Goties

Goties
𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺 Gutisk
Gepraat in:Oium, Dakië, Pannonië, Italië, Gallië, Hispania, Krim 
Gebied:Sentraal-Europa
Totale sprekers:uitgesterf
Taalfamilie:Indo-Europees
 Germaans
  Oos-Germaans
   Goties 
Skrifstelsel:Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:got
ISO 639-3:got

Goties is die bekendste taal van die uitgestorwe Oos-Germaanse tak van die Germaanse tale. Vroeër is Goties, as Oos-Germaanse taal, as 'n vertakking van Noord-Germaans beskou.[1] Goties se bekendheid is te danke aan die vertaling van die Bybel uit die 4de eeu n.C. Die Bybelvertaling van Wulfila is die oudste bekende lang Germaanse teks, en daarom is Goties baie belangrik vir die herbou van Oergermaans. Dit het waarskynlik êrens op die Balkan ontstaan.

Bladsy van die Codex Ambrosianus B

Verreweg die belangrikste bron vir die Gotiese taal is inderdaad die Bybelvertaling van Wulfila. 'n Groot deel hiervan het verlore gegaan. Meer as die helfte van die Evangelies het bewaar gebly in die Codex Argenteus, die Briewe van Paulus en een deel van Nehemia. Nog 'n belangrike Gotiese dokument is die Skeireins, wat kommentaar op die Evangelie volgens Johannes lewer. Die Bybel van Wulfila gebruik 'n eie alfabet, die Gotiese alfabet.

Die Bybelgoties sterf in die 6de eeu n.C. uit.[2] Krimgoties leef egter 'n tyd lank voort. Soos die ander Oos-Germaanse dialekte het ook Goties gou onder die Romeinse beskawing begin agteruitgaan. Dit wil wel voorkom of daar in die ou Moesië, waar Wulfila sy patriargale staat gestig het, nog tot in die 9de eeu in Goties gepreek is. In die volkstale van Italië, Spanje en Portugal het maar flou spore van Goties agtergebly. Vir gans toon Spaans se ganso (waarskynlik afkomstig van die Visigote) en Roemeens se gâscă duidelike Germaanse ooreenkomste vergeleke met die Latynse 'ānser';[3] (maar wel ook met die Russiese Гуси gusi, Turkse kaz en Persiese غاز ghaz). Aan die Krim het 'n Oos-Gotiese kolonie voortbestaan tot in die 16de eeu, selfs nadat hierdie gedeelte in 1475 deur die Turke onderwerp is. Die Krimgoties is in die 16de eeu in 'n woordelys opgeteken deur die Vlaamse diplomaat Ogier Ghislain de Busbecq.[4] In daardie tyd was daar tagtig woorde en 'n liedjie aangetref by die mense wat hierdie taal nog magtig was.[5] Dialekte het Visigoties (Wes-Goties) en Ostrogoties (Oos-Goties) ingesluit. Die Wes- en Oos-Gote was verwante van die Vandale gewees.

In 2016 vind Russiese ondersoekers 'n kort Gotiese teks uitgekrap op brokstukke afkomstig uit 'n Middeleeuse kerk wat iewers tussen 850 en 950 moet dateer. Dit was twee versreëls uit Psalm 77, met 'n hulpversoek "Heer help u dienaar" (in Goties Frauja hilp skalkis einis).[5]

Daar word aangevoer dat die Duitse godsdiensleenwoorde kerk, pinkster, doop en vas stam uit Goties, wat deur die Hoogduitse invloed in Nederlands-Afrikaans beland het.[6]

Other Languages
aragonés: Idioma gotico
Ænglisc: Gotisc sprǣc
العربية: لغة قوطية
مصرى: قوطى
asturianu: Idioma góticu
Boarisch: Gotische Sproch
žemaitėška: Guotu kalba
беларуская: Гоцкая мова
беларуская (тарашкевіца)‎: Гоцкая мова
български: Готски език
বাংলা: গথিক ভাষা
brezhoneg: Goteg
čeština: Gótština
Cymraeg: Gotheg
Esperanto: Gota lingvo
español: Idioma gótico
eesti: Gooti keel
français: Gotique
Nordfriisk: Gootisk (Spriik)
Frysk: Goatysk
گیلکی: گؤتیک
𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺: 𐌲𐌿𐍄𐍂𐌰𐌶𐌳𐌰
עברית: גותית
हिन्दी: गोथिक भाषा
hrvatski: Gotski jezik
magyar: Gót nyelv
հայերեն: Գոթերեն
Bahasa Indonesia: Bahasa Gotik
íslenska: Gotneska
italiano: Lingua gotica
日本語: ゴート語
ქართული: გოთური ენა
한국어: 고트어
коми: Гот кыв
kernowek: Gothek
Lingua Franca Nova: Goto (lingua)
lietuvių: Gotų kalba
latviešu: Gotu valoda
македонски: Готски јазик
مازِرونی: گوتیک
Plattdüütsch: Gootsche Spraak
Nedersaksies: Gotisch
Nederlands: Gotisch (taal)
norsk nynorsk: Gotisk
Kapampangan: Amanung Gotiku
Papiamentu: Gotico (lenga)
polski: Język gocki
Piemontèis: Lenga gòtica
português: Língua gótica
română: Limba gotică
русский: Готский язык
srpskohrvatski / српскохрватски: Gotski jezik
Simple English: Gothic language
slovenčina: Gótčina
slovenščina: Gotščina
српски / srpski: Готски језик
Seeltersk: Gotisk
svenska: Gotiska
Türkçe: Gotça
українська: Готська мова
oʻzbekcha/ўзбекча: Got tili
Tiếng Việt: Tiếng Goth
მარგალური: გოთური ნინა
中文: 哥德語
粵語: 哥德文