru: Indira Gandhi
azərbaycanca: İndira Qandi
башҡортса: Индира Ганди
žemaitėška: Indira Gandhi
беларуская: Індзіра Гандзі
български: Индира Ганди
भोजपुरी: इंदिरा गाँधी
brezhoneg: Indira Gandhi
bosanski: Indira Gandhi
català: Indira Gandhi
Cymraeg: Indira Gandhi
Deutsch: Indira Gandhi
Ελληνικά: Ίντιρα Γκάντι
English: Indira Gandhi
Esperanto: Indira Gandhi
español: Indira Gandhi
euskara: Indira Gandhi
føroyskt: Indira Gandhi
français: Indira Gandhi
Gaeilge: Indira Gandhi
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: Indira Gandhi
Fiji Hindi: Indira Gandhi
hrvatski: Indira Gandhi
հայերեն: Ինդիրա Գանդի
interlingua: Indira Gandhi
Bahasa Indonesia: Indira Gandhi
íslenska: Indira Gandhi
italiano: Indira Gandhi
Basa Jawa: Indira Gandhi
ქართული: ინდირა განდი
қазақша: Индира Ганди
한국어: 인디라 간디
कॉशुर / کٲشُر: اِندِرا گانٛدھي
Кыргызча: Индира Ганди
Lëtzebuergesch: Indira Gandhi
lietuvių: Indira Gandhi
latviešu: Indira Gandija
Malagasy: Indira Gandhi
македонски: Индира Ганди
Bahasa Melayu: Indira Gandhi
Plattdüütsch: Indira Gandhi
नेपाल भाषा: ईन्दिरा गान्धी
Nederlands: Indira Gandhi
norsk nynorsk: Indira Gandhi
occitan: Indira Gandhi
português: Indira Gandhi
Runa Simi: Indira Gandhi
română: Indira Gandhi
русский: Ганди, Индира
संस्कृतम्: इन्दिरा गान्धी
srpskohrvatski / српскохрватски: Indira Gandhi
Simple English: Indira Gandhi
slovenčina: Indira Gándhiová
slovenščina: Indira Gandhi
српски / srpski: Индира Ганди
svenska: Indira Gandhi
Kiswahili: Indira Gandhi
Türkmençe: Indira Gandi
Tagalog: Indira Gandhi
Türkçe: İndira Gandhi
татарча/tatarça: Индира Ганди
українська: Індіра Ганді
oʻzbekcha/ўзбекча: Indira Gandi
Tiếng Việt: Indira Gandhi
Winaray: Indira Gandhi
მარგალური: ინდირა განდი
Yorùbá: Indira Gandhi
Bân-lâm-gú: Indira Gandhi