Humphrey Bogart

Humphrey Bogart
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Bogart in 'n publisiteitsfoto, 1945

Geboortenaam Humphrey DeForest Bogart
Geboorte 25 Desember 1899
New York Stad, NY, ( VSA)
Nasionaliteit Amerikaans
Sterfte 14 Januarie 1957
Los Angeles, CA, ( VSA)
Beroep(e) Akteur
Rolprente Casablanca
Webwerf humphreybogart.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Humphrey Bogart (1899–1957) was 'n Amerikaanse akteur en kulturele ikoon. Oor sy loopbaan van byna 30 jaar het hy in meer as 75 rolprente gespeel. Hy is vir drie Oscars genomineer, en wen een vir beste akteur in African Queen. Van sy ander flieks sluit in The Maltese Falcon, Casablanca en High Sierra. [1] In 1997 het die tydskrif Entertainment Weekly hom as die grootste rolprentlegende van alle tye gekroon en 1999 is hy deur die American Film Institute as die grootste manlike filmster aangewys.

Lewensloop

Bogart as Samuel Sayer in The African Queen. Bogart het 'n Oscar vir beste akteur vir sy rol in die rolprent gewen.

Bogart is in New York van 'n sjirurg uit Manhattan en 'n illustreerder gebore. Sy ouers was van Nederlandse en Engelse afkoms. Hy is na die Phillips-akadamie in Andover gestuur om hom op 'n loopbaan in medisyne voor te berei, maar is uit die skool geskors. Daarna het hy by die Amerikaanse Mariene Korps aangesluit. Hy is tydens diens gewond, waardeur sy gesig gedeeltelik verlam is en sy karakteristieke manier van praat veroorsaak het.

Ná pogings in verskeie ander loopbane het Bogart in 1921 sy akteursloopbaan begin en het hy 'n bekende gesig in die Broadway-produksies van die 1920's en 1930's geword. Ná die beursineenstorting van 1929 en die aanvraag na toneelstukke verminder het, het Bogart het hom na die rolprentwêreld gekeer. Sy eerste groot sukses was as Duke Mantee in The Petrified Forest. Hy is toegejuig vir sy rol in die gelyknamige toneelstuk en sy vriend Leslie Howard het seker gemaak dat hy die rol in die 1936-rolprent herhaal.

Alhoewel die rolprent goeie resensies gehad het, kon Bogart slegs rolle as bendelede in B-rolprente kry. Hy het 'n deurbraak gehad met die 1941-rolprente High Sierra en The Maltese Falcon. Die volgende jaar het sy rol in Casablanca hom tot die toppunt van sy loopbaan gehef en sy kenmerkende rolprentpersoonlikheid gevestig: 'n siniese hardekoejawel wat uiteindelik sy edel kant laat deurskemer. Ander treffers het gevolg, waaronder The Big Sleep (1946); Key Largo (1948), saam met sy vrou Lauren Bacall; The Treasure of Sierra Madre (1948); The African Queen (1951), waarvoor hy sy enigste Oscar vir beste akteur gewen het; en The Caine Mutiny (1954). Hy het altesaam in 75 rolprente verskyn.

Bogart was reeds tydens die verfilming van The Caine Mutiny ernstig siek en sterf in 1957, ná hy 'n operasie vir keelkanker ondergaan het. Hy was 56 jaar oud.

Other Languages
aragonés: Humphrey Bogart
العربية: همفري بوغارت
asturianu: Humphrey Bogart
Aymar aru: Humphrey Bogart
azərbaycanca: Hamfri Boqart
башҡортса: Хамфри Богарт
беларуская: Хамфры Богарт
беларуская (тарашкевіца)‎: Гамфры Богарт
български: Хъмфри Богарт
brezhoneg: Humphrey Bogart
bosanski: Humphrey Bogart
čeština: Humphrey Bogart
Esperanto: Humphrey Bogart
español: Humphrey Bogart
français: Humphrey Bogart
Gàidhlig: Humphrey Bogart
hrvatski: Humphrey Bogart
Bahasa Indonesia: Humphrey Bogart
íslenska: Humphrey Bogart
italiano: Humphrey Bogart
kernowek: Humphrey Bogart
Lëtzebuergesch: Humphrey Bogart
lietuvių: Humphrey Bogart
latviešu: Hamfrijs Bogarts
Malagasy: Humphrey Bogart
македонски: Хамфри Богарт
Bahasa Melayu: Humphrey Bogart
Plattdüütsch: Humphrey Bogart
Nederlands: Humphrey Bogart
Piemontèis: Humphrey Bogart
português: Humphrey Bogart
Runa Simi: Humphrey Bogart
română: Humphrey Bogart
srpskohrvatski / српскохрватски: Humphrey Bogart
Simple English: Humphrey Bogart
slovenčina: Humphrey Bogart
slovenščina: Humphrey Bogart
српски / srpski: Хамфри Богарт
Kiswahili: Humphrey Bogart
Türkçe: Humphrey Bogart
українська: Гамфрі Богарт
Tiếng Việt: Humphrey Bogart
მარგალური: ჰამფრი ბოგარტი
Yorùbá: Humphrey Bogart
Bân-lâm-gú: Humphrey Bogart