Hepburn-stelsel

Die Hepburn-Stelselヘボン式ローマ字 (Hebon-shiki Rōmaji) is 'n transkripsiestelsel vir die romanisering van Japannees na die Latynse alfabet. Dit is vernoem na James Curtis Hepburn wat dit gebruik het om die klanke van die Japannese taal te transkribeer in die derde uitgawe van sy Japannees–Engels woordeboek wat in 1887 gepubliseer is. Die stelsel is oorspronklik in 1885 deur die Society for the Romanization of the Japanese Alphabet[1] (羅馬字会 Rōmajikai) voorgestel. Die Hepburn-stelsel is sedertdien aangepas en die Shūsei Hebon-shiki Rōmaji (修正ヘボン式ローマ字) genoem.

Die oorspronklike en hersiene weergawes van die Hepburn-stelsel is steeds die mees algemene metode vir die transkripsie van Japannees in westerse tale.[2] Die stelsel is op Engelse fonologie gegrond maar word ook net so in Duits,[3] Frans[4] en Nederlands gebruik.

Other Languages