Hoogduitse tale

Hoogduitse tale
Hoogduitse dialekte
Geografiese
verspreiding:
Middel- en Suid-Duitsland, Liechtenstein, Luxemburg, Noord- en Sentraal-Switserland, Oostenryk, Pole, Elsas en Suid-Tirool
Genetiese
klassifikasie
:
Indo-Europees
 Germaans
  Hoogduitse tale
Onderafdelings:
Opper-Frankies
Europe germanic-languages 2.PNG

Die Hoogduitse tale is 'n onderafdeling van die Wes-Germaanse tale

   Nederduits (Wes-Germaans)

   Nedersaksies (Wes-Germaans)

   Middelduits (Wes-Germaans)

   Opperduits (Wes-Germaans)

   Anglies (Anglo-Fries, Wes-Germaans)

   Fries (Anglo-Fries, Wes-Germaans)

   Oos-Noord-Germaans

   Wes-Noord-Germaans

   Lyn wat die Noord- en Wes-Germaanse tale skei

Kaart wat die verspreding van Opperduits (groen) en Middelduits (blou), en Nederduits (geel) aandui. Die hoof isoglosse, die Benrath- en Speyerlyne, word in swart aangedui
Die hedendaagse verspreiding van kontinentale Hoog-Duitse tale:

   Sentraal-Duitse dialekte

   Hoog-Duitse dialekte

Die Hoogduitse tale of Hoogduitse dialekte (Duits: Hochdeutsch) is enige van die varieëteite van Standaard Duits, Luxemburgs en Jiddisj sowel as die plaaslike Duitse dialekte wat in sentraal en suidelike Duitsland, in Oostenryk, in Liechtenstein, in Switserland, in Luxemburg en in naburige dele van België, Frankryk (Elsas en noordelike Lotaringe), Italië en Pole gepraat word. Dit word ook in voormalige koloniale nedersettings soos byvoorbeeld in Roemenië (Transsilvanië), Rusland, Verenigde State en Namibië gepraat.

"Hoog" verwys na die bergagtige dele van sentraal en suidelike Duitsland en die Alpe, teenoor Nederduits wat 'n die plat kusgebiede van die noorde gepraat word. Hoogduits kan onderverdeel word in Opperduits en Middelduits (Oberdeutsch, Mitteldeutsch).

Die Duitse term Hochdeutsch word ook losweg gebruik, maar nie deur taalkundiges nie, om na standaard geskrewe Duits te verwys in teenstelling met die dialekte, omdat die standaard taal uit Hoogduits eerder as Nederduits ontwikkel het.

Other Languages